Kô proe, wan soe smaakie Souci!

  • 2

’n Comment op Facebook oo die hele storie lies as volg: “I know kids now days are difficult but I have lost faith in teachers as well.”

Nou my kop het eeste beginte klop en toe begin tuit my ore, wan dié is ʼn ouer wat soe praat. En soes ek wiet piep ouers somme lekke hulle kinners op deesdae.

Op ʼn anner video of Facebook oo die debakel sak ʼn ou antie af: “Die kinnes is onbeskof, en hulle moetie phones innie skool in hettie.” En ek stem, wan wat soek ʼn kind met ʼn smartphone innie klas? Hulle het klaa soe baie wêk wat hulle moet deuhaas, dan moetie onnies nog warrie oo kinnes se smartphones. Niee f%@k, jamme vi my French.

Twie jaa trug het ek besluit om opvoedkunde te gat swat. Ek het drie maande gehaal en net voo prakties toe sê ek niee, dit gat nooitie wêkie. Eestens is ek ʼn mens wat tien geweld is, maa ek wiet oek hoe ek grootgemaak is, en by my was dissipline ingeslat, nie nog hoekies en draaitjies nie. En ek sê nie wat die onnie gedoen het was reggie. Wan volgens wat hulle these days lee op uni oo onnerwys moet hulle siekerlik bieter equipped wies om met sulke gevalle mien te deel. Maa dissie soe nie. Op university vetel hulle jou wattie skool ennie gawement van jou af vewag wat djy moet doen as onnerwyser, hoevel djy moet insit, en wat jou veantwoordelikhede is innie klaskamer vi jou leerders, maa daa issie ʼn klas wat djy kan loep wat net gefokus is op hoe om met ongeskoolde, rou, g’n-maniere, aandagsoekende, onbeskofte en bederfde kinners te wêkie. En die ding is dié, dissie net een kind wat soe issie. Dis die meederheid.

Toe ek nog op skool was, kon ôs onnies die klas velaat, en gat afkoel, of iemand lat roep wat kan die kind skors of whateva. Djy as ʼn onnie onnerie niewe reëls maggie jou klas velaatie. Al het djy maagwêk, moet djy maa daa voo jou hele klas jou broek vol skyt, en jou naam gat maak virrie res van jou professionele loopbaan as onnie. Dit mag klink soes ʼn grap, maa die onnerwysdepartement het geen idee wat hulle doenie en wat hulle vooskryf vi onnerwysers om te doenie. Wan ʼn onnie moet aaire ees dood gestiek wôd voo hulle kinners allien kan los in ʼn klaskamer. Daa issie metodes om situasie te de-escalate nie. Ek is jammer, maa ek is dankbaar dat ek slim genoeg was om daai droem van ʼn anner antie se kind les te gie lat vaar het, wan daai antie kans selfie ees daai kind by haa huis innie lyn lat loepie, ennie gawement vewag van jou af om nie die engeltjies soe voel wêk te prop dat mieste kinners onnerie wêkdruk “snap, crackle en pop” nie.

En die ouer wat gecomment het op die Sans Souci-video is hoekal een van daai ouers wat hulle kind te veel draad gegie het toe hulle klein was, en nou wôd hulle ennie res van hulle wêreld, saam mettie onnies, met daai draad opgehang.

En ja, ja, ja! Ek het die video gekyk en ek het gesien hoe daai boere-antie daai swat meisie klap, but die het niks met ras uit te waai nie. Kinners hettie mee respekkie. Hulle was nog nooit van geboorte af gelee hoe om respek te toon vi mense wat ouer as hulle issie, nie ees hulle eie ouersie, nie eesie priesie, nie ees die onnerwyserie. Nou wat vewag djy dan, om jou kind skool toe te stuu en dan môs hulle amal se tyd, maa dan as die ding dik raak, dan is dit amal se skuld maa nie jou kind se skuld nie. My ma sou my nog vêdere gedonner het by die huis. Jammer vi my French!

Die gawement het vi amal regte gegie, en dis ʼn goeie ding. Maa as djy ʼn hond losmaak wat heeldag vas was, wat maak hy? Hy spring jou heel om van kan heppie wies, of hy maakie hele bleddie jaart deumekaa.

En niee, ek sê nie dat mense honne issie. Ek bedoel om te sê dat mens kannie net vewag mense moet hulle in toom hou met allie vryheid wat hulle hettie wanne mense nie vestaan dat om regte en vryheid te het bedoel nie dat djy moet anner mense se liewens hel maakie. Maa volgens wetenskap is ôs mos soogdiere. En daa in daai “soogdier” is daa mos ʼn element van dier. En ek mien maa, kyk om jou en sien hoe ôs mieste vannie tyd vi ôs êger gedra as die soogdiere wat volgens die Bybel onner ôs moet wies. Maa moetie ʼn fout maakie. Net ommat ôs al die gemak innie wêreld het, en ôs hoefie te warrie om nog te loep jag vi kossie, maak dit ôsie bieter dan daai diere daa buite nie.

En my laaste gedagtes is dié, an amal, en oek an juffrou Sans Souci: As mense goed kan veniet kry, dan sal hulle nog vêdere opmôs, wan niemand dink annie neks pesoonie, dis net “me, me, me, me, me, me, me!”. Juffrou Sans Souci, ek is jammer dat die kinners jou soe bully, en ek bid dat djy tog sal jou bes doen dat djy nie wee sal raak soes hulle nie. En oek, los maa anner anties se kinners en gat gie hulle an vi bullying, wan djy kan mos nou sien, amal sê nou dis jou skuld. Soe, los maa vi education en gat maak jou ʼn sportswinkel of ʼn boxing parlour oep, wan djy het ʼn geweldige swing, Juffrou.

  • 2

Kommentaar

  • Nu die is mos hoe dinge is deesdae, maar almal is mosi dieselfde ni. Livy dankie dat j dit mooi uiteen sit vr mense en ek is trots op ju ...

  • Anthony Wilson

    Jy kan maar gaan kyk. Ouers wat kinders se kant kies in 'n geval soos dié was menige keer self ook ‘n probleem kind op skool. Die Laerskool Bully word die Hoërskool Bully, Word die Universiteit of College Bully, word die Corporate Bully en is deurentyd die Community Bully - en die gemeenskap moet maar verlief neem want dié bliksem gaan NOOIT verander nie. Enige kind wat sy hande vir ‘n onderwyser oplig is ONBESKOF en was nie maniere tuis geleer nie.
    Ek was LAAAANK gelede op skool. (Matriek in 1972) My ma se filosofie was: ‘n Onderwyser (HY/SY) staan voor in die klas want hulle weet ALLES. Jy moet net jou mond hou en leer! As die onderwyser jou pak gegee het en jy durf tuis kom kla het sy jou nog ‘n pak slae gegee want die onnie het vanselfsprekend nie sy werk reg gedoen nie. Nie een van ONS was al ooit by ‘n sielkundige nie en ek dink nie die woord kindermishandeling het al bestaan nie.
    As jy vir my ma ‘n organogram sou optrek dan is die Here, die predikant en die onderwyser heel bo en in dieselfde blok. Hulle is die leiers in enige gemeenskap en MOET GERESPEKTEER word. Punt! No negotiation whatsoever!
    Ek moet sê alhoewel ek 'n voorstaander van Kaaps is, het dié skrywe moeilik gelees! Mense hou soms op as jy alewig ‘n ding moet uitwerk! Maar dankie vir die skrywe en die deel!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top