André Trantraal gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

  • 0

Tydens Julie 2020 het vyf skrywers hul skrywersresidensie by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis in Somerset-Oos voltooi. 

Volgens die Jakes Gerwel Stigting is die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie. 

Van links: Jeremeo Le Cordeur, André Trantraal, Veronique Jephtas, Khadija Tracey Heeger en Olivia Coetzee

Menán van Heerden gesels met André Trantraal oor sy ervaring en sy werk. 

André Trantraal

André, wat dink jy is die grootste struikelblokke wat Kaaps in 2020 in die gesig staar en hoe kan Kaaps bevorder word? 

Die grootste stumbling block virrie taal issie stigma wat nog altyd annie taal vassit soes ’n lielike ou sticker wat jare geliede op jou kas geplak was en nou willitie affie. Ek dink baie mense dink annie taal as maa net ’n type van swak, Anglicised Afrikaans, nie net Afrikaanssprekendes ie maa South Africans in general.

Daa is ’n idea dat Kaaps as ’n taal representative van ’n lack of culture is. Niks kan vêre vannie waarheid issie. Mense wat Kaaps praat – en increasingly en unashamedly meer innit skryf – was nog altyd brilliant en creative en funny innie taal. Die res vannie wêreld kom it maa nou ees agte.

Die beste way hoe om die language van die stigma te free is om by Kaapssprekendes se complicity innie stigmatisation vannie taal te begin. Die most disturbing pushback teen Kaaps is vi my die pushback wat ôs kry van moedertaal-Kaapssprekendes wat gloe dat Afrikaans superior is. Is ve’al mense wat hulle tertiary studies in Afrikaans (moes) gedoenit wat voel dat Kaapsie “regte” Afrikaans issie. Dai moet ve’anne as ôs wil hê ôs kinnes moet die worth van hulle huistaal en therefore hulle experiences en therefore hulle stories besef. 

Wat sal jy graag wil hê mense moet van Kaaps weet? 

Ek wil hê mense moet wiet dat ôs nou ees begin et met ôs stories ve’tel. Kaaps is soes een van hai ancient cities wat hulle onnerie grond ytgrawe ná iemand ’n precious ou koppie by accident daa discover et. Ôs het nou ees begin grawe en gan nog lank vat voo ôs by die foundations ytkom. 

Wat dink jy is die persepsie van Kaaps in 2020, vir sprekers en niesprekers? Verskil dit van vorige jare? 

Die difference innie perception van Kaaps nou versus die perception van Kaaps tien jaa geliede is massive.

Nomme een, daa was bitter min mense wie innit geskryfit wie confident genoeg was om an te hou om daa’in te skryf. While die quality vannie writing, objectively speaking, vary, respect ek elke pesoon wat in Kaaps geskryfit en, meer belangrik, anhou bly skryfit voo it acceptable en popular was ommit te doen.

Ek dink die most palpable shift het gebee rondom die tyd toe Nathan Trantraal se eeste boek, Chokers en survivors, ytgekommit, of miskien, meer accurately, innie aftermath van die publication van dai enormously groundbreaking boek. Ek dinkit was soes dai moment innie movie waa die undeniable heroism van een pesoon die res vannie mense inspire om hulle swords of guns of whatever op te tel. Soe iets. 

Vertel meer oor jou werk as skrywer van strokiesprentverhale en grafiese romans. Word alles in Kaaps geskryf en watter verhale word vertel? 

Die eeste boek wat ek geskryfit was in Kaaps en Standaardafrikaans. Die twiede boek was in Kaaps en Engels. Al twie boeke is comics. Comics sal altyd my eeste liefde bly. Vi my is skryf iets wat ek doen omdat ek stories met prentjies wil ve’tel.

Prente en woorde gan vi my saam mekaa hoe lyrics en music vir ’n musician/songwriter saam mekaa gan. Comics, nes Kaaps, is oek stigmatised, wôd oek dee baie mense gesien as iets semiliterate. Ek kan jou ve’tel van allie bona fide works of art wat al innie medium produce is byvoorbeeld Palestine van Joe Sacco, of Lint van Chris Ware of Fun house van Alison Bechdel of Logicomix of Ethel en Ernest van Raymond Briggs ens.

