Die nuwe FAK-sangbundel bemagtig onderwysers saam met die SBA

  • 0

Op Vrydag 8 November 2013 is 'n oorhandigingsfunksie van FAK-sangbundels aan musiekonderwysers deur die Stigting van Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) gereël. Die geleentheid het by die Kunstekaap plaasgevind. Die FAK het 50 sangbundels aan die SBA geskenk en die SBA het dit gepas gevind om by hierdie funksie die sangbundels aan skole te oorhandig en hulle op hierdie wyse weer van Afrikaanse liedjies/musiek bewus te maak.

Dirk Brand, Moira Kivedo en Danie van Wyk
Dirk Brand, Rushmond May en Danie van Wyk

Die onderwysers is van verskeie skole in Mitchell’s Plain, Delft, Eersterivier, Kraaifontein, Kuilsrivier en Bishop Lavis. Die SBA besef die belangrikheid van musiek in skole en wil met hierdie oorhandiging die waarde van musiek in skole opnuut beklemtoon. Dit is ook belangrik om te meld dat veral Afrikaanse musiek ‘n herlewing in baie skole ervaar. Die FAK-sangbundel sal ‘n belangrike bydrae in hierdie verband lewer.

Die onderwysers het met die gedagte vorendag gekom dat hulle in samewerking met die SBA ‘n musiek-en-sang-aand vroeg in nuwe jaar gaan beplan waar liedjies uit die sangbundel gesing sal word.

Foto's: Wesley Martin  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top