Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans eer Nelson Mandela

  • 0

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) eer die nagedagtenis van Nelson Rolihlahla Mandela, ’n uitsonderlike kind van Suid-Afrika, wêreldwyd geken en geëer vir sy onwrikbare geloof in menswaardigheid, medemenslikheid en versoening.  ’n Mens wat geen persoonlike opoffering ontsien het om sy droom van ’n verenigde Suid-Afrika - met gelyke geleenthede vir sy al inwoners – te help verwesenlik nie. 

Die SBA salueer Madiba ook vir sy agting vir ons landstale, soos vergestalt in sy veelgeroemde woorde:  “As jy met ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan, praat jy met sy verstand. Maar as jy met hom in sy eie taal praat, praat jy met sy hart.”

Hamba Kahle, Madiba!

Danie van Wyk

Hoof Uitvoerende Beampte

6 Desember 2013

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top