Menseregtedag 2025, belangrike dae in die onderwys – en hoe onderwysers se regte soms geskend word

  • 0

Dis byna Menseregtedag 2025. Naomi Meyer het Faeed Amardien gevra waarom hy meen menseregte vir onderwysers en opvoeders van belang is. Sy het hom gevra om ook metafories daarop uit te brei en in die algemeen te vertel hoe hy menseregte ondervind; hy, as persoon wat op die oomblik besig is om Suid-Afrikaanse kinders in 2025 in die onderwys op te voed.

Hier is Faeed Amardien se antwoord:


Ek gaan eerste oor ’n ander datum praat. Junie 1976. Alhoewel ek nie toe al gebore is nie, bly dit steeds ’n uitmuntende en monumentale standpunt in die dekolonisering in opvoeding in Suid-Afrika. Ons vier dalk nie Jeugdag nie, maar ’n menseregskending het wel op dié dag geskied. Hierdie gebeurtenis, onder andere, het die daadwerklike betrokkenheid van onderwysers tydens ’n apartheidstelsel geverg. Die kennis en persoonlikheid van ’n onderwyser alleen het inisiatiewe soos die Black Conscious Movement (BCM) en Onderwysunies gestig en vermag.

Oor Menseregtedag: In ’n kontemporêre wêreld kan dit lyk asof die regte van onderwysers dalk uitgeruil word vir die regte van leerders (nog altyd menseregte). Waarom is dit dus belangrik om steeds pioniere te wees wat onderwyserregte betref?

Ek deel hierdie gediggie (my eie) om bewusmaking te skep rondom onderwysers en dat ons mensereg binne die realm van die Grondwet steeds bestaan.

My kop pyn, skrie Juliun virrie teacher
soedat hy nie hoef te wêk ie.
I hate this subject, claim Blessing om ie
aandag op haa te kry soedat sy yt ie
Afrikaanse klas gesmyt wôd.
Djy’s anyway ’n kxk teacher
sak Ryan af om bôs tien bôs tien
ie teacher te staan.

Watter mensereg?

Djy mag ie die kin vetel hy’s ly nie,
dais defamation van character.
Djy mag ie die kin yt sit na hy ruction
cause ie, dais infringement op sy right.
Djy mag ie die kin detention gie nie,
die parent gan moan hy mis ie transport.

Watter mensereg?

Stilte ... net stilte soek ôs
Vi een dag,
Om ie waardighyd en respect en consciousness
wee te ryk
en te proe.

Lees ook:

Menseregtedag 2025: Saartjie Botha oor menseregte en kunstenaarsregte – en waarom kunstenaars moet skep

Menseregtedag 2025: Catrina Wessels oor menseregte, kopiereg en hoekom skrywers vir hul werk betaal moet word

Watse menseregte?

Loeriesfontein Hoërskool behaal ’n 100%-slaagsyfer: oud-matrikulante vertel hoe hulle dit reggekry het

’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings

Top matriekuitslae ≠ beste onderwysstelsel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top