Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Dana Snyman

  • 1

Storievrate en smulpape kan ’n reeks skrywersgeleenthede bywoon wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge, sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers. Marilou Ferreira, bekende spysenier op die dorp, bied hierdie geleenthede aan en sal die gaste trakteer met ’n driegang-ete wat telkens die skrywers van die aand se gunstelingdisse insluit.  Die aand word verder ingekleur deur musiek en die voorste wyne uit die omgewing.  Die boeke sal verder te koop wees, met die skrywers wat dit graag sal onderteken.

Hierdie reeks, genaamd Mondelings, is op 4 Maart afgeskop met die gewilde skrywer, Dana Snyman, wat met Kabous Meiring oor sy werk gepraat het. In Dana se nuutste boek, Onder een dak, deel hy 100 van sy gunstelingstories wat strek van familiestories uit Dana se seunsjare tot intieme onlangse vertellings, waar hy met skerp waarneming ons land en sy mense betrag.

Theo Kemp het foto’s van die geleentheid verskaf.

Botmaskop

Dana Snyman en Kabous Meiring

Vonkelwyn by die aankoms

Marilou Ferreira, sjef van die geleentheid

Marie Henneke van Avec Mari agter die kospotte

Dana Snyman, en sy groot liefde, Erna

Dana Snyman

Dana se boeke is by die geleentheid verkoop.

Dana se gunstelingboerekos is by die geleentheid bedien.

Volgepakte stoep by eerste Mondelings-geleentheid

Gesprek by koplig

Die tafels is gedek vir die geleentheid.

Heerlike wyn is die aand bedien

Hier is nog inligting:

Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen

  • 1

Kommentaar

  • Wat 'n voorreg om dié geleentheid te kon bywoon. Alles was puik! Venue, kos, wyn, onderhoud met Dana deur Kabous, geselskap en en ... Beslis aan te beveel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top