Elders gesien: "Nou is die tyd om staatmanskap te bewys"

  • 0

Danie van Wyk skryf op Facebook:

Wat gister in Brackenfell gebeur het is ’n kwade dag vir Suid-Afrika. Hierdie beelde van rassehaat en polarisasie is die wêreld in gestuur en die indruk geskep dat hier ter plaatse slegs chaos en anargie heers.

Ons benodig koelkoppe om plofbare situasies te ontlont. Eers was dit Senekal en nou Brackenfell. Waarheen is ons op pad? Politieke leierskap ontbreek op hierdie oomblik.

Daar was ’n hoorbare stilte van regeringskant en ander politieke partye om hierdie optrede van beide kante te adresseer. Die WKOD [Wes-Kaapse onderwysdepartement] het ook geskitter in hul afwesigheid om leiding aan die skool te verskaf.

Dis reg; rassisme kan nie geduld word nie, maar ons gaan niks bereik deur op mekaar te skree en mekaar fisies aan te rand nie. Watter voorbeeld word aan ons jeug gestel?

Die EFF moet daarteen waak om nie elke voorval te gebruik vir goedkoop politieke opportunisme nie. Nou is die tyd om staatmanskap te bewys en brûe te bou. Ons moet in alle erns begin werk en bou aan die nierassige, nie-seksistiese, grondwetlike demokrasie soos in die Grondwet saamgevat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top