SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Volg en neem deel aan die gesprek rondom Suid-Afrikaanse skole. |
Follow and join the ongoing conversation on South African schools.
Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad
2018-11-29"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 en 10 November 2018 verskeie rolspelers in die onderwys genooi om te besin oor maniere om saam te werk en nie onnodig te dupliseer nie."
Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is
2018-10-17"As niemand hul blinde kolle wil erken nie, hoe gaan ons die prentjie verander in die belang van ons almal se kinders?"
In die greep van geweld!
2018-10-01"Geweld in Suid-Afrikaanse gemeenskappe is niks nuut nie. Dié dade van geweld in gemeenskappe spoel dikwels oor na die skole, waar die vetes tussen bendes en dwelmbase voortgesit word."
’n Respons op Wouter Gildenhuys se ope brief aan Phumelele Buthelezi oor die toekoms van Afrikaans in skole
2018-07-12"Ek glo die antwoord op al hierdie vrae is ’n nuwe Afrikaans, ’n nuwe vak met ’n nuwe uitgangspunt."
Die beginsels van die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) – en hoe dit in alle vakke moet neerslag vind
2018-06-21"Die nuwe geslag moet juis so opgevoed word dat hulle bestaande lewensbeskouings krities kan beoordeel ten einde vir hulself te kan besluit. Dit is trouens een van die beginsels van die nuwe kurrikulum wat sedert 2012 gevolg word."
Ope brief aan Phumelele Buthelezi, vakadviseur KwaZulu-Natal: Die toekoms van Afrikaans op skool
2018-06-20"Waarom word daar nog onderskei tussen Huistaal-leerders en Eerste Addisionele Taal-leerders op skole? Dié praktyk is in wese elitisties en eksklusief en dit skep net verdeeldheid!"
Eenders en anders: Nederlandse en Suid-Afrikaanse skole
2018-05-10In ’n onlangse artikel op Voertaal skryf Ingrid Glorie dat dit nie goed gaan met die Nederlandse onderwys nie. Naomi Meyer het met Jente Rhebergen, wat nagraads in Nederlands en Afrikaans studeer het en onderwyseres aan ’n Montessoriskool in Nederland is, oor die stand van die Nederlandse onderwysstelsel gesels.
’n Taalplan vir Afrikaanse skole: ’n reaksie
2018-04-23"Die argument wat altyd teen Afrikaans gebruik word, is dat dit kulturele en etniese verdeling in die hand werk. Afrikaanse private skole sal daardie realiteit in ag moet neem. Die skool sal dit moontlik moet maak vir bruin en swart Afrikaanssprekende kinders om toegang tot gehalte-onderrig te verkry sonder inagneming van hul sosio-ekonomiese omstandighede."
Persvrystelling: Terugvoer oor Maartmaand se SBL-verkiesings
2018-04-03"Dit is uiters belangrik dat hierdie verkiesing hoog op jou prioriteitslys verskyn aangesien daar nie ’n kworum is vir die opvolgverkiesing nie. Dit sal dus bitter maklik wees vir jou skool om in die verkeerde hande te beland."
Stem vir jou kind se toekoms; die tyd raak min!
2018-03-28"Met staatsinmenging in onderwys ’n al hoe groter bedreiging, kan ouers eenvoudig nie bekostig om nié hul stem te laat geld nie."
Die belang van skoolbeheerliggaamverkiesing 2018
2018-02-23"Indien jy bereid is om jou kinders se opvoeding weg te dobbel en hul toekoms in die hande van vreemdes te plaas, het jy ook nou die kans deur onbetrokke te wees. Wees egter positief, ondersteun jou kind se skool en kom maak in Maart ’n verskil deur te stem."
Buiteperspektief op tale in die onderwys
2018-02-13"Salomone vra die vraag of die Konstitusionele Hof se meerderheidsbesluit minder gaan oor die 'krag van Engels as verenigende neutrale taal', en meer oor die simboliese assosiasie van Afrikaans met die rasgemotiveerde foute van apartheid en mense se behoefte om onregte van die verlede met sprekers self af te reken."
“Rassistiese identiteite”, meertaligheid en die toekoms van Afrikaanse skole
2018-01-30"Die sprekers van Afrikaans moet nou saamspan om die inherente diversiteit van die taal agter ons skole te mobiliseer. Ons kan ook baie meer doen om Afrikaanse skole en Afrikaansmediumonderrig vir swart ouers en kinders aantreklik te maak."
Afrikaanse onderwys onder beleg
2018-01-26"Laat ons die taal depolitiseer en destigmatiseer deur Afrikaanse onderwys ’n vriendelike gesig/beeld te gee en dit gelykstaande te maak aan 'uitnemend' en 'presterend'. Slegs dan sal die Lesufi’s van hierdie wêreld hul gesindheid en ingesteldheid jeens die taal verander en dit omarm as deel van die Suid-Afrikaanse werklikheid."
Toegang vs taalregte: ’n ander ingesteldheid
2018-01-25"Maar hoe anders sou dit nie (kon) wees (nie) indien die skoolgemeenskap – beheerraad, personeel en ouers – op ’n ander wyse gereageer het as om bloot die 'Ons is vol'-bordjie op die hek te hang, soos ’n 'Geen parkering beskikbaar'-kennisgewing by sportbyeenkomste of musiekkonserte? Wat daarvan as hulle gesê het: 'Kom gerus binne, maar gee net kans dat ons plek vir julle kan inrig'?"
Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys: Tegnologie – ’n oplossing?
2017-11-28"Met die demokratisering van tegnologie kan ouers self die geleentheid aangryp en hul kinders blootstel aan die wêreld van vandag. Onderwysmikrodienste buite die sfeer van die staat is aan die opbloei en raak toeganklik vir Jan Alleman. En as Jan Alleman nie weet hoe nie, gee net die geleentheid oor aan sy kinders om dit self te ontdek. Die moontlikhede is legio."
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys en hoe om nuwe denke rondom skole te bou
2017-11-16"Die kernpunt is dat ons almal by die mikrovlak van die samelewing (die ouerhuis) begin om ons kinders toe te rus met ’n taal van hoe om ’n diverse samelewing te navigeer, ’n doelbewuste alternatiewe narratief as die een wat sentreer rondom ras, en op so ’n wyse ’n ander diskoers in die land meebring."
Wat beteken die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys?
2017-11-10"Die wetsontwerp misken die gebrek aan genoeg skoolgeboue, genoeg leermateriaal, relevante en gehalte-opleiding van beheerliggame en die rol wat ouers móét speel by die skool waar hulle kind in die klaskamer sit."
PEN Afrikaans teken beswaar aan teen taalklousule in Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys
2017-11-10"Die gemeenskap, wat in die geval van skole verteenwoordig word deur ’n verkose beheerliggaam, is volgens PEN Afrikaans die beste geplaas om besluite oor voertaal te neem."
#StopSkoleKaping: ’n Lelike dag wanneer openbare skole weer staatskole word
2017-10-26Gedink jy as ouer het die reg om te besluit oor jou kind se onderrig? Nie as die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys ’n werklikheid word nie. Jaco Deacon, onderwysregspesialis en adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê as gewone Suid-Afrikaners nou hul demokratiese plig versuim, pak donker wolke saam op die horison.
