Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys

  • 1

Foto van Faeed Amardien: verskaf; foto van pad: https://pixabay.com/photos/road-desert-sunset-highway-3186188/

Estelle Kruger het onlangs oor haar pad met Afrikaans en die onderwys in ’n artikel op LitNet geskryf. Hier is Faeed Amardien, wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal by ’n Engelse skool in die groter Kaapstad-omgewing onderrig, se narratiewe vertelling rondom sy ervarings met Afrikaans en die onderwys. 

  1. Agtergrond

Ek obtain my undergraduate degree byrie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT). Ek major onder meer in Afrikaans (HT) en Accounting. Mense is geneig om vi my aware te maak vannie weird combination, maar ek dink annie marketability toe ekkie choice gemaakit.

............
Dis my twiede jaa innie onderwysbedryf en ek werk deeltyds daaraan om my honneursgraad te obtain byrie University of the Western Cape (UWC). Ek kyk veral na language and literacy en tot watter mate Kaaps ’n rol speel in verband met Language of Learning and Teaching (LOLT).
..............

Dis my twiede jaa innie onderwysbedryf en ek werk deeltyds daaraan om my honneursgraad te obtain byrie University of the Western Cape (UWC). Ek kyk veral na language and literacy en tot watter mate Kaaps ’n rol speel in verband met Language of Learning and Teaching (LOLT). Ek is gekies deu my universiteit (KSUT) om hulle te represent in Holland as deel van ’n Dutch kursus byrie HAN University in Nijmegen in 2020. Absoluut wonderlik op elke vlak. Ek hou skool currently by Hoërskool Plumstead.

  1. Onderwys in die algemeen

As ’n varse onderwyser met baie energy en passion, is dit extremely exhausting en draining, maar ek remind myself soe af en toe annie hoop wat daa is. Ek probee om te alle tye ’n beginsel en waarde in my leerders te inculcate en hulle bewus te maak vannie upward mobility wat education bring as hulle dit serious vat. “Unlock your potential” is ’n samehang wat ek deurlopend gebryk en kinnes daartoe lei om hulself en hul identity te vind, sterkpunte en swakpunte. Die moeilike dae kô as leerders nie dai appreciation wys nie. Total disrespect en ignorance. Wat maak jy in dai geval? Well, ek kap an met my rol as onderwyser en facilitator. Dit verg baie patience en perseverance.

...........
“Unlock your potential” is ’n samehang wat ek deurlopend gebryk en kinnes daartoe lei om hulself en hul identity te vind, sterkpunte en swakpunte. Die moeilike dae kô as leerders nie dai appreciation wys nie. Total disrespect en ignorance. Wat maak jy in dai geval? Well, ek kap an met my rol as onderwyser en facilitator. Dit verg baie patience en perseverance.
.............

Die former is iets wat ek in lack en ek moes myself soe geleidelik touwys maak van hierie belangrike eienskap. Die siewe rolle van ’n onderwyser hou ook ’n mens in lyn en onbewustelik toon die leerders appreciation wannee jy dit die minste verwag.

  1. Afrikaans as vak in ’n Engels-medium skool

Dis vi my baie challenging om Afrikaans te gie gegewe die konteks van my skool. Hoe vind ek ’n manier om ’n balans te vind tussen apatiese gedrag teenoor die vak, en oek ’n kurrikulum wat tydgedrewe is. Jy probee jou beste om hulle die platform te gee “om te praat soes hulle wil”, eenvoudig om hulle beter te laat vestaan. Op graad 10-vlak worstel ek met basic reading en literacy vaardighede wat die backlog is as gevolg van Covid-regulasies, nog net meer vererger. Die dynamics vannie skool waar jy jouself bevind, dra oek grotendeels by tot die groter problem. Ek kom leer later dat die tema en samehang van kardinale belang is. Gedigte, onder meer soes “Martha” van Ronelda Kamfer en “Delft” deur Nathan Trantraal het oorweldigende responses gekry. Onmiddellik kon ek die gesprekke voer rondom geslagsgeweld, geweld teenoor kinnes, en oek die onstuimige situasie oppie Kaapse Vlakte.

...........
Op graad 10-vlak worstel ek met basic reading en literacy vaardighede wat die backlog is as gevolg van Covid-regulasies, nog net meer vererger. Die dynamics vannie skool waar jy jouself bevind, dra oek grotendeels by tot die groter problem. Ek kom leer later dat die tema en samehang van kardinale belang is. Gedigte, onder meer soes “Martha” van Ronelda Kamfer en “Delft” deur Nathan Trantraal het oorweldigende responses gekry. Onmiddellik kon ek die gesprekke voer rondom geslagsgeweld, geweld teenoor kinnes, en oek die onstuimige situasie oppie Kaapse Vlakte.
.............

Terselfdertyd is dit integrasie vannie social constructivism theory. Leerders is in beheer vannie leerproses. Eers na die informele lesings toets jy die cognitive levels binne die framework vannie onderwysdepartement. Dissie process van metacognition. Leerders voel motivated as hulle self vrae “uitfigure” of iets krities nadink.

Ek skenk oek veral aandag annie taalaspekte wat eenvoudig misgekyk word. Baie aandag word geskenk aan voorgeskrewe werk. As leerders woordsoorte bemeester, word die anne aspekte baie makliker, want dit vorm deel van allie anne werk.

  1. Om watter redes bly staan ek in die bedryf?

Ek bly staan as gevolg vannie volgende:

  • Om leerders te sien groei bring ’n anne gevoel. As jy deel was vannie development process en sien hoe die leerder in ’n volwasse, ingeligte persoon develop het, is dit oorweldigend.
  • Dit help my om met ’n verskillende lens na situasies te kyk. Met ander woorde, deviate van subjektiwitiet en allow om leerders die aandag te gee wat hulle verdien. Hulle is geregtig op ’n opinie. They want to be heard.
  • Dit gee my die opportunity om my life experiences met hulle te deel. ’n Jonger generation wat op soek is na identiteit en aanvaarding. Ek value die feit dat ek verskeie elements kan integrate binne my lesse en leerders toelaat om die wêreld different te perceive.
  • Ek revisit my student days, maar met ’n meer matured approach. Watte leerder experience nie dinge soes peer pressure, bullying, verbal abuse of net eenvoudig te wil ontsnap van hulle werklikheid nie? Dit is empowering en therapeutic innie selfde tyd ommie groter persoon te wees en dalk die catalyst tot hulle verandering te wies.
  1. Min raad as intree-onderwyser

Die system is oppie leerder se kante. Of jy daarteen wil wroeg en argue, jy is baie restricted in wat jy kan verbalise en in terme van aksie. Is iets wat elke intree-onderwyser moet eenvoudig aanvaar. Soe watter raad kan ek gie an diegene wat aspire om onderwysers te wies?

..........
Kinnes is geneig om jou te toets en jou karakter. Jy het een doel gehad toe jy die profession gekies het, en dis om liewens te change, kinnes te educate om meaningful contributions te maak in hulle gemeenskappe.
...........
  • Wies jouself. Kinnes is geneig om jou te toets en jou karakter. Jy het een doel gehad toe jy die profession gekies het, en dis om liewens te change, kinnes te educate om meaningful contributions te maak in hulle gemeenskappe.
  • Maak seker jy doen wat jy moet. Dit sluit in beplanning, deeglike beplanning. So much so dat dit later klink soes ’n harmonious tune. Leerders vind aanklank by dit. Hulle erken, more often than not, die moeite wat jy insit in jou werk.
  • Ken jou regte as onderwyser. Wat word jy allowed in terme van jou klaskamer? Kinnes attack jou en perhaps undermine jou rol wat jy speel binne die klaskamer, want hulle ken hul regte. Moenie dai mistake maakie.
  • Gee ouers die voordeel vannie twyfel. Baie is receptive in jou response rakende hulle kind se academics, annes wil die weight rondgooi en voorskryf wat jy moet doen. Luister, internalise, maar in dieselfde asem, vind common ground. In die sin van “Do not fight fire with fire.” Dit kan ontaard in iets annes.
  • Raak betrokke by buitemuurse aktiwiteite. Jy leer leerders op ’n verskillende manier ken. Ek vind dat hulle meer respek toon, en dis maar al deesdae wat jy verwag van leerders.
  • Sympathise, sympathise en sympathise. Kinnes soek rolmodelle. Deur al die manewales wat ons beleef innie onderwysbedryf, maak dit ons soe naive om te dink dat party leerders nie deur moeilike tye gan nie. Hulle is blootgestel aan violence, bendegeweld, en abuse. Binne die paradigm vannie code of conduct vannie skool, doen wat jy moet.

Lees ook:

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Kaaps is the future of Afrikaans

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

Leon Schreiber oor US en Afrikaans

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top