
https://pixabay.com/vectors/homeschooling-e-learning-teaching-6001459/
Tuisskool is onder die loep met die nuwe BELA-wetgewing.
Dit wil voorkom asof die staat sal kan aandring op veel meer seggenskap ten opsigte van die registrasieproses rondom tuisonderrig en aspekte soos waarom kinders tuisskool, en ouers wil kriminaliseer wat nie gehoor gee nie.
Ingevolge klousule 25 van die BELA-wet:
Furthermore, the Head of Department is authorised to cancel the learner’s registration for home education under circumstances and after due process has been followed. A learner or the parent of the learner may appeal to the Member of the Executive Council against the decision of the Head of Department or the Minister also empowered to make regulations relating to the registration and administration of home education.
’n Ma, wat verkies om anoniem te bly omdat sy nie haar kind geteiken wil hê nie, praat met Naomi Meyer en deel haar ervaring oor die tuisskoolstelsel.
Waarom het jy gekies om jou kind tuisonderrig te laat doen?
............
My kind was erg geboelie op skool en ten spyte van verskeie probeerslae kon ons niks met die skool uitrig nie.
.............
My kind was erg geboelie op skool en ten spyte van verskeie probeerslae kon ons niks met die skool uitrig nie. Voordat ’n kind met diabetes gediagnoseer word, is hulle reeds siek. Hy het ongelooflik baie water gedrink en moes meer badkamer toe gaan. My kind is deur die onderwyseres verbied om te gaan en daar was dus ongelukke wat hom baie ongelukkig gemaak het. Hy moes ook die ouer seuns se badkamer gebruik omdat dit nader was en hulle het hom daar ook geboelie.
Nadat my kind met diabetes gediagnoseer is, het ek die skool gekontak om uit te vind watter verantwoordelikheid hulle gaan neem met toetsing, toedien van inspuitings, en wat hulle gaan doen indien my kind “hypo”. Hulle het gesê dat hulle geen verantwoordelikheid sou neem nie, ten spyte van die feit dat hulle in loco parentis optree wanneer ’n kind by die skool is.
Ons het hom begin tuisskool.
Vertel van die pad wat jy met tuisskoolonderrig stap. Die uitdagings en die goeie dinge.
My kind was nege toe ons begin het met tuisskool en is nou vyftien.
In die begin is dit maar moeilik om te besluit op ’n curriculum en ’n metode wat vir almal werk. My man het van die huis af gewerk, so ons sou albei ons insette kon gee. Ons het begin met CAPS, maar dit is na ons gevoel ’n swak curriculum.
Ek het besluit om sy horison te verbreed en ek het my seun in ’n Amerikaanse online skool gesit en dit het heel goed gegaan. Waar dit tekort geskiet het, het ek ekstra klasse gegee.
My kind het ook van ’n akademie gebruik gemaak met wie ek nie gelukkig was nie.
Ek was ná twee jaar nie tevrede met hulle Wiskunde-onderrig nie en ons is vir ’n ruk terug op CAPS, tot hy sy nuwe jaar by ’n Suid-Afrikaanse aanlyn skool kon begin.
Hy is nou reeds twee jaar by hierdie skool en voltooi nou Graad 9.
...........
Die homeschool-gemeenskap is baie behulpsaam. As mens byvoorbeeld ’n skryfkursus of tutors nodig het, is daar soveel ondervinding dat mens geen probleem het om jou kind se opvoeding aan te pas en beter te maak nie.
.............
Die homeschool-gemeenskap is baie behulpsaam. As mens byvoorbeeld ’n skryfkursus of tutors nodig het, is daar soveel ondervinding dat mens geen probleem het om jou kind se opvoeding aan te pas en beter te maak nie.
Wat is jou gedagtes oor hoe die staat omgaan met mense wat tuisskool – in die verlede, en ook nou?
...........
Ons het geen inmenging of hulp van die staat gehad nie en ek voel hoe minder hulle inmeng hoe beter. Die doel van onderrig is om ’n goeie matriek te kry en jou kind op elke manier te help om daar uit te kom.
.............
Ons het geen inmenging of hulp van die staat gehad nie en ek voel hoe minder hulle inmeng hoe beter. Die doel van onderrig is om ’n goeie matriek te kry en jou kind op elke manier te help om daar uit te kom. Daar is soveel online resources dat mens kan kies en keur.
Wat weet jy van die BELA-wetgewing en watter implikasies dit vir tuisskoolouers inhou?
BELA het ons angstig gemaak nie net vir inmenging met tuisonderrig nie, maar ook die overreach wat hulle in skole beplan. Die regering het egter nie die hulpbronne om dit deur te voer nie. Die hele onderrigstelsel is onder druk.
Hoe sien jy die toekoms met tuisonderrig?
Ons gaan daarmee voort, want skole het nie die begrip of kapasiteit om spesiale behoeftes op gesondheid- of leervlak te hanteer nie. Die nuwe tendens is dat ’n toesighouer of tutor vir ’n kind met spesiale behoeftes aangestel moet word, omdat die onderwyser nie daarop kan fokus nie. Bitter min ouers kan dit bekostig.
Vir jare het my kind amper elke week hypoglycaemia en hyperglycaemia gehad. Hy sou in elk geval tuis moet bly en studeer. Toe dinge beter raak in 2020 ná ons die insulienpomp gekry het, het ons gedink ons moet weer die skool probeer. Dit is nie moontlik om hom weer in die skool te kry nie, want die skole het altyd verskonings en baie ouers ondervind probleme om hulle kinders in publieke skole in te kry. Daar is baie plek privaat, maar te beperkte plek in staatskole oor. Die hele skoolsisteem is onder druk en kinders van oor die hele ekonomiese spektrum word weggewys of kry plek in skole wat nie in hulle omgewing is nie.
Lees ook:
Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem
BELA-wetgewing en Afrikaans op skool: Merlyn van der Rheede gee haar mening
Kommentaar
Tuisonderrig moet ten alle koste beskerm word, ons het kleinkinders in die Noord-Kaap wat pragtig presteer met tuisonderrig.