.............
Ek is nie moedeloos nie en Fedsas is nie sonder planne nie, maar dit gaan ʼn groot gesamentlike poging verg om ʼn verskil te maak.
................

Prent: Mohamed Hassan op Pixabay
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is op 26 Oktober 2023 parlementêr aanvaar. (Lees die agtergrond van hierdie wetgewing en gesprekke wat in die verlede hieromtrent gevoer is, onderaan die onderhoud.)
Jaco Deacon van Fedsas beantwoord Naomi Meyer se vrae.
Die Bela-wet is parlementêr aanvaar. Is dit vir julle by Fesas ’n verrassing?
Geensins nie. Ons het verwag dat die ANC en EFF op dieselfde manier sal saamwerk as in die portefeuljekomitee en hulle meerderheid sal gebruik om dit deur die Nasionale Vergadering te druk. Die wetsontwerp moet nou na die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), en ons verwag dat die opposisiepartye hier gaan probeer walgooi met ’n versoek dat die NRP ook provinsiale verhore moet hou.
...........
Ons het verwag dat die ANC en EFF op dieselfde manier sal saamwerk as in die portefeuljekomitee en hulle meerderheid sal gebruik om dit deur die Nasionale Vergadering te druk. Die wetsontwerp moet nou na die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), en ons verwag dat die opposisiepartye hier gaan probeer walgooi met ’n versoek dat die NRP ook provinsiale verhore moet hou.
..............
Beteken hierdie nieverrassing ’n verassing van Afrikaans by skole? In alle erns: Dink jy wat moontlik gaan gebeur, is dat skole gedwing sal word om tweetalig te word? Of watter ander uitkomste voorsien jy vir die afsienbare toekoms?
...........
Totdat die President die konsepwet onderteken (bekragtig) het, is daar nog geen wet nie. Alle skole moet seker maak dat hulle toelatingsbeleide bygewerk is, hulle ʼn kapasiteitsbepaling gedoen het en reg is vir die 2024-beheerliggaamverkiesing.
..............
Totdat die President die konsepwet onderteken (bekragtig) het, is daar nog geen wet nie. Alle skole moet seker maak dat hulle toelatingsbeleide bygewerk is, hulle ʼn kapasiteitsbepaling gedoen het en reg is vir die 2024-beheerliggaamverkiesing. Daar moet nog baie water in die see loop voordat amptenare groter seggenskap oor taal en toelating het, en die beste manier om skole te beskerm is om skole vol leerders te hou!
Ek span die kar voor die perde in, besef ek. Wat beoog Fedsas om nou te doen, voordat mens dalk praat oor wat die regering beplan?
As Bela sonder enige wysigings aanvaar word en twee klousules oor die finale seggenskap oor taal en toelating van ʼn regeringsonderwyshoof afhang, sal Fedsas die hof nader om oor die grondwetlikheid van die twee bepalings te besluit. Ons is tans besig om ons lede in te lig oor waar die proses trek, wat die implikasies is en hoe om gereed te maak vir volgende jaar.
Maar gaaf – as mense van tweetalige skole praat, hoef dit tog nie ’n doodskoot vir Afrikaans te wees nie, hoef dit?
Nee geensins nie – van die 2 182 Afrikaanse skole (2021-data – ons verwerk tans die nuwe data) was 995 reeds veeltalige skole en 1 187 enkelmedium).
Wat bekommer julle van hierdie situasie en wat behoort ouers te bekommer?
Daar is baie voordele aan ʼn veeltalige skool (parallelmedium of dubbelmedium), byvoorbeeld dat leerders baie meer blootstelling aan ander tale en kulture kry (hulle is speeltyd en tydens buitekurrikulêre aktiwiteite soos sport en kultuur saam), maar steeds die voordeel van moedertaalonderrig geniet. Die probleem is bekostigbaarheid, omdat die staat nie ʼn behoorlike finansierings- of posvoorsieningmodel vir hierdie skole het nie. Tans dra ouers die meeste van die koste.
............
Die saak waaroor ons almal bekommerd moet wees, is nie bloot die bepalings oor taal en toelating nie, dit is die staat wat al hoe meer outokraties raak en magte sentraliseer. Ons beweeg dus al hoe nader aan ʼn totalitêre staat en staatsbeheer, terwyl ons bykans 30 jaar gelede daarvan weggestap het.
..............
Die saak waaroor ons almal bekommerd moet wees, is nie bloot die bepalings oor taal en toelating nie, dit is die staat wat al hoe meer outokraties raak en magte sentraliseer. Ons beweeg dus al hoe nader aan ʼn totalitêre staat en staatsbeheer, terwyl ons bykans 30 jaar gelede daarvan weggestap het. Dit is dus meer as bloot openbare skole wat al hoe meer staatskole word, maar ʼn plan met onderwys wat inskakel by sake soos die nasionale gesondheidsversekering, grondhervorming, waterregte, raskwotas in die werksplek en BBEE.
Is daar enigiets wat ouers op hierdie stadium moet doen?
Moenie nou paniekerig raak nie en ondersteun die skool en die beheerliggaam. Ons moet gedurende Maart 2024 nuwe beheerliggame verkies en ons kort goeie en kundige ouers wat bereid is om te dien en ʼn verskil te maak. Ouers moet in groot getalle gaan stem en ʼn sterk mandaat vir die beheerliggaam gee om die openbare skool ʼn openbare skool te hou. Indien Fedsas namens ons lede hof toe gaan, gaan ons alle ondersteuning nodig hê, omdat dit ʼn lang en duur hofproses gaan wees.
Wie behoort nou met mekaar hieroor te praat en dink jy dit sal enige verskil maak?
Ons hoop altyd dat redelikheid sal seëvier in debatte in die parlement en besluite van die President. Verlede week se debat was egter meer politieke standpunte as wat daar na die belang van onderwys omgesien is, op enkele uitsonderings na. Indien Bela wel aanvaar word en deur die President bekragtig word, sal die saak in die hof eindig. Die gesprekke is tans tussen burgerlike organisasies oor hoe onderwys die beste ondersteun kan word. Daar is nog baie wat gedoen kan word. Ek is nie moedeloos nie en Fedsas is nie sonder planne nie, maar dit gaan ʼn groot gesamentlike poging verg om ʼn verskil te maak.
Lees ook:
Khawufane ucinge SA schools seminar: Mphuthumi Ntabeni responds
Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting
Fedsas-persverklaring oor BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
Kommentaar
Ons bly in Afrika waar sentralisasie van mag die norm is. Demokrasie vra altyd aktiewe deelname aan die vorming van beleid, meer nog in Afrika. Ons as ouers sal doelgerig die Bela wet moet omvorm dat dit demokrasie dien - met waardering aan Fedsas wat gerat is om die stryd namens ons te voer. Wees betrokke, wees doelgerig.