Onderwystaalwet: BELA is nie kinderspeletjies nie

“Taal is betekenisloos indien die rol daarvan as lens waarmee die wêreld vir ons geskep en tot ons insig kom, oor die hoof gesien word. Taal is onlosmaaklik deel van menswaardigheid, van ons bestaan, en op sterkte van daardie gelykheid tussen taalbelewenisse moet ons verseker dat taal nie afgetakel word nie, al word dit nie prakties gesproke te alle tye gelyk aangewend nie.”