Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2025-09-30"Die Woordfees word vanjaar vir die 25ste keer aangebied. Ons wou ’n tema hê wat ’n viering is, en hoe meer ons daaroor gedink het, hoe duideliker het dit geword dat viering nooit behoorlik in isolasie kan gebeur nie."
Menseregtedag 2025: Saartjie Botha oor menseregte en kunstenaarsregte – en waarom kunstenaars moet skep
2025-03-25"Kunstenaars skep eers; die aktivisme is ’n byproduk. Kunstenaars het die wapens van subteks en metafoor, en daarmee kan hulle regimes en vergrype deurboor en gemeenskappe mobiliseer. Hulle is die gewete van die gemeenskap."
Niggies: Die waremisdaadreeks is ’n eerste vir kykNET
2025-03-03"Dis nie net kykNET se eerste waremisdaadreeks in Afrikaans nie, maar ook die eerste maal dat daar ná elke twee episodes ’n potgooi gemaak word, waar Kabous Meiring met akteurs, vervaardigers en ander kundiges gesels oor die reeks." Maryke Roberts het met Saartjie Botha en Philip Rademeyer gesels oor hul reis as draaiboekskrywers vir Niggies, wat in Maart op kykNET debuteer.
Die Nagtegaal-teksprys: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2025-01-29"Alle teater dien die teks. Dit is die priem, die begin, die kreatiewe vonk. Daarom moet ons na skrywers omsien en hulle behoorlik vir hulle pennevrugte vergoed." Saartjie Botha praat met Naomi Meyer oor die Nagtegaal-teksprys se visie, waarom dit nou herleef en hoekom teater lewensbelangrik is.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2024-07-26"Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel."
Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha
2022-09-05"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.
Woordfees-TV 2021: ’n Onderhoud met Saartjie Botha
2021-08-31"Ons hoop dat mense wat nog nooit by ’n fees was nie, iets van die ervaring van by ’n fees wees, op die TV sal beleef." Saartjie Botha oor vanjaar se Toyota US Woordfees wat op die TV uitgesaai sal word.
Leë nagte
2021-08-03LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye
2021-03-29"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2019-02-11"Jy gaan iéts misloop – dis onafwendbaar. 'FOMO' is absoluut deel van die opwinding en bekoring van ’n fees en deel van mens se skeduleringstrategie."
US Woordfees 2018: ’n Onderhoud met Saartjie Botha
2018-02-21"100% Stellenbosch is vanjaar die US Woordfees se vlagskipproduksie en ons pak dit aan saam met Rimini Protokoll, ’n Duitse teatergroep uit Berlyn wat soortgelyke produksies al in 34 stede regoor die wêreld aangebied het."
Saartjie Botha-onderhoud: US Woordfees 2017
2017-01-25"’n Fees kan net opwindend bly as daar elke jaar nuwighede en verrassings op die program is. Ons is verbind tot die groter gemeenskap van Stellenbosch en is opgewonde om HS Cloetesville se skoolsaal vir die eerste jaar as venue te gebruik."

