Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind.
Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien.
Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree.
Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.

Op die tweede dag van die fees, 5 September, het tienduisende mans en vroue teen geslagsgebaseerde geweld protesteer. Teen vroeg-aand was daar plakkate in die strate en in die Raptor Room, een van die venues by die fees. Tydens een van die gesproke-woord-optredes by die Fugard-teater, wat Sondag plaasgevind het, was daar ’n oomblik van stilte gehou vir Suid-Afrika. #AmINext #UyineneMrwetyana
- Foto’s en video: Menán van Heerden
Lees ook op Voertaal
"I ended up writing poetry because of the Wachowskis" – an interview with Simone Atangana Bekono
"Ons beleef ’n gesonde digkuns-era": ’n onderhoud met Diana Ferrus













