Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys

’n Berig het onlangs in Rapport verskyn in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys wat deur die regering beplan word en daarby ook ’n brief wat deur 19 organisasies, wat hulle beywer vir volhoubare Afrikaanse onderwys in openbare skole, onderteken is. Hierdie brief is aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gestuur. Laai die brief hier in PDF-formaat af.