Danie van Wyk skryf elders op Facebook:
Die onverwagse heengaan van Ainsley Moos, 45, het my diep getref toe ek van sy dood verneem het. Nog ’n seun van Oudtshoorn het ons ontydig verlaat. Ek was só trots op hom na sy verkiesing tot voorsitter van die raad van Universiteit Stellenbosch.
..........
Hy was nie slegs ’n suksesvolle akademikus nie, maar het ook sy merk as sakeman gemaak. Bridgton Sekondêre Skool was sy alma mater en hy het dit nooit ontken nie.
............
Hy was nie slegs ’n suksesvolle akademikus nie, maar het ook sy merk as sakeman gemaak. Bridgton Sekondêre Skool was sy alma mater en hy het dit nooit ontken nie. Ainsley was ’n groot ondersteuner van DAK en ons het gereeld met mekaar gepraat.
In ’n onderhoud met Murray La Vita het hy na my verwys en genoem dat sy pa, Barney, my Afrikaans-onderwyser was op Hoërskool Môrester.
Baie dankie vir jou voorbeeld en jou lewe. Mag die aarde sag op jou rus tot ons eendag weersiens vier. My innige meegevoel aan sy onmiddellike en uitgebreide familie.
Kommentaar
RIV, Ainsley.