’n Fotogalery | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

  • 0

Magiese dinge gebeur in die Karoo, soos wanneer Jan van Tonder se kop aan die brand skyn te wees. (Foto: Johan Kotze)

Die vlammende kop kom ook voor in Gebeente, Etienne van Heerden se roman wat by hierdie jaar se Veldsoirée bekendgestel is. Meng feite en fiksie so maklik in die Karoo? (Foto: Menán van Heerden)

Die veldsoirée gaan oor meer as fiksie. Talle indringende vraagstukke is ook aangespreek. Tembeka Ngcukaitobi het oor die herverdeling van grond kom gesels. (Foto: Johan Kotze)

Mpush Ntabeni het die gesprek oor grond gelei. (Foto: Johan Kotze)

Kuns en vetplante, droogte, water en grond, fiksie en die akademie vorm alles deel van die ervaring in Cradock tydens die veldsoirée. (Foto: Menán van Heerden)

Selfs turksvye het ’n spreekbeurt gekry. Luvuyo Wotshela het oor die sosiologie van dié bekende plant gesels. Hy is die medeskrywer van The sociology of the prickly pear. (Foto: Johan Kotze)

Die aalwyne het in stilte saam geluister. (Foto: Menán van Heerden)

Tydens die veldsoirée het Gys Loubser vir LitNet Akademies se prestige-SteedsDink-videoreeks met agt prominente akademici oor hul navorsing en die stand van hul vakgebiede gesels. Hierdie onderhoude sal oor ’n tydperk van ‘n paar maande op LitNet verskyn. (Foto: Etienne van Heerden)

Daar was tyd om na te dink. (Foto: Menán van Heerden)

Tydens maaltye het die gesprekke voortgeduur. (Foto: Johan Kotze)

Ook by die kroeg is staaltjies gedeel. (Foto: Izak de Vries)

Kuier-kuier is gesprekke voortgesit voor die rugby begin het. (Foto: Johan Kotze)

Sihle Khumalo het almal aangemoedig om te gesels oor dinge wat hulle ongemaklik maak. Hy het oor sy boek Milk the beloved country gepraat. (Foto: Johan Kotze)

Imke van Heerden het gesels oor ’n onderwerp wat baie mense ongemaklik laat voel: kunsmatige Intelligensie (KI), en veral KI se moontlike oorname van die skeppende proses wat skrywers en kunstenaars sou kon knou. Sy vermoed dat KI nog nie ernstige literatuur sal kan oorneem nie. Imke het die digbundel Silwerwit in die soontoe geskryf saam met die taalmodel AfriKI, wat sy saam met haar man, Anil Bas, gebou het. (Foto: Johan Kotze)

Die ATKV-skryfskool

Die ATKV-skryfskool het twee kursusse aangebied as deel van die Etienne van Heerden Veldsoirée om skrywers te help.

Hans du Plessis het die prosakursus aangebied. (Foto: Izak de Vries)

Die