William Sezoe

William Sezoe

William Sezoe is ’n onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ’n onbeskaamde en vreeslose aktivis vir Afrikaans. So ook word hy  gereeld daarvan beskuldig dat hy sy bek rek vir Afrikaans, omdat hy glo maandeliks deur Afrikaners daarvoor vergoed word. Hierop antwoord hy: "Indien dit waar sou wees, sou ek seker al ’n  hele paar Mercs kon ry."

William is ook nie ’n sementbek nie en maak dus gereeld stem dik oor kwessies wat pla. Hy het onlangs ook  in die nuus verskyn oor sy haarstyl, nadat ’n skoolhoof iewers aan die Weskus fout  gevind het daarmee en hom die deur gewys het.

William Sezoe gesels met Open Stellenbosch en StudentePlein

William Sezoe, Ashwin Afrikanus Thyssen, Frederik Rudolph van Dyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-05-06

"Open Stellenbosch is nie anti-Afrikaans nie, ons is antidiskriminasie." US-student William Sezoe praat met Open Stellenbosch se Ashwin Afrikanus Thyssen en Frederik van Dyk van StudentePlein.

Elders gesien: #Menseregtedag, eis jou taalregte op

William Sezoe Elders gesien 2021-03-21

"Ons het ’n keuse – ons hoef nie deel te wees van ’n herkolonialiseringsproses nie. Die antwoord lê dus in ons tonge. Maak jou stem dik en help verseker dat ons inheemse tale voortleef!"

US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

William Sezoe Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-09

"Hoe de hel kan eentaligheid inklusiwiteit bevorder? Uit watter woordeboek kry hulle daai snert?"

Top