
Elders gesien: Vandag is 1 Desember
2022-12-01"Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui. Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie."

"Gemengdheid": aanvaarbaar of verwerplik? ’n Soeke na ’n versweë bruin identiteit
2022-11-04"Allan Boesak het in sy toespraak getiteld 'Chaos in my bloed' tydens ’n DAK Netwerk-galageleentheid ook verwys na die gemengdheid van bruin mense wat voortgespruit het uit 195 samekomste van bloedlyne en kulture wat ons ’n uitsonderlike groep mense maak. Ons moet hierdie gemengdheid vier en omarm, en dis iets om oor te juig."

Sê nou maar-SA skoleseminaar: Danie van Wyk reageer
2022-09-08"Vir kinders om in hul moedertaal onderrig te word sal nie slegs bydra tot beter akademiese prestasies en vordering nie, maar sal in hulle ook ’n selftrots ontwikkel, want hulle sal nie slegs gemaklik met hulself wees nie, maar sal ervaar dat hulle ’n voorreg het wat hulle te alle tye sal bevoordeel, omdat hul moedertaal deel van hul leefwêreld sal wees."

Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig
2022-09-02“Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig. Politieke wil ontbreek op groot skaal om verskeie kwessies van nasionale belang aan te spreek en om met daadwerklike optredes vorendag te kom,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.

Afrikaans kry uiteindelik erkenning as ’n inheemse taal
2022-06-29"Die minister van hoёr onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, het uiteindelik toegegee dat Afrikaans, asook die San- en Khoi-tale, Suid-Afrikaanse inheemse tale is. Dit was ’n gesamentlike poging deur verskeie rolspelers om hierdie ommekeer in die taalbeleidsraamwerk van die departement te bewerkstellig, en niemand kan ’n oorwinning eis vir ’n stryd om Afrikaans en die Khoi- en Santale die erkenning te gee wat hulle verdien nie," voer Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk aan.

Die skielike heengaan van James Bhemgee
2022-06-24"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening
2022-05-20"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."

Elders gesien: Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg
2022-05-19"Dat daar ’n tyd van uitsluiting van benadeelde Afrikaanssprekendes in die geskiedenis van die ATM was, is ’n gegewe. Daai hekkie is egter lankal oorgesteek en is die monument vandag ’n baken van inklusiwiteit."

Elders gesien: Afrikaans as inheemse taal erken
2022-05-12"Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San- en Khoitale as inheemse tale erken moet word. Die rol van DAK Netwerk in hierdie stryd kan nie as gering gesien en onderskat word nie."

Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou
2022-04-19"Sy was ’n intellektuele reus en was diep bekommerd oor alle Suid-Afrikaners en het nooit haar komvandaan ontken nie. Sy het ’n passie vir die onderwys gehad en was teleurgesteld dat die ANC-regering gefaal het om ’n werkbare en volhoubare onderwyssisteem daar te stel wat met die res van die wêreld kan meeding."

Elders gesien: Afrikaans is nie ’n weggooitaal nie
2022-04-18DAK Netwerk het opgeruk na die kantoor van die minister van hoër onderwys en opleiding, dr Blade Nzimande.

Kaapse Forum ’n aparte AfriForum?
2022-04-07"Was dit ’n indirekte gryp na wat in die verlede bekend gestaan het as afsonderlike ontwikkeling wat die belange van bruin mense in hul eie kampie sal bevorder en bemagtig?"

Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk
2022-02-23Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys
2022-02-16"Die wysigings het dit ten doel om die regering se mag uit te brei."

Hersien jou gedagtes oor Afrikaans, minister Nzimande
2021-12-23"DAK Netwerk sal graag wil weet hoe die Minister en sy raadgewers tot die besluit gekom het dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie. Watter formule is gebruik? Iemand kan nie op ’n oggend wakker word en bevind dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie."