SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
COVID-19 en skole: Bly kalm en fokus op die beste belang van ons kinders
2020-05-19"Mens kan verstaan dat die baie onbeantwoorde vrae oor die pandemie besluitneming oor die onderwys hoogs kompleks maak. Maar dit is nie in die beste belang van leerders om skole eenvoudig gesluit te hou en die akademiese jaar af te skryf nie."
Nasionale inperking: Só kan Afrikaansonnies aanlyn onderrig
2020-03-31"Tydens die korona-afsondering kan taalopvoeders hierdie leervoorkeure van die 21ste-eeuse leerder inspan om te verseker dat onderrig en leer nie gedurende die 21-dae-inperking agterweë bly nie."
Dinge vir ’n kind? Liggaamsopvoeding in skole
2020-02-11"Die leerplan fokus op seksualiteitsopvoeding, verhoudings, waardes en weerbaarheid. Slegs ouderdomsgepaste inligting is ingesluit."
Die stil-stil wetsontwerpe gedurende die feesseisoen: wat behoort landsburgers te doen?
2019-12-27"Terwyl Suid-Afrikaners haastig en gefokus voorbereidings tref vir die feestyd, het ‘n verfoeilike en laakbare ondemokratiese ding weer eens feitlik ongesiens in die openbare Kerskous geval. Die regering het ons ‘n week of wat gelede getrakteer met twee wetsontwerpe wat die grootskaalse sentralisering van sport en skole behels."
Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer
2019-09-12"[T]he involvement and inclusion of many African languages through code-switching, or translanguaging, helps the pupils to learn from each other, and be aware of different cultures and languages, and understand why certain pupils think and learn in certain ways."
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-08-12"Hoërskole sit met tieners wat maklik rebelleer, en waarteen beter om te rebelleer as ’n argaïese tradisie wat op jou afgedwing word? Tradisies moet aanpasbaar wees."
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-08-06"I am of the opinion that when one is a part of an organisation, it is one’s experiences in decision-making that engender a sense of belonging and purpose."
WhatsApp as ondersteuningsplatform: ’n onderhoud
2019-08-05"In Suid-Afrikaanse staatskole is dit nie ongewoon dat leerders in ’n derde of vierde taal onderrig word nie."
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
2019-07-30Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"
Skoleseminaar: Elda de Waal reageer op die TALIS-navorsingstudie
2019-07-11Elda de Waal reageer op die Teaching and Learning International Survey (TALIS) se bevindinge oor veiligheid, ongelykheid en die algemene toestand van Suid-Afrikaanse skole.
Suid-Afrikaanse skole so onveilig soos Suid-Afrikaanse strate
2019-07-09"Suid-Afrika verdien ’n beter onderwyssisteem!"
Afrikaanse Taalraad trek jeugdiges saam in Jeugmaand
2019-06-20"Die leerders is geïnspireer om Afrikaans te koester as deel van hul identiteit en erfenis, hulle daarin uit te leef en nie skaam te wees oor die soort Afrikaans wat hulle praat nie."
Watwou “vergunning”! Afrikaans bied dalk juis ’n oplossing in skole!
2019-06-11"Die omvang van hierdie krisis behoort diegene wat die belange van kinders voorop stel, uit hul polities-historiese bekgevegte wakker te ruk en te laat soek na werkbare oplossings vir skole, eerdat nog ’n generasie kinders so te sê ongeletterd die werksmark betree."
Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar
2019-06-04"Hoe is dit moontlik dat nieteenstaande die feit dat elke president sedert 1994 belowe het om onveilige skole uit te skakel, leerders nog steeds in puttoilette verdrink?"
Is vennootskappe die antwoord op die land se onderwysprobleem?
2019-04-01"Die opvoeder wat Engels Tweede Taal aanbied sit byvoorbeeld met meer as 90 leerders in sy klas en soms moet die leerders selfs hul eie toetse nasien. Hy het eenvoudig nie die tyd en hulpbronne om kwaliteitonderrig aan al sy leerders te gee nie."
#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het
2019-02-14"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."
Kô proe, wan soe smaakie Souci!
2019-02-11"Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou."
Suid-Afrika se onderwys is ’n “katastrofiese mislukking”
2019-02-08"De Klerk sê dit is ’n nasionale skande dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is en nie daarin kon slaag om ongelykheid suksesvol aan te pak nie. Een van die dryfvere vir die toenemende ongelykheid is volgens hom die uiters swak skoolprestasie van die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders."
Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?
2019-01-31"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."
Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?
2019-01-14"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."
