SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |

Follow and join the ongoing conversation on South African schools.

Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)

Estelle Kruger, Fanie Viljoen, Daniël Hugo Skrywersonderhoude 2022-08-02

"Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik."

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-08-01

"My verhouding met die leerders en studente het vir my toenemend belangrik geword. Ek het omgegee vir hul persoonlike ontwikkeling, die ontdekking en realisering van hul potensiaal en hul ervaring van gebrokenheid in hul wêreld, tesame met die soeke na kreatiewe oplossingsmoontlikhede binne hul bereik."

Onderwystaalwet: BELA is nie kinderspeletjies nie

Frederik Rudolph van Dyk Menings 2022-07-11

"Taal is betekenisloos indien die rol daarvan as lens waarmee die wêreld vir ons geskep en tot ons insig kom, oor die hoof gesien word. Taal is onlosmaaklik deel van menswaardigheid, van ons bestaan, en op sterkte van daardie gelykheid tussen taalbelewenisse moet ons verseker dat taal nie afgetakel word nie, al word dit nie prakties gesproke te alle tye gelyk aangewend nie."

"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."

Freek Robinson, Wilna van Heerden Onderhoude 2022-06-22

Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.

Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys

LitNet SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

’n Berig het onlangs in Rapport verskyn in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys wat deur die regering beplan word en daarby ook ’n brief wat deur 19 organisasies, wat hulle beywer vir volhoubare Afrikaanse onderwys in openbare skole, onderteken is. Hierdie brief is aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gestuur. Laai die brief hier in PDF-formaat af.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – ’n afdraaipad na interkulturele onderwys

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

"Ek het by beide die kontak- en afstandsonderrig studente aangemoedig om Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot te lees omdat dit ’n gebruikersvriendelike aanslag het en hulle eweknie in Drum en You gevind kon word om te help met leesbegrip en hulle aanleer van Afrikaans. Tog jammer dat daar nie toe reeds 7de Laan (wat eers in 2000 verskyn het) op die televisie was nie."

The Basic Education Laws Amendment Bill (BELAB): what parents should know

Naomi Meyer, Robyn Beere, Ebrahiem Daniels SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-06

"It is important for parents to be empowered and to get involved in the debates around education. .... Parents as well as learners themselves should consider making submissions and having their voices heard."

Die Konsepwysigingswetsontwerp op Onderwyswette (BELAB): Afrikaans oorleef op skool solank "redelikerwys doenlik"

Naomi Meyer, Juané van der Merwe SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-02

"Tans behou die beheerliggaam die reg voor om ’n skool se taalbeleid te bepaal. Die eerste wesenlike verandering wat die wetsontwerp ten opsigte van taal voorstel, is die vereiste dat die beheerliggaam die taalbeleid en enige wysigings daaraan vir goedkeuring aan die hoof van die onderwysdepartement moet voorlê."

Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-05

"Kinnes is geneig om jou te toets en jou karakter. Jy het een doel gehad toe jy die profession gekies het, en dis om liewens te change, kinnes te educate om meaningful contributions te maak in hulle gemeenskappe."

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-03

"Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die 'landstaal' onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is."

Is djulle gesyp, Kaapse Forum?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-04-07

"Wat is volgende? Voorstelle dat die Driekamerparlement dalk glad nie so ’n slegte idee was nie, want toe kon 'ons' bruines darem ’n stem uitbring?"

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

(Ab)using language for narrow socio-political and racist interests

Mashudu Mashige Opinion 2022-03-02

"Institutional support and status involves far more than just mouthing platitudes to the electorate. It means a dogged determination, as displayed in the development of Afrikaans to where it is today."

Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem

Naomi Meyer, Chris Klopper SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-02-18

"Hierdie voorstelle is ’n teruggryp na mikrobestuur en die hervestiging van ’n staatskoolbedeling waar die staat vir gemeenskappe besluit wat in hulle belang is – soos gedurende 1976."

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

Naomi Meyer, Lorna Carson Universiteitseminaar | University Seminar 2022-02-17

"Take time to learn how to pronounce someone’s name. Start there."

Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting

William Sezoe SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-02-17

"Dit raak by die dag duideliker dat die ANC-regering nie ’n veer omgee oor moedertaalonderrig nie. Nog minder gee hulle ’n hel om oor die bewaring en die beskerming van inheemse tale in Suid-Afrika."

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-02-16

"Die wysigings het dit ten doel om die regering se mag uit te brei."

 

Dit is tyd vir ’n “volkskongres” oor Afrikaans

Piet Muller SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-01-27

"Net soos wit kinders, is bruin en swart Afrikaanssprekende kinders vandag letterlik en figuurlik ons volk se toekoms en daar moet soos kleinode na hulle omgesien word. Hulle moet die soort onderwys ontvang waarmee hulle suksesvol in die postindustriële ekonomie kan meeding."

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

Naomi Meyer, Anonieme skoolhoof van Kuilsrivier SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-01-20

“Daar’s niks kos by die huis nie. Mense praat van tegnologie om te leer. By ons skool is daar nie kos vir elke dag nie – watse ding is ’n rekenaar by die huis?”

Wat behoort die benadering teenoor godsdiens in skole te wees?

Aslam Fataar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-10-01

"Skoolhoofde, skoolbeheerliggame en onderwysers word dus uitgedaag om ’n ruim en inklusiewe godsdienstige benadering te implementeer. Tog is dit presies waar skole sukkel."

Top