Danie van Wyk skryf op Facebook:
Dit is só opvallend hoe baie mense Gayton McKenzie afkraak en hom as ’n grap voorstel. Hy het sy swak punte, soos baie ander mense, maar hy sal ’n beter minister van sport en kultuur wees as Zizi Kodwa en Nathi Mthethwa.
Daar sal nie weer belaglike pogings wees soos om die grootste vlag in Suid-Afrika in Pretoria teen groot onkoste op te rig of om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander nie. Ook sal hy Afrikaans as ’n inheemse taal erken en as ’n Afrikaanssprekende sy stem laat hoor teen die marginalisering van die taal.
Hy sal alle nasionale sportspanne ondersteun en sal nóú met alle sportadministrateurs saamwerk. Dit geld ook vir kuns en kultuur.
Gee die agbare minister ’n kans om homself te bewys.
Kommentaar
Stem saam, hy gaan ons nog aangenaam verras.