Danie van Wyk

Danie van Wyk is die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk.

Gebore in Fraserburg in die Noord-Kaap, maar grootgeword en my skoolonderrig in Oudtshoorn ontvang, waar ek aan die Hoërskool Môrester gematrikuleer het. Ek verwerf my onderwysdiploma aan die Opleidingskollege Suid-Kaapland en studeer daarna deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar ek die BA-graad (Tale) verwerf. Ek het dit later opgevolg met ’n honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad en ’n seniorbestuursontwikkelingsprogram aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool.

Ek was verbonde aan verskeie skole in die Wes-Kaap as prinsipaal, waarna ek heeltyds by die onderwysvakbonde betrokke geraak het. Ek was hoofonderhandelaar in die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys asook die Staatsdiensbedingingsraad. Ook was ek ’n projekleier verbonde aan die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame voordat ek as hoof uitvoerende beampte by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans aangesluit het. Ek was ook betrokke by FEDSAS en by beheerliggame in skole.

Ek is geskei en twee kinders en twee kleinkinders.

FEDSAS se Danie van Wyk praat oor skole, taal- en godsdiensbeleid

Danie van Wyk, Naomi Meyer 2014-10-24 "Die skokkende realiteit is dat Suid-Afrika meer as 30 000 gekwalifiseerde onderwysers benodig om die huidige tekort aan te vul."

Heropening van opleidingskolleges vir onderwysers

Danie van Wyk 2014-02-19 Daar is ‘n skreiende onderwystekort. Wat gaan die regering doen?

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans eer Nelson Mandela

Danie van Wyk 2013-12-06 "Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) eer die nagedagtenis van Nelson Rolihlahla Mandela, ’n uitsonderlike kind van Suid-Afrika, wêreldwyd geken en geëer vir sy onwrikbare geloof in menswaardigheid, medemenslikheid en versoening."

Die nuwe FAK-sangbundel bemagtig onderwysers saam met die SBA

Danie van Wyk Academic research 2013-11-18

Op Vrydag 8 November 2013 is 'n oorhandigingsfunksie van FAK-sangbundels aan musiekonderwysers deur die Stigting van Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) gereël.

"Bier is wyn se onderrok"

Danie van Wyk 2013-08-20 "Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Woordeboek van die Afrikaanse taal (WAT), het in Maart vanjaar ’n gesamentlike projek aangepak om woorde en uitdrukkings wat eie is aan die bruin gemeenskap te boekstaaf en deel te maak van hoofstroom Afrikaans."

Taaldiens by die Suid-Afrikaanse Polisiediens

Danie van Wyk 2013-08-06 "Dit het onlangs aan die lig gekom dat daar lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is wat nie Afrikaans-taalvaardig is nie, maar wel in ’n gemeenskap/dorp gestasioneer word wat van huis uit Afrikaans is."

Patrice Motsepe en Afrikaans

Danie van Wyk 2013-07-09 "Wat my teleurgestel én bemoedig het van die byeenkoms, was dat die burgemeester van Kaapstad en die LUR vir sport en kultuur in die Wes-Kaap hul toesprake in Engels gelewer het, maar dat Patrice Motsepe daarna sy hele toespraak in vlot en keurige Afrikaans gelewer het ..."

Magdalene Lewies is Dysselsdorp Sekondêre Skool se trots

Danie van Wyk 2013-06-19 "Magdalene Lewies trek almal se aandag, omdat sy op haar ouderdom reeds ’n kranige onderwyseres is wat klasse na skool aanbied vir leerders so jonk as 7–13 jaar."

Afrikaans op die lug in die Wes-Kaap

Danie van Wyk 2013-06-06 "Afrikaans  gons behoorlik op die luggolwe van die Wes-Kaap die afgelope paar maande met die totstandkoming van twee nuwe radiostasies in Kaapstad."

Terug na die basiese met Wiskunde-onderrig

Danie van Wyk 2013-05-14 Sonder ’n terugvoer na die basiese beginsels van Wiskunde-onderrig gaan dit moeilik wees om prestasie in hierdie vak te verbeter – en daarom het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) sy fokus na Wiskunde verskuif, skryf Danie van Wyk.

Wie se taal is dit dié?

Danie van Wyk 2012-08-24 Danie van Wyk het aan Rapport gesê dit is ’n jammerte sekere organisasies in die Afrikaanse gemeenskap was uitgesluit van ’n FAK-konferensie in Garsfontein. In wie se hande is Afrikaans veilig?

Suid-Afrikaanse onderwys in krisis

Danie van Wyk 2012-08-02 Lees Danie van Wyk se bydrae tot die Onderwysspitsberaad wat op 28 Julie 2012 te Athlone Skool vir Blindes plaasgevind het. Hierdie spitsberaad is aangebied deur die SBA en die ATKV.

Kaaps in fokus-referaat: Ekonomiese bemagtiging in Kaaps – ’n geletterdheidsperspektief

Danie van Wyk 2012-07-26 "Mense kyk met nuwe oë na die gebruik van Kaaps as ’n moontlike ekonomiese mag en ook as ’n taal wat ’n wesentlike bydrae kan lewer tot die ekonomiese bemagtiging van ’n groot aantal Afrikaanssprekers wat nie die geleenthede gegun word om tot hul volle potensiaal te ontwikkel nie."

LitNet Akademies Kuberklas: Baie boublokke bou saam aan ’n beter tuiste

Danie van Wyk, Naomi Meyer 2012-05-30 Danie van Wyk vertel van ’n olimpiade en ’n kongres – twee van die projekte waarmee die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans beter resultate wil bou.

Danie van Wyk in gesprek met Naomi Meyer

Danie van Wyk 2012-01-26 "Moedertaalonderrig is ononderhandelbaar"

Danie van Wyk gesels met Naomi Meyer oor sy visie vir die SBA.
Top