Elders gesien: ’n vinnige feitelys van New York

  • 0

Theo Kemp skryf op Facebook:

As ons reis, maak ek en Magdel ’n vinnige feitelys.

Hier is myne:

1) New Yorkers praat kliphard met hulself op straat – tot jy besef dis selfoongadgets in hul ore;

2) daar gaan amper soveel aan onder die grond as daar bo;

3) die stoom in die strate maak alles meer soos ’n movie;

4) Downtown is interessanter as Uptown;

5) honde is alles en oral;

6) Halloween is soos Krismis;

7) New Yorkers is nie onbeskof nie, hulle wil seker maak jy verstaan baie, baie mooi; die boekwinkels het drie vlakke; jy kan ’n boek neem op ’n blind date;

9) dat jy nooit by al die restaurante sal uitkom nie, is waar;

10) die sirenes is harder, die rygoed groter, die geboue hoër, die kaaskoek lekkerder, die whiskies altyd dubbels en die herfs soveel herfser.

Dit is volbring.

Ek sien uit na my mense en om in rand te betaal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top