Maa ek hou actually nie van die gradual process van respectabilisation wat oo die afgeloepe paa decades al in comics gebee en wat soe baie practitioners vannie art form soe keen op issie. Met dai bedoel ek mense vi wie it belangrik is dat hulle comics, often al klaa in boek form, in museums ytgestal moet wôd en literary pryse moet wen. Ek dink is OK om altyd bietjie distrustful te bly van establishments van alle soote.

Watter verhale moet nog vertel word in strokiesprentverhale, grafiese romans en in geïllustreerde boeke? 

Alle soote. Ôs might lack vi baie dinge in South Africa, maa stories issie een van dai dinge nie. Baie comic creators, locally en internationally, vind genre irresistible. Ammel stap rond met ’n speculative sci-fi storie of ’n high-concept fantasy trilogy of ’n dit of ’n dat op hulle mind. Daa is niks vekeed met genre nie.

So-called serious literature het oek genres: campus novel, Bildungsroman, Gothic novel, om net ’n paa te noem. Dai stories het oek, in hulle eie way, fixed conventions.

Soe in ’n way is die hele idea van genre questionable, at least waarit sommige vannie common assumptions oorie worth van genre concern. En ek wil self eendag een of twie genre stories vannie popular literature variety doen. Maa ek dink it kan moeilik wies om stories te ve’tel wat net jy met jou unique experiences as ’n individual kan ve’tel wanne certain types van genre plot boe alles, including in-depth, novelistic characterisation, prize.

Wat daa wel ’n groot shortage van is in South Africa is mense wat in Kaaps en in Afrikaans brilliant is – ek sal miskien even settle vi halfway decent-comics maak. Ôs need definitely en desperately nog sukke mense. 

Watter rol kan die kunste / grafiese romans ens speel in die vertel van versweë verhale?

Wat nice is van comics is dat niemand intimidated voel dee ’n comic boek ie. Nie hoe iemand byvoorbeeld intimidated sal voel dee ’n 350-page novel nie. Comics is disarming in dai way. It maak logical sense vi my dat mense wattie bang is vi comics lies ie quite possibly oekie bang sal is om comics te maakie.

Ienagge een wie kan teken en ’n goeie storie het om te ve’tel kan comics maak. Of miskien kan jy nie teken nie maa jy kan skryf en jy ken iemand wie kan teken en wie oek wil comics maak, en vice versa. Al wat jy need is pen en papier en visions van immortality. En dai help om al dai stories te ve’tel, die versweë verhale. 

Jou Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020 het onlangs tot ’n einde geloop. Wat neem jy van hierdie ervaring weg? 

It is my eerste residency, maa my broe en sy vrou en kind was al op ’n hele paa, including die Jakes Gerwel Stigting se inaugural writers’ residency programme, soe ek het min of meer gewiet wat om te expect. Maa ek sal oekie pretend dat ek gewoond is an five star treatment in ’n beautiful hys vir ’n hele maand ie.

Dat iets soes die JGS se residency programmes exist in ’n land waa die creation en preservation en promotion van culture, miskien understandably, nie altyd n priority issie, is ’n amazing achievement in sy own right en it mean vi my baie om deel te kan wies, in whatever modest way, van die ytbouing van die legacy van iemand soes wyle Jakes Gerwel.

My werkstasie by die Paulet Huis

Bedankinge

Om vir ’n maand in ’n pragtige huis te kan sit en skryf sonder om jou te bekommer oor alledaagse tydrowende en uitputtende aktiwiteite soos huis skoonmaak of inkopies doen of kos maak en so aan is ’n wonderlike voorreg.

As ek mag, wil ek graag vir ’n paar mense dankie sê. Eerstens wil ek die Jakes Gerwel Stigting en spesifiek ook vir Theo Kemp bedank vir die vertroue wat hulle in ons geplaas het as skrywers. Ek wil dankie sê vir Tjoppie Ferreira (en sy vrou) vir die heerlike kos, en ek wil ook dankie sê vir die dames, Elsie en Beauty, wie ons klere gewas en gestryk het, wie ons beddens opgemaak het en ons kamers uitgevee het. Dankie vir ’n onvergeetlike ervaring.

Kyk na ’n voorlesing deur André


Lees ook onderhoude met ander skrywers van die skrywersresidensie 

Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Luister ook

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie

Lees ook op Voertaal

Jakes Gerwel Stigting-skrywersresidensie: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Miriam Van hee

Identiteit en versweë geskiedenisse: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Rachida Lamrabet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top