Elders gesien: Matriekuitslae van die klas van 2022 – waar is die balans?

  • 3

Danie van Wyk (foto: voorsien)

Danie van Wyk skryf elders op Facebook en LitNet plaas met sy toestemming:

Die matriekuitslae is uit en bekend gemaak. Daar’s genoeg gesê en ontleding gedoen oor die uitslae self en is dit nie my doel om te herhaal wat reeds gesê is nie.

Ek luister na RSG se Monitor en Op en Wakker. Wat opvallend is dat daar slegs op die prestasie van wit Afrikaanse leerders gekonsentreer word, so asof dit slegs voormalige Model-C skole is wat presteer.

............
Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word – hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongunstige omstandighede in, die beste lewer.
...............

Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word - hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongustige omstandighede in, die beste lewer. Onderhoude met leerders vanuit hierdie agtergronde/ gemeenskappe sal ’n meer gebalanseerde mening gee.

My raad aan RSG is om minder op Gauteng te fokus, want dit skep ’n eensydige siening.

  • 3

Kommentaar

  • Danie is 100% reg.
    Joernaliste met oogklappe is 'n grenslose verleentheid vir hul beroep.
    Publiek uitgelewer aan halwe waarhede en gebrekkige feitelike inligting.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top