
Foto van Saartjie Botha: Izak de Vries
Naomi Meyer het Saartjie Botha oor Menseregtedag en oor kunstenaars se regte gevra.
Naomi Meyer: Saartjie, dit was nou pas Menseregtedag 2025 en ek wil jou graag vra oor menseregte (werklike regte, as jy dit so wil beskryf, of metafories gesproke, as jy dit eerder op hierdie manier wil bespreek) – en kunstenaars se regte in die algemeen. Die Toyota Stellenbosch Woordfees het ook onlangs sy tema vir die jaar bekend gemaak. Die Woordfees-tema is "deel". Dit beteken baie dinge en dis wat kunstenaars doen: hulle deel hul kuns en skeppings en uitvoerende kuns met die samelewing. Maar wat is die kunstenaar se regte, en waarom? Skep ’n kunstenaar nie net omdat hy nie anders kan nie? Is dit tog nie beloning genoeg nie? Wat behoort die samelewing met kunstenaars te deel – en hoe sal die samelewing daarby baat vind; waarom is hierdie ’n positiewe siklus met baie waarde aan weerskante?
Hier is Saartjie Botha se reaksie.
............
Kunstenaars het ’n morele verantwoordelikheid om krities te skep.
..............
Kunstenaars het ’n morele verantwoordelikheid om krities te skep. Hierdie verantwoordelikheid is nie vrygestel van ander regte en verantwoordelikheid van basiese verantwoordelike burgerskap nie. Kunstenaars kan ook aktiviste wees, maar is nie noodwendig nie. Kunstenaars skep eers; die aktivisme is ’n byproduk. Kunstenaars het die wapens van subteks en metafoor, en daarmee kan hulle regimes en vergrype deurboor en gemeenskappe mobiliseer. Hulle is die gewete van die gemeenskap.
.............
Kunstenaars skep eers; die aktivisme is ’n byproduk. Kunstenaars het die wapens van subteks en metafoor, en daarmee kan hulle regimes en vergrype deurboor en gemeenskappe mobiliseer. Hulle is die gewete van die gemeenskap.
...............
Kunstenaars is nie noodwendig leiers nie; hulle is ontdekkers. Hulle is van nature aangetrokke tot grense en die ontdekking van dit wat na die grens lê.
Lees ook:
Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye

