Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?

  • 0

Bradley van Sitters* het oornag bekend geword met die debat rondom die taal wat hy gepraat het tydens sy lofsang voor president Ramaphosa se staatsrede in die parlement op 20 Junie.

Van Sitters, die eerste Khoi-lofsanger wat een van ons presidente al voor ’n staatsrede geprys het, het kritiek uit verskeie oorde ontvang.

Bradley van Sitters (Foto: YouTube)

Kritici en ondersteuners het na verskeie tale en terme verwys:

  • die “Khoisan-taal”
  • Khoekhoegowab
  • Nama
  • “’n spesifieke streekstaal van Namibië (gemeng met Noord-Kaapse Nama)”
  • die groep Damara-Namas.

Hier volg wat kenners op LitNet, Menán du Plessis en Kerry Jones, in die verlede oor die definisies van hierdie tale, die betrokke etniese groepe, en Khoekhoegowab as medium van onderrig gesê het: 

Wat is die verskil tussen Khoekhoegowab en Nama?

Waar pas die etniese groepe die Khoekhoe, die Nama en die Damara in?

> -gowab in Khoekhoegowab beteken “taal”, dus die taal van die Khoekhoe. 

> Khoekhoe word uitgespreek as “Khwekhwe”.

> Linguisties gesproke verwys Khoekhoegowab / Namibiese Khoekhoe na ’n groep dialekte.

> Nama verwys na die suidelike dialek van Khoekhoegowab in Namibië.

…………………

Lees LitNet se eerste Nama-artikel hier: 

https://www.litnet.co.za/khoekhoegowab-ti-%C7%82nisasib.

…………………

> In die noorde van Namibië word nouverwante dialekte van Nama gepraat, soos variëteite van Dama en Haiǁom.

> Khoekhoegowab, die inklusiewe naam van die Khoekhoe-dialekte wat in Namibië gepraat word, verwys dus nie slegs na Nama nie.

> Khoekhoegowab word dus hoofsaaklik deur drie etniese groepe gepraat: die Nama, Damara en Haiǁom.

> Khoekhoegowab verwys na ongeveer 16 dialekte van Nama, Dama en Heiǁom.

> Die verskillende Khoekhoe-dialekte vorm dus ’n kontinuum, oftewel ’n dialekspektrum.

> In Namibië praat om en by 200 000 mense Khoekhoegowab.

> Nama is die enigste Khoekhoe-variëteit wat steeds in Suid-Afrika gepraat word, met om en by 2 000 sprekers.

Kom ons kyk wyer: die “KhoiSan”-tale

♦ Daar is drie taalfamilies wat onder die etiket “KhoiSan”-tale ingedeel word: 

1. KHOE-taalfamilie 
2. JU-taalfamilie 
3. TUU-taalfamilie.

♦ Die KHOE-taalfamilie bestaan uit twee groepe: 

1. Khoekhoe-KHOE 
2. Kalahari-KHOE (tradisioneel deur die San gepraat).

♦ Soos reeds genoem is Khoekhoegowab die inklusiewe naam van die Khoekhoe-dialekte:

Nama, ’n Khoekhoe-dialek, word dus geklassifiseer onder Khoekhoe-KHOE.

Kora / Koranataal is ’n Suid-Afrikaanse Khoekhoe-dialek.

Ander Suid-Afrikaanse Khoekhoe-dialekte sluit in Giri/Xiri/Griekwataal (deur die Griekwas gepraat) en Gona (Oos-Kaap). 

♦ Kalahari-KHOE het ’n paar subgroepe (Khwe, Naro, ǁGana-ǀGui, Shua en Tshwa).

♦ Buiten die KHOE-taalfamilie is daar twee ander groot families wat onder die etiket “KhoiSan” verdeel word, naamlik die JU-familie en die TUU- (of !Ui-Taa-) familie.

♦ Tale/dialekte van die JU- en TUU-families word deur die San gepraat.

’n Dialek van die TUU-taalfamilie is byvoorbeeld !Xam. 

Dialekte van JU sluit oa Ju|'hoansi en !Xun in.

…………………

Interessante feite

1. San is ’n Khoekhoe-term.

2. Die taal op die landswapen is !Xam (nie Nama nie).

Maar die motto sluit ’n woord in wat aan Khoekhoe ontleen is: ǀxara, wat  “anders” of “verskillend” beteken

3. Kaapstad se inheemse naam is //Hui !Gaeb (volgens Bradley van Sitters). 

4. Tafelberg se inheemse naam, Hoerikwaggo, beteken “berg by die see” 

 …………………

Is die term “Khoisan”-tale dus korrek?

Menán du Plessis verduidelik:

◊ “KhoiSan is a convenient catch-all label.”

◊ “There are a number of misconceptions about it, and some people even believe it is meaningless!”

◊ “It has, in fact, a well-established and clearly defined meaning, and has been widely used by linguists for several decades as an umbrella term for those click languages of southern Africa that do not obviously belong to any other family. It is used, in other words, to refer collectively to the KHOE, JU and TUU families – without any implication of any relationship between them.”

◊ “It is useful to keep in mind that neither of the terms ‘Khoi’ or ‘San’ refers to a language group.”

◊ “Some speakers of KHOE languages were traditionally herders – the Khoi of the early Cape and the interior of the country, as well as the Little and Great Namaqualand areas. Other speakers of KHOE languages – in particular, languages belonging to the Kalahari branch of the family – were traditionally hunter-gatherers [San].”

◊ “The term ‘Khoisan’ is simply a label of convenience and is used by linguists in a very general way to refer collectively to the three main families of southern African languages that use clicks as part of their phoneme inventories – but which are not (or, at least, are not obviously) related to any languages of the immense Bantu family.”

◊ “Not everyone is in agreement that the three families of southern Africa are actually even related. Some linguists also include two ‘click languages’ of Tanzania, namely Hadza and Sandawe, under the general heading of ‘Khoisan’, but there is no strong evidence that the two are even related to each other, let alone to any of the southern African families.”

Is dit meer akkuraat om “Khoekhoe” in plaas van “Khoikhoi” te skryf?

Menán du Plessis verduidelik:

⇒ “On the issue of Khoekhoe versus Khoikhoi versus Khoekhoen: this is as much debated as almost every other issue pertaining to this field!”

⇒ “It is true, at least, that the Khoekhoe root meaning ‘person’ is more accurately represented as khoe than as khoi. The use of the reduplicated form reflects a usage within the language itself, however – as does the use of the suffix -n, which marks the 3rd person common plural. There is a long tradition, nevertheless, of representing the name in German and English writing as Khoikhoi, even though the most natural anglicised version would, strictly speaking, not include the reduplication. For my part, I prefer to use the well established and appropriately naturalised term ‘Khoi’ for writing in English – although I would hesitate to be too prescriptive on this point!”

Is daar enige boeke in Khoekhoegowab publiseer?

Kerry Jones gee ’n paar voorbeelde:

  • Voorbeelde van publikasies: Khoekhoegowab-Engels-woordeboek (2002); Ortografie en grammatikale beskrywings (1977) en die volle Bybel (1966).
  • Die Namibian Children’s Book Forum het reeds oor die 30 boeke (insluitend kortverhale, gedigte en teaterstukke) vir kinders gepubliseer.

Is Khoekhoegowab ’n medium van onderrig?

Kerry Jones gee ’n paar voorbeelde:

» Khoekhoegowab is ’n amptelike medium van onderrig in Namibië (tot graad 12, met Khoekhoegowab-sillabus).

» Khoekhoegowab-studies en Khoekhoegowab as voorgraadse vak (Applied Languages) word by die Universiteit Namibië aangebied.

» In Suid-Afrika word Khoekhoegowab in die Noord-Kaap by die Riemvasmaak Primêre Skool en Johan Hein Primêre Skool in Kuboes aangebied in graad R (en ook as ’n ekstrakurrikulêre aktiwiteit).

…………………

* Bradley van Sitters is die medefasiliteerder van die Khoekhoegowab-taalkursus by UK en ’n lid van die Aboriginal/Xarra Restorative Justice Forum se taalkommissie. Van Sitters is ook betrokke by die Departement Afrikaans en Nederlands by die US, waar hy vir die afgelope drie jaar taalklasse vir kinders en volwassenes aanbied. Lees meer oor die Afri-Kwé-taalprojek hier.

Lees ook

Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans

Bronne

https://www.litnet.co.za/die-afri-kwe-taalprojek-beklemtoon-historiese-en-toekomstige-verbintenisse  

https://www.litnet.co.za/die-ju-hoan-tsumkwe-dialect-prentewoordeboek-vir-kinders  

https://www.litnet.co.za/indigenous-khoisan-languages-interview-menan-du-plessis  

https://www.litnet.co.za/kora-a-lost-khoisan-language-an-interview  

https://www.jacarandafm.com/news/news/watch-khoisan-praise-singer-makes-history-sona

http://www.thejournalist.org.za/spotlight/indigenous-liberation-walk-a-human-rights-focus

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/khoekhoegowab-woorde-by-staatsrede-is-seenbede-20190621

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/pryssanger-gekap-oor-sy-nama-uitspraak-20190622

https://ewn.co.za/2019/06/21/outrage-over-first-khoisan-praise-singer-at-sona

https://www.enca.com/news/sona-khoisan-praise-singer-criticised

http://www.sabcnews.com/sabcnews/bradley-van-sitters-defends-sona-performance

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/first-khoisan-praise-singer-at-sona-gets-tongues-wagging-and-clicking-20190620

Dominic Adriaanse. “Indigenous activists hail Khoi praise singer”. Cape Times [aanlyn]. 24 Junie 2019.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top