Frazer Barry

Frazer Barry, gebore en grootgeword in Kleinmond. Hy is al vir meer as 20 jaar besig om verhoë nasionaal en internasionaal (Nederland en België) met Afrika-klanke te betower. Hy is al bekroon met verskeie toekennings vir musiekteaterproduksies waarby hy betrokke was, oa Lepeltjie vol snare en Die riel van hip hop. Frazer was verantwoordelik vir die musikale regie in beide produksies. Lepeltjie vol snare, met die legendariese Hannes “Slide Spoon” Coetzee, was ook genomineer vir ’n Fiësta-toekenning en het in 2018 ’n Kanna-toekenning ontvang vir beste musiekproduksie. Die kô lat ôs sing-produksie waarin Frazer nuwe musiek gekomponeer het vir Adam Small-gedigte, was ook bekroon met ’n Woordfees Trofee en kykNET Fiësta-nominasie.

Woorde op akkoorde, wat hy saamgestel het, is in 2019 vir drie Kanna-toekennings benoem: beste musiekproduksie, beste opkomende kunstenaar en bydrae tot literatuur, en is ook ’n groot hoogtepunt. Die produksie is ook genomineer vir ’n KykNET Fiësta-toekenning in 2020. Die Jakkals en Wolf-produksie waarin hy ook musikale regisseur en musikant was, met SU-Dramastudente, is ook genomineer vir ’n Kanna en is bekroon met ‘n kykNET Fiësta vir beste duo of ensemble.

Frazer doen klankontwerp vir verskeie projekte en was ook akteur in die internasionale verhoogproduksie Krotoa: Eva van de Kaap. Die produksie het in 2018 vir twee maande in Nederland getoer en was in 2019 uitverkoop by Kunstekaapteater. Eva van de Kaap is tydens die Vrystaat Kunstefees 2019 genomineer vir beste Suid-Afrikaanse debuutproduksie.

Frazer het ‘n fyn aanvoeling vir sielvolle musiek met ‘n sterk Afrika-aanslag. Sy musiekrepertoire van genres wissel van Afrika-ritmes, blues, funk en folk tot reggae, jazz, rielmusiek en hip-hop. Temas wissel van protes tot opgewekte tradisionele Boland- en Kaapse klanke. Hy is ’n musikant (komponis, musiekvervaardiger, sanger, rymkletser, skrywer, digter) en is voorsanger van Tribal Echo Band. Die groep het alreeds twee albums agter die rug: Grafte oppie Vlakte en Onner Afrika son. Hy werk tans aan sy eie solo-album, wat in 2020 die lig sien.

Elders gesien: Die Jirre het kêk gehou die nawiek

Frazer Barry Elders gesien 2024-07-30

"Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap."

Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry

Jannike Bergh, Frazer Barry Suidoosterfees 2024-04-24

"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2023-07-26

"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."

Vlieg hoog, Franci

Frazer Barry In memoriam 2022-10-19

"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."

“Skep jou eie geleenthede” – Frazer Barry oor skeppende werk en die Suidoosterfees-inryteater

Frazer Barry, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-10-26

"Die musiek is beeldskoon, eerlik en onpretensieus en is ’n getuigskrif van ons Suid-Afrikaanse musikale landskap en kultuurskat."

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

Frazer Barry Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-25

"Afrikaans is die beste voorbeeld en rigtingwyser van hoe om ’n taal akademies tot op die hoogste vlak te neem. My grootste bekommernis is dat die ander inheemse tale in Suid-Afrika uiteindelik ook die prys gaan betaal indien Afrikaans nie meer toegelaat kan word in daardie ruimtes nie."

’n Podsending met Frazer Barry

Robyn van de Rhede, Frazer Barry Onderhoude 2020-11-11

Robyn van de Rhede gesels met Frazer Barry, voorsanger van Tribal Echo Band, oor sy werk en sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees 2020, die Suidoosterfees 2020, asook die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskap-program vir opkomende liriekskrywers en sangers, waar Frazer as mentor opgetree het.

Toyota US Woordfees 2020: Woorde op akkoorde ‒ ’n viering van klank

Marli van Eeden, Frazer Barry, Diana Ferrus, Hermien de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-19

"Mense moet nie vergeet dat hulle op die enigste planeet wat hulle hul tuiste kan noem, woon nie. Ons hoop dat die produksie die gehoor gaan aanspoor om die aarde lief te hê en te versorg."

Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Frazer en Deniel Barry

Naomi Meyer, Frazer Barry, Deniel Barry NeerlandiNet 2019-09-12

"Ons hoor gewoonlik dat jy net stadig moet praat indien jy as Afrikaanssprekende in Nederland ’n gesprek voer. Alhoewel dit by tye werk, gaan jy agterkom dat Afrikaans in Afrika gevorm is en daarom ’n heeltemal nuwe taal is met oorblyfsels van ou Nederlandse woorde."

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2018-09-11

"Afrikaanse, Afrika-, Nederlandse en Vlaamse kunstenaars het groot komponente van hul tale as ’n gemene faktor. Interpretasie en aanbieding is ’n gebied waarop ons baie by mekaar kan leer. Dit is nie lekker om in isolasie te kuns nie. Mens sou graag wou glo dat ’n mens uniek is, maar die realiteit is dat al ons idees en dinge wat ons bereik, geïnspireer is deur iemand of iets anders. Ons staan op berge van informasie en ons is ewige sponse."

Wat is op jou bedkassie? Frazer Barry antwoord

Frazer Barry Boeke en skrywers 2017-12-22

LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar. Lees Frazer Barry se antwoord.

Top