Skrywershuis se dak behoorlik natgemaak

  • 1

Paulet Huis in Somerset-Oos, wat aan wyle Jakes Gerwel behoort het, is Saterdagaand, 14 September, amptelik as skrywershuis geopen.

Dié historiese woning is deur Phoebé Gerwel, weduwee van Gerwel, aan die Jakes Gerwel Stigting geskenk om tot voordeel van skrywers benut te word. Hierdie gebou is reeds in 1825 deur Charles Somerset vir sy tweede vrou, Poulette, opgerig.

Die vieringe is afgeskop met trekklaviermusiek deur Niël Rademan, waarna die gaste verwelkom is deur Brian Figaji, die voorsitter van die Jakes Gerwel Stigting.

Daarna het Bonisile Manxoweni, burgemeester van die Blue Crane-munisipaliteit, gepraat oor die belang van so ’n skrywershuis vir die dorp.

Dr Annari van der Merwe, ’n trusteeraadslid van die stigting, het gepraat oor haar jarelange vriendskap met Gerwel en hoe sy huis eers daar uitgesien het. Hein Gerwel, seun van Jakes Gerwel, het sy herinneringe aan sy pa gedeel en gepraat oor die groter konsep van wat familie beteken.

Die aand is afgewissel met musiek – onder andere deur Terry Fortune. Hy het hulde aan Phoebé Gerwel gebring as filantroop wat met ’n oophand vir die kunste leef. 

’n Hoogtepunt op die program was die Soweto String Quartet wat ook saam met drie plaaslike jong, uiters talentvolle leerders opgetree het, naamlik Junior Yantola, Lisikhanya Gcocini en Cindy Ngwalangwala.

Antjie Krog en Ronelda Kamfer het in ’n dialoog uitgewys wat die belangrikheid is van ’n skrywerswoning soos Paulet Huis en hoe dit kan bydra tot die bevordering van die letterkunde.

Kamfer het voorts ’n artikel van Jakes Gerwel voorgelees waarin hy pleit vir die plek van Afrikaans in ’n post-apartheid Suid-Afrika. Krog het van Gerwel se gunsteling-verse deur NP van Wyk Louw voorgedra en ’n spesiale gebaar van herinnering is deur haar en Kamfer aan Gerwel gebring. Basil Appollis, teatermaker en akteur, was die seremoniemeester en het gesorg vir ligte oomblikke.

Ronelda Kamfer (Foto: Tamara Gerwel)

Hein Gerwel en Antjie Krog (Foto: Tamara Gerwel)

Ronelda Kamfer gooi ’n glasie wyn ter herinnering aan Jakes Gerwel (Foto: Jomarle Botha)

Beneatha Adams (Foto: Tamara Gerwel) en Bonisile Manxoweni, burgemeester van die Blue Crane-munisipaliteit (Foto: Jomarle Botha)

Annari van der Merwe en Brian Figaji, voorsitter van die Jakes Gerwel Stigting (Foto’s: Jomarle Botha)

Pre-drinks (Foto: Tamara Gerwel)

Niël Rademan op trekklavier en Terry Fortune (Foto’s: Jomarle Botha)

Paulet Huis in Somerset-Oos (Foto: Tamara Gerwel)

Van links: Ronelda Kamfer, Seymour Trantraal, Antjie Krog en Nathan Trantraal (Foto: Jomarle Botha)

Hein Gerwel en Basil Appollis (Foto: Tamara Gerwel)

Brian Figaji, Terry Fortune, Niël Rademan en Basil Appollis (Foto: Tamara Gerwel)

Bedanking aan Phoebé Gerwel (Foto: Tamara Gerwel)

Terry Fortune en Phoebé Gerwel (Foto: Tamara Gerwel)

Tommy en Moira Gerwel (Foto: Jomarle Botha)

Soweto String Quartet (Foto: Tamara Gerwel)

Seth Gerwel en Alan Burgess (Foto: Tamara Gerwel)

Christa van Gend en Annari van der Merwe (Foto: Jomarle Botha)

Basil Appollis en Brian Figaji (Foto: Tamara Gerwel)

Terry Fortune en Judy Sikuza (Foto: Jomarle Botha)

Moira, Hein en Tommy Gerwel (Foto: Tamara Gerwel)

  • 1

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Volgens die een kant van die uithangbord en die plakkaat waarin erkenning aan Phoebe Gerwel gegee word, lyk dit nie asof voorkeur aan Afrikaans bo Engels gegee word nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top