Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry

  • 0

Frazer Barry praat met Naomi Meyer oor vanjaar se Festival voor het Afrikaans wat van 24–26 November 2023 in teater De Regentes in Den Haag sal plaasvind.

Klik hier vir nog inligting oor die fees.

Frazer Barry. Foto: Izak de Vries

Frazer, ek is baie bly om te hoor dat die Festival voor het Afrikaans weer vanjaar sal plaasvind. Kan ons ’n oomblik terugkyk: Is ek reg dat die fees laas in 2018 aangebied is? En toe is daar ’n vyf jaar lange stilte? Hoekom is dit belangrik om hierdie fees in Nederland aan te bied? Dalk kan jy iets oor die geskiedenis van die fees of die mees onlangse keer toe die fees aangebied is, vertel.

Ja dit is korrek. Dit was laas in 2018 aangebied. Dit is twee jaar voor en twee jaar na Covid indien ek my nie misgis nie.

............
Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor. Die fees was nog altyd daarop ingestel om op ’n internasionale skaal, die inklusiwiteit en die variëteite van Afrikaans "uit te stal".
.............

Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor. Die fees was nog altyd daarop ingestel om op ’n internasionale skaal, die inklusiwiteit en die variëteite van Afrikaans "uit te stal". Omdat Afrikaans en Nederlands soveel gemeen het, maar tog in soveel opsigte verskil, sorg dit vir ’n aangename feeservaring. Maar ook op persoonlike vlak voel dit dat jou werk as kunstenaar ontvang word sonder enige filter wat jou gaan verhoed om jou kultuur in vreemde lande uit te leef. Om wat die Afrikaanse kunste bied, toeganklik te maak vir Nederlanders en ekspats met die doel om langtermyn- kreatiewe verhoudings te bou. Dit was die motivering uit die staanspoor en ons gaan dus voort in daardie gees. Sedert 2011, toe die fees begin is, het die deure vir baie Afrikaanse kunstenaars oopgegaan met talle wat jaarliks na Nederland reis om daar te gaan optree.

Wat word vir vanjaar se fees beplan? Waar vind dit plaas? Enige idee of vroeë aanduidings van wie op die program sal wees?

Dit vind in Den Haag plaas. Die program bestaan uit musiek, letterkunde, gesproke woord, film en debat. Ek, Dean Balie en Deniel Barry is daar met ’n teaterproduksie wat spesiaal geskep is vir die fees (Verdwaalde voetspoor). Marlo Minnaar in samewerking met die fees speel in die Boesak-produksie. Amanda Strydom, Die Klimaatdigters, Ronelda Kamfer en Babs Gons, Antjie Krog en Adriaan van Dis, Brother Till / Lee-Ursus Alexander en Tribal Echo Orkes se Frazer en Deniel Barry, met Ons Perspektief: Woordkuns/Rymklets-produksie tussen Nederland en Afrikaanse kunstenaars, en dan is daar werkswinkels wat deur sommige kunstenaars aangebied word net voor die fees begin.

Van Afrikaans gepraat: ’n Onlangse film waarby jy betrokke was, en wat ’n filmprys in Cannes ontvang het, is Die ongetemde stem. Belangrike gesprekke oor Afrikaans om aan te spreek – dink jy ’n fees soos Festival voor het Afrikaans kan dalk ook mense se oë ten opsigte van Afrikaans in sy veelvlakkigheid oopmaak? Jy was al in die verlede by hierdie fees – hoe het die Nederlanders die Afrikaans daar by die fees ervaar? En jy die Nederlands?

Ja, die feit dat hierdie film die aandag van die wêreld aangegryp het, onderstreep die vervaardigers van die film asook al die Afrikaanse kunstenaars se werk wat ’n wye skakering van Afrikaans uitstal. Hou aan skep in jou taal en daar is plek vir almal se uitleef van die taal.

