Danie van Wyk

Danie van Wyk is die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Gebore in Fraserburg in die Noord-Kaap, maar grootgeword en my skoolonderrig in Oudtshoorn ontvang, waar ek aan die Hoërskool Môrester gematrikuleer het. Ek verwerf my onderwysdiploma aan die Opleidingskollege Suid-Kaapland en studeer daarna deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar ek die BA-graad (Tale) verwerf. Ek het dit later opgevolg met ’n honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad en ’n seniorbestuursontwikkelingsprogram aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool.

Ek was verbonde aan verskeie skole in die Wes-Kaap as prinsipaal, waarna ek heeltyds by die onderwysvakbonde betrokke geraak het. Ek was hoofonderhandelaar in die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys asook die Staatsdiensbedingingsraad. Ook was ek ’n projekleier verbonde aan die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame voordat ek as hoof uitvoerende beampte by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans aangesluit het. Ek was ook betrokke by FEDSAS en by beheerliggame in skole.

Ek is geskei en twee kinders en twee kleinkinders.

Huldeblyk aan Danny Titus

Danie van Wyk In memoriam 2020-09-21

“Hy was ’n taalaktivis wat nooit geskroom het om die saak van Afrikaans te bevorder nie. Danny was ’n regsgeleerde, ’n menseregtekommissaris, ’n stryder vir die regte van vernalate Afrikaanssprekers om hul plek aan die Afrikaanse tafel as gelykes in te neem en saam as vennote die saak van Afrikaans te bevorder en te ondersteun.”

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

Danie van Wyk Seminare en essays 2020-07-13

"Om beelde van kolonialiste en slawehandelaars te verwyder roer nie die wortel van die probleem aan nie, maar dien slegs as ’n uitlaatklep vir protesaksies. Die kwessie wat nie aangeraak word nie, is reparasie."

Die Viёtnamoorlog en George Floyd

Danie van Wyk Seminare en essays 2020-06-09

"Die 'land of the brave and land of the free' is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie."

COVID-19: Ongelykhede in die onderwysstelsel

Danie van Wyk Seminare en essays 2020-05-07

"Wat ons egter móét weet, is dat Suid-Afrika die mees ongelyke samelewing in die wêreld is, met twee wêrelde – die een wat die rykes verteenwoordig, en die ander die armstes van die armes. Hierdie twee wêrelde is onvergelykbaar. Wat in een skool as vanselfsprekend aanvaar word, is by ’n ander skool ’n uitdaging."

Elders gesien: Meertalige inligtingsessies oor die pandemie

Danie van Wyk Elders gesien 2020-04-28

"Die probleem wat egter geïdentifiseer was deur verskeie mense, en spesifiek deur ’n algemene praktisyn wat twee spreekkamers in Khayelitsha en Mitchell’s Plain het, is dat die meeste mense wat haar besoek, nie die boodskappe vanaf regeringskant verstaan nie. Dit word slegs in Engels gedoen en nie almal het toegang tot radio en tv nie."

Konstitusionele Hof dien Afrikaans ’n gevoelige slag toe: Danie van Wyk reageer op US taalbeleid-hofbeslissing

Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2019-10-11

"Afrikaanssprekende, jy is op jou eie. Ek treur."

Suid-Afrikaanse skole so onveilig soos Suid-Afrikaanse strate

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-07-09

"Suid-Afrika verdien ’n beter onderwyssisteem!"

Wupperthal in puin ná verwoestende brand

Danie van Wyk Seminare en essays 2019-01-11

"Dit bly my hoop dat die gemeenskap van Wupperthal gouer sal herstel as die geboue."

Grond: die effek van die Groepsgebiedewet op klein dorpies in die Karoo

Danie van Wyk Seminare en essays 2018-11-20

"Weinig word daar egter gepraat oor die effek van die wet op klein dorpies in die Karoo, waar ek gebore is en grootgeword het. Nóg ’n aspek wat oorgeblaai word, is die rol van kerke in hierdie sensitiewe historiese saak – en hier verwys ek spesifiek na die ou NG Sendingkerk (vandag die Verenigende Gereformeerde Kerk of VGK)."

Dagga gewettig: hoe raak dit skole?

Danie van Wyk Seminare en essays 2018-10-01

"Laat daar geen twyfel wees daaroor dat die dagga-uitspraak van ons land se hoogste hof die krisis in ons skole nog meer gaan verhoog nie. Dis naïef om te dink dat die gebruik van dagga nie noemenswaardig in ons skole gaan toeneem nie. Elke onderwyser, veral in townshipskole, is uitgelewer aan en is reeds bekommerd oor wat die effek van die wettiging van dagga op leerders gaan hê."

’n Taalplan vir Afrikaanse skole: ’n reaksie

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-04-23

"Die argument wat altyd teen Afrikaans gebruik word, is dat dit kulturele en etniese verdeling in die hand werk. Afrikaanse private skole sal daardie realiteit in ag moet neem. Die skool sal dit moontlik moet maak vir bruin en swart Afrikaanssprekende kinders om toegang tot gehalte-onderrig te verkry  sonder inagneming van hul sosio-ekonomiese omstandighede."

Die belang van skoolbeheerliggaamverkiesing 2018

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-02-23

"Indien jy bereid is om jou kinders se opvoeding weg te dobbel en hul toekoms in die hande van vreemdes te plaas, het jy ook nou die kans deur onbetrokke te wees. Wees egter positief, ondersteun jou kind se skool en kom maak in Maart ’n verskil deur te stem."

Afrikaanse onderwys onder beleg

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-01-26

"Laat ons die taal depolitiseer en destigmatiseer deur Afrikaanse onderwys ’n vriendelike gesig/beeld te gee en dit gelykstaande te maak aan 'uitnemend' en 'presterend'. Slegs dan sal die Lesufi’s van hierdie wêreld hul gesindheid en ingesteldheid jeens die taal verander en dit omarm as deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid."

Regering moet skuld dra vir swak onderwys

Danie van Wyk, Jean Oosthuizen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-02-09

"Ouers, onderwysers, skoolbeheerliggame en geestelike instansies kan nie meer toeskouers wees en toekyk hoe die onderwys van hul kinders en kleinkinders deur ’n groep onbevoegde en onbekwame individue tot in die grond bestuur word sonder enige reaksie van hul kant nie."

Danie van Wyk se #litnetwoord2016

Danie van Wyk LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2016-11-29

Hier is Danie van Wyk se voorstel vir die Afrikaanse woord van 2016.

Top