Elders gesien: Die speurder en die fish cane kastrol

  • 0

Danie van Wyk skryf op Facebook:

Ek was Vrydagmiddag by die aanklagkantoor in Kuilsrivier om ’n dokument te laat sertifiseer.

Op daai selfde oomblik het ’n Afrikaanssprekende persoon ’n klag teen iemand kom lê wat vermoedelik die katrol van sy visstok gesteel het.

Die polisiebeampte wat die beëdigde verklaring afgeneem het, kan nie Afrikaans praat of verstaan nie. So moes die arme man sy verklaring in Engels aan die beampte, wat ook nie juis skerp in Engels is nie, gee.

Die gesprek het min of meer so verloop:

Klaer: “My fish cane kastrol is stolen.” (Visstok, katrol)

Beampte: “When and by who?”

Klaer: “This morning by my house.”

Beampte: “What is a fish kastrol?”

Klaer: “You put it on the fish cane when you catch fish.”

Beampte: “How do you spell kastrol?”

Klaer: “K-a-s-t- r-o-l.”

Beampte skryf alles neer.

Ek wonder wat die speuders gaan ondersoek: ’n pot of ’n ka(s)trol?

Ai. Die SAPS sal hul aanstellingsbeleid moet hersien. Iemand moet darem ten minste Afrikaans kan verstaan in ’n Afrikaanse gemeenskap.

Ek wonder hoe gaan dit in die howe?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top