.....
Wanneer ons dan ons Nederlandse gehoor na die tyd ontmoet en hulle deel hoe die fees nuwe wêrelde ontsluit het, weet ons dat ons ons werk as kunstenaars gedoen het. Ek geniet die Nederlanders geweldig baie, maar dit is seker maar omdat ek die hele tyd in die kunste is dat ek meestal te doen het met deursnee- lekker mense?
.....

Kyk, jy ontmoet soms Nederlanders wat liewer vir Suid-Afrika is as wat jy is. Ek sê dit tong-in-die-kies, maar daar steek ’n waarheid daarin. Al die Nederlanders met wie ons by die feeste te doen kry, doen geweldig baie moeite om uit hul eie veilige verwysingsraamwerk te kom om iets nuuts te kom ervaar. Ek sê dit met soveel bewondering en met geweldig baie respek! Wanneer ons dan ons Nederlandse gehoor na die tyd ontmoet en hulle deel hoe die fees nuwe wêrelde ontsluit het, weet ons dat ons ons werk as kunstenaars gedoen het. Ek geniet die Nederlanders geweldig baie, maar dit is seker maar omdat ek die hele tyd in die kunste is dat ek meestal te doen het met deursnee- lekker mense? 

Ons het van Nederland gepraat. Waarmee is jy nog alles hier in Suid-Afrika besig, Frazer? Ek dink aan jou musiek, ek dink aan jou TV-program waar jy mense nooi om hul stories te vertel. Brei asseblief hierop uit en vertel vir ons lesers nog meer van jou, Frazer Barry.

Daar is twee teaterproduksies in voorbereiding. Die een is Verdwaalde voetspoor saam met Dean Balie en Deniel Barry wat in Nederland op die fees gaan speel. Die ander een is ’n produksie wat by Woordfees gaan debuteer, genaamd Lipkap se tongklap saam met Hakkiesdraad Hartman, Charlton Davids, Kerischnie Pheiffer, Earl Witbooi en Deniel Barry. Ek is ook tans besig met die tweede seisoen van die musiekdokumentêr genaamd Rymklets sonder grense 2 wat op RSG uitgesaai word. Ek kan ongelukkig nog nie oor die ander projekte praat nie, maar ek kan nie wag dat die publiek dit moet hoor, sien en ervaar nie. Die TV-program Ommie Ghellie is hierdie wonderlike geleentheid wat ek het om met die "sout van die aarde" Suid-Afrikaners te kan gesels. Die kind wat op straat geslaap het, die oom wat die kruie nog ken, die "skoonmaker" wat vir 50 jaar by een huisgesin werk, die stories van verlies, hoop, seer en oorwinning. Ons land se mense se stories. Die leefervaring. Mense is reg om te praat en die stories te deel vir die nageslag se behoud. 

............
Ek is Frazer Barry en ek woon my hele lewe lank op Kleinmond. Ek is ’n vryskutkunstenaar wat veral passievol is oor ons land se mense en ons mense se stories. Ek gebruik dus enige medium om stories te vertel, met musiek wat natuurlik my gunstelingmedium is. Toneel, musiek, woordkuns, beeldhou, visueel ... solank die storie vertel word.
................

Ek is Frazer Barry en ek woon my hele lewe lank op Kleinmond. Ek is ’n vryskutkunstenaar wat veral passievol is oor ons land se mense en ons mense se stories. Ek gebruik dus enige medium om stories te vertel, met musiek wat natuurlik my gunstelingmedium is. Toneel, musiek, woordkuns, beeldhou, visueel ... solank die storie vertel word. Ek en my gesin is verskriklik lief vir die natuur en wy graag ons aandag toe om die natuurlike omgewing en oop ruimtes in ons gemeenskap in tuine en parke te omskep. 

Lees ook:

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos

Festival voor het Afrikaans 2018: Fonteine in die Dorsland en meertaligheid

Frazer Barry: "Stilte dra die geraas"

Die ongetemde stemme van Afrikaanse musiek

Frazer Barry: "Ik heb ervoor gekozen om Khoi te zijn"

Festival voor het Afrikaans 2018: 22 en 23 September 2018

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top