Die Konsepwysigingswetsontwerp op Onderwyswette (BELAB): Afrikaans oorleef op skool solank "redelikerwys doenlik"

“Tans behou die beheerliggaam die reg voor om ’n skool se taalbeleid te bepaal. Die eerste wesenlike verandering wat die wetsontwerp ten opsigte van taal voorstel, is die vereiste dat die beheerliggaam die taalbeleid en enige wysigings daaraan vir goedkeuring aan die hoof van die onderwysdepartement moet voorlê.”