Danie van Wyk skryf op Facebook:
Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui.
Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie. Slawerny geniet basies gee erkenning in geskiedeniskurrikula nie en so word ons erfenis verder ontken. Op radio of TV is daar geen verwysing na of bespreking oor hierdie deel van ons erfenis vandag nie. (Daar is slegs verwysings na Internasionale Vigs-dag wat vandag gevier word.)
Die regering vermy ook enige bespreking oor hierdie onderwerp. In die VSA is die vrystelling van slawe op 19 Junie 1863 as vakansiedag verklaar en dit staan bekend as Juneteenth. Laat die vlae halfstok hang, laat die klokke lui, laat daar sang en musiek wees om hierdie nalatenskap tot ons taal, Afrikaans, en ons kultuur en identiteit, te vier.
DAK Netwerk gee vandag erkenning aan hierdie belangrike deel van ons geskiedenis.
Lees ook:
Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe
Kommentaar
Op Pniël herdenk ons elke jaar op 1 Desember die vrystelling van die slawe, op die
Werf, voor die Pniël Museum. Die program duur net 1 uur: 11:00 tot 12:00, wanneer die slaweklok op die kop om 12:00 gelui word. Almal is welkom. Navrae/RSVP: Janine 0722451415.