Danie van Wyk

Danie van Wyk is die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Gebore in Fraserburg in die Noord-Kaap, maar grootgeword en my skoolonderrig in Oudtshoorn ontvang, waar ek aan die Hoërskool Môrester gematrikuleer het. Ek verwerf my onderwysdiploma aan die Opleidingskollege Suid-Kaapland en studeer daarna deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar ek die BA-graad (Tale) verwerf. Ek het dit later opgevolg met ’n honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad en ’n seniorbestuursontwikkelingsprogram aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool.

Ek was verbonde aan verskeie skole in die Wes-Kaap as prinsipaal, waarna ek heeltyds by die onderwysvakbonde betrokke geraak het. Ek was hoofonderhandelaar in die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys asook die Staatsdiensbedingingsraad. Ook was ek ’n projekleier verbonde aan die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame voordat ek as hoof uitvoerende beampte by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans aangesluit het. Ek was ook betrokke by FEDSAS en by beheerliggame in skole.

Ek is geskei en twee kinders en twee kleinkinders.

Federalisme: ’n oplossing vir Suid-Afrika?

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-05-10

"Daar moet egter harder daaraan gewerk word om die huidige staatsbestel te maak werk. Om ’n alternatiewe staatsbestel te predik is nie haalbaar nie."

Professore Quinot en Liebenberg van die US "eet die brood, spreek die woord"

Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2023-03-30

"Die twee professore laat dit buite rekening dat dit veral bruin, voorheen benadeelde Afrikaanse studente is wat ook net so nadelig geraak was."

DAK Netwerk se reaksie op die ondersoek van die MRK na die taalkwessie van die US

Danie van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2023-03-16

“Die tyd het aangebreek dat die Universiteit Stellenbosch kennis neem van konflik wat ontstaan waar taal en kultuur nie gerespekteer word nie en dit aanleiding gee tot onnodige wantroue onder studente."

Elders gesien: Ainsley Moos – ’n paar gedagtes oor sy heengaan

Danie van Wyk Elders gesien 2023-02-06

"Die onverwagse heengaan van Ainsley Moos, 45, het my diep getref ..."

’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-01-31

"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."

SA se onderwys sal hersien móét word

Danie van Wyk Elders gesien 2023-01-24

"’n Ander ramp was die onpraktiese samesmelting van universiteite en universiteite van tegnologie. Dit het nie bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys nie. Die sluiting van kolleges vir onderwysopleiding het grootliks die krisis in onderwys vererger."

Elders gesien: Matriekuitslae van die klas van 2022 – waar is die balans?

Danie van Wyk Elders gesien 2023-01-20

"Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word – hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongunstige omstandighede in, die beste lewer."

Elders gesien: Vandag is 1 Desember

Danie van Wyk Elders gesien 2022-12-01

"Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui. Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie."

"Gemengdheid": aanvaarbaar of verwerplik? ’n Soeke na ’n versweë bruin identiteit

Danie van Wyk Seminare en essays 2022-11-04

"Allan Boesak het in sy toespraak getiteld 'Chaos in my bloed' tydens ’n DAK Netwerk-galageleentheid ook verwys na die gemengdheid van bruin mense wat voortgespruit het uit 195 samekomste van bloedlyne en kulture wat ons ’n uitsonderlike groep mense maak. Ons moet hierdie gemengdheid vier en omarm, en dis iets om oor te juig."

Sê nou maar-SA skoleseminaar: Danie van Wyk reageer

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-08

"Vir kinders om in hul moedertaal onderrig te word sal nie slegs bydra tot beter akademiese prestasies en vordering nie, maar sal in hulle ook ’n selftrots ontwikkel, want hulle sal nie slegs gemaklik met hulself wees nie, maar sal ervaar dat hulle ’n voorreg het wat hulle te alle tye sal bevoordeel, omdat hul moedertaal deel van hul leefwêreld sal wees."

Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig

Danie van Wyk Menings 2022-09-02

“Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig. Politieke wil ontbreek op groot skaal om verskeie kwessies van nasionale belang aan te spreek en om met daadwerklike optredes vorendag te kom,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.

Afrikaans kry uiteindelik erkenning as ’n inheemse taal

Danie van Wyk Menings 2022-06-29

"Die minister van hoёr onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, het uiteindelik toegegee dat Afrikaans, asook die San- en Khoi-tale, Suid-Afrikaanse inheemse tale is. Dit was ’n gesamentlike poging deur verskeie rolspelers om hierdie ommekeer in die taalbeleidsraamwerk van die departement te bewerkstellig, en niemand kan ’n oorwinning eis vir ’n stryd om Afrikaans en die Khoi- en Santale die erkenning te gee wat hulle verdien nie," voer Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk aan.

Die skielike heengaan van James Bhemgee

Danie van Wyk In memoriam 2022-06-24

"James Bhemgee was ’n bekende tenoor in die Kaap wat nooit die hoogtes bereik het waarvoor hy bestem was nie," sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

Danie van Wyk Seminare en essays 2022-05-20

"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."

Elders gesien: Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg

Danie van Wyk Elders gesien 2022-05-19

"Dat daar ’n tyd van uitsluiting van benadeelde Afrikaanssprekendes in die geskiedenis van die ATM was, is ’n gegewe. Daai hekkie is egter lankal oorgesteek en is die monument vandag ’n baken van inklusiwiteit."

Top