Theo Kemp

Theo Kemp is die programbestuurder van die Absa KKNK en is ook betrokke by die Breytenbach Kultuursentrum op Wellington. Hy behaal in 2000 sy meestersgraad in Afrikaans en Nederlands cum laude aan die Universiteit Stellenbosch met die tesis “Deur die sleutelgat: ’n Ondersoek na die voyeuristiese elemente in die poësie van Johann de Lange”. Theo het sy MA in Kreatiewe Skryfkunde in 2011 aan die US behaal en sy debuutroman, Skool, verskyn in 2011 by Tafelberg-uitgewers.

 

Opgedateer/Updated: 2011-04-26

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Suidoosterfees 2025: ’n onderhoud met Theo Kemp oor die Jakes Gerwel-gesprekke

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2025-03-19

"Die gesprekke is heeltemal gratis en verniet en pasella. Jy kry op die koop toe nog ’n koffie ook gratis! Jy moet egter wel groot asseblief jou plek op Webtickets bespreek, want daar is beperkte plekke."

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2024-04-22

"Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied."

Elders gesien: ’n vinnige feitelys van New York

Theo Kemp Elders gesien 2022-11-01

"New Yorkers is nie onbeskof nie, hulle wil seker maak jy verstaan baie, baie mooi."

Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022

Naomi Meyer, Theo Kemp, Catrina Wessels Onderhoude 2022-06-29

Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."

Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

Melt Myburgh, Theo Kemp Onderhoude 2022-04-20

Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.

Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Dana Snyman

Theo Kemp Boeke en skrywers 2021-03-10

Mondelings, smaaklike geleenthede vir boekvrate en smulpape, het op 4 Maart afgeskop met die gewilde skrywer Dana Snyman wat met Kabous Meiring oor sy werk gepraat het. Hier is foto’s van die geleentheid.

COVID-19: Februarie 2021 se virusnarratiewe

Naomi Meyer, Trisa Hugo, Mashi Sauls, Sonja Paulse, Rosa Lombaard, Theo Kemp Onderhoude 2021-02-02

Is inentings die antwoord? Hoe voel jou gemeenskap in hierdie tyd oor COVID-19? Wie dra nog maskers? Naomi Meyer het ’n paar lesers in hierdie tyd oor hul ervarings van COVID-19 gevra.

As ek jou nog een keer kon optel

Theo Kemp In memoriam 2020-10-16

Theo Kemp bring hulde aan Ampie Coetzee.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."

Kwarantynketting: "Die jaar toe ons herfs gemis het" deur Theo Kemp

Theo Kemp Kwarantynketting 2020-04-30

"Die lekkerste deel van Stellenbosch is om op só ’n helder herfsdag in die berg te gaan stap. Om die sagte son op jou vel te voel, die heuning in die fynboslug te ruik, en daarna yskoue witwyn onder die rooiwingerdblaarprieel van De Cameron-restaurant te gaan drink."

Skrywershuis se dak behoorlik natgemaak

Theo Kemp Boeke en skrywers 2019-10-30

"Paulet Huis in Somerset-Oos, wat aan wyle Jakes Gerwel behoort het, is Saterdagaand, 14 September, amptelik as skrywershuis geopen."

Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos

Ronelda Kamfer, Theo Kemp Boeke en skrywers 2019-08-16

In die winter het ses skrywers, in samewerking met PEN Afrikaans, op Somerset-Oos in die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis aan hulle manuskripte gaan werk. Hier is ’n paar kiekies – soos deur die oë van Ronelda S Kamfer.

Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp

Naomi Meyer, Theo Kemp Skrywersonderhoude 2019-02-27

"Ons het na al die eeue steeds geen idee wat ons moet doen met hulle wat ons gekoesterde samelewing bedreig en skaad nie."

Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips: ’n resensie

Theo Kemp Resensies 2018-11-28

"Sekerlik die grootste bate van Liefde in die tyd van die internet is dat die Russiese leefwêreld tot ‘n groot mate oopgeskryf word in Afrikaans. Die impak van die roman, die boheemse tekstuur, sou nie naastenby dieselfde gewees het as die sprokie ter plaatse afgespeel het nie."

Aardklop 2018: ’n Toeganklike en prikkelende boekeprogram

Yolanda du Toit, Theo Kemp Boeke en skrywers 2018-09-27

"Vanjaar is daar heelwat meer niefiksie-titels op die program as vantevore. Ons het gevind dat die meeste van die feesgangers wat die ATKV-Boeke-oase bywoon, graag wil saamgesels oor sake van die dag."

Top