Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting

  • 2

William Sezoe (foto: verskaf)

..........
Dit raak by die dag duideliker dat die ANC-regering nie ’n veer omgee oor moedertaalonderrig nie. Nog minder gee hulle ’n hel om oor die bewaring en die beskerming van inheemse tale in Suid-Afrika.
..........

Dit raak by die dag duideliker dat die ANC-regering nie ’n veer omgee oor moedertaalonderrig nie. Nog minder gee hulle ’n hel om oor die bewaring en die beskerming van inheemse tale in Suid-Afrika.

As dit nie die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, is met sy uitlatings, beplannings en beleide wat Afrikaans wil verkrag nie, dan is dit ander hoëkoppe soos minister Angie Motshekga en onderwys-LUR Panyaza Lesufi.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het onlangs kapsie gemaak toe die Departement van Basiese Onderwys (DBO) sy beplande wysigingsontwerp op basiese onderwys aan parlementslede voorgelê en verduidelik het.

..........
Dié wysigings het ten doel om skole se mag uit die hande van beheerliggame (wat natuurlik die ouers van die leerders is) te haal en in die hande van die provinsiale onderwysdepartemente te plaas.
............

Dié wysigings het ten doel om skole se mag uit die hande van beheerliggame (wat natuurlik die ouers van die leerders is) te haal en in die hande van die provinsiale onderwysdepartemente te plaas.

Indien die wysigings goedgekeur word, sal LUR’e vir onderwys die volgende magte hê:

  1. finale besluit oor toelating by openbare skole
  2. finale besluit oor openbare skole se taalbeleid
  3. om skole en skoolbeheerliggame te laat saamsmelt en nuwe name en adresse te bepaal.

Maar waarvandaan kom hierdie storie nou eintlik?

Dit lyk asof Lesufi die minister van DBO in Suid-Afrika is en nie Motshekga nie. Reeds in 2016 het Lesufi begin uitlatings maak oor spesifiek Afrikaanse skole in Gauteng. Volgens Lesufi is hierdie skole te eksklusief en rasgesegregeerd.

Dít het egter gekom nadat ’n skool wat in 2015 deur Lesufi se departement gebou was, van lae standaard was. Die ouers was nie tevrede hiermee nie en Lesufi het erken dat sy departement kortpaaie gevat het om die skool te bou.

Ouers het toe beveel dat meer Engelse klasse in Afrikaanse skole geskep moet word om hulle kinders te akkommodeer. Die eenvoudige rede hiervoor was dat Afrikaanse skole volgens die ouers hoër standaarde het. Hierop het Lesufi gesê dat skoolbeheerliggame die laaste sê oor sulke tipes besluite het.

Hy het toe wel op daardie tydstip aan ouers genoem dat hy besig is om ’n “span te lei saam met ander LUR’e en [Motshekga] om die spesifieke wet te verander”.

Lesufi het toe ook verder genoem dat hy “hier is om alles wat [Hendrik] Verwoerd gedoen het, om te draai” en dat mense hom maar daaroor kan hof toe sleep; hy sal hulle “daar ontmoet.”

Nou hoekom is dit problematies?

..........
Eerstens moet mens erken en besef dat die rede hoekom daar in die eerste plek iets soos ’n skoolbeheerliggaam is, is om te verseker dat die ouers bepaal hoe hulle wil hê hulle kinders onderrig moet ontvang.
..........

Eerstens moet mens erken en besef dat die rede hoekom daar in die eerste plek iets soos ’n skoolbeheerliggaam is, is om te verseker dat die ouers bepaal hoe hulle wil hê hulle kinders onderrig moet ontvang. Tweedens, om skole verantwoordbaar te hou namens alle ouers om te verseker gehalte- en gelyke onderrig word aan die gemeenskap se kinders gebied. Derdens is dit ook belangrik vir ons om in ag te neem dat ouers die beste weet wat goed en sleg vir hulle kinders gaan en of kan wees.

Behalwe dat Lesufi die dryfveer van hierdie anti-Afrikaanse beweging in die onderwys is, is dit ook belangrik om dalk vir hom as die perfekte voorbeeld te gebruik oor hoekom die wetgewing nie gaan werk nie.

............
As mens kyk na Lesufi se uitlatings oor die jare, is dit duidelik dat hy ’n groot probleem met Afrikaans het. Iets wat mens natuurlik kan toeskryf aan die verlede en die misbruik van Afrikaans deur die apartheidregering.
............

As mens kyk na Lesufi se uitlatings oor die jare, is dit duidelik dat hy ’n groot probleem met Afrikaans het. Iets wat mens natuurlik kan toeskryf aan die verlede en die misbruik van Afrikaans deur die apartheidregering.

Dit wil dus vir my voorkom asof in teenstelling met dit wat Lesufi sê oor Verwoerd, dit hom glad nie veel beter maak nie. En dat hy eintlik maar net so erg soos Verwoerd is siende dat hy Afrikaans haat. Siende dat hy enige persoon, en veral wittes, wat baklei vir die bewaring van Afrikaans, as rassiste sien en brandmerk.

Ook is dit verstommend om mense soos Lesufi in posisies soos LUR vir onderwys te sien wanneer hy geen benul het oor moedertaal en die besonder groot voordele van moedertaalonderrig nie. Dit is dalk ook een van die redes hoekom die ANC se kaderontplooiingbenadering die land ten grootste nadeel faal.

In 2019 het Lesufi ook byvoorbeeld genoem dat dit sy “verstand te bowe gaan” dat daar nog baklei word oor onderrig in Afrikaans siende dat daar nie meer “Afrikaanse universiteite in die land is nie”, want “waar gaan jou kinders ná skool studeer?” was Lesufi van mening.

.........
Hierdie uitlatings wys ook verder die tipe arrogansie en ongeletterdheid van Lesufi rondom moedertaalonderrig. Maar ook dalk in die algemeen oor die ANC se siening van en houding teenoor Afrikaans. Mens kan hier die hoëronderwystaalbeleidraamwerk van Nzimande inbring wat Afrikaans nie as inheems beskou nie.
...........

Hierdie uitlatings wys ook verder die tipe arrogansie en ongeletterdheid van Lesufi rondom moedertaalonderrig. Maar ook dalk in die algemeen oor die ANC se siening van en houding teenoor Afrikaans. Mens kan hier die hoëronderwystaalbeleidraamwerk van Nzimande inbring wat Afrikaans nie as inheems beskou nie.

Alles taktieke om Afrikaans verder in die grond te laat afsak.

Dus, indien die wetgewing ingestel sou word, sal Lesufi seker nie eers langer as ’n dag wag om Afrikaans heeltemal te begrawe nie. Nie langer as ’n dag wag om Afrikaanse skole se standaarde ook te vernietig nie. Nie langer as ’n dag wag om skole saam te smelt nie – siende dat dit al lánkal sy droom is.

Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleme gaan ongelukkig glad nie met hierdie wysigings opgelos word nie. Indien die DBO ’n behoefte sien dat die departement moet ingryp oor skooltoelatingsbeleide en taalbeleide van skole, moet hulle eerder ’n positiewe ondersteunende rol speel met die skoolbeheerliggame.

........
Indien die DBO ’n behoefte sien dat die departement moet ingryp oor skooltoelatingsbeleide en taalbeleide van skole, moet hulle eerder ’n positiewe ondersteunende rol speel met die skoolbeheerliggame.
.........

Om die mag uit die hande van skoolbeheerliggame te neem is heeltemal roekeloos en ontneem die ouers hulle regte om eienaarskap oor hulle kinders se opvoeding te neem.

Ek dink nie die DBO en Lesufi het al die kompleksiteite van hierdie voorgestelde wette in ag geneem toe hulle hierdie idees gekry het nie.

Verder dink ek dat Lesufi eintlik maar net hierdie voorgestelde beleide gebruik, en veral Afrikaans as sondebok gebruik, om hulle “failed experiments” toe te smeer.

Toe Lesufi sy termyn as LUR vir onderwys in 2020 begin het, het hy belowe om 1 000 nuwe skole te bou, waarvan hy tot nou slegs 50 gebou het. Dit was natuurlik een van die grootste redes, en is dit steeds, vir hoekom duisende leerders jaarliks ongeplaas is by skole.

........

Daar is een helse tekort aan skole, maar omdat Lesufi nie weet hoe om sy departement volhoubaar te bestuur nie, wil hy reeds-gevestigde skole, waarvan ’n hele aantal Afrikaans is, probeer oorrompel en verkrag.

..........

Daar is een helse tekort aan skole, maar omdat Lesufi nie weet hoe om sy departement volhoubaar te bestuur nie, wil hy reeds-gevestigde skole, waarvan ’n hele aantal Afrikaans is, probeer oorrompel en verkrag.

Lees ook:

Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar

Watwou “vergunning”! Afrikaans bied dalk juis ’n oplossing in skole!

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Die "goeie ou dae" in die onderwys was nie altyd so goed nie

COVID-19 en die onderwys

Wat behoort die benadering teenoor godsdiens in skole te wees?

COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

 

  • 2

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Dis als waar. Ek salueer jou vir jou artikel. Daar kan baie verder hieroor gesê word. Dit sê ook iets van apartheid. Dat apartheid 'n kulturele stryd was. En dit sê iets oor nasionalisme. Afrikanernasionalisme en Afrikanasionalisme. Nasionalisme is onverdraagsaam. Dis verstikkend. Versmorend. Soveel as wat nasionalisme gestimuleer word deur gevalle soos presies dié, wat tereg as 'n heksejag gesien word. Soveel misluk nasionalisme met enige geslaagde vorm van voortbestaan in geregtigheid, om nou vir Van Wyk Louw by te sleep.

    Die verengelsing van Suid-Afrika was onafwendbaar. Dis die patroon in post-koloniale Afrika. Net soos die beleid van apartheid onvolhoubaar was. Van president De Klerk se wigte en teenwigte het daar duidelik dadels gekom. Die geskiedenisboeke sal hopelik eendag vertel hoe die ANC-regering nóg Afrikaans, nóg Khoi en San-tale as inheems beskou het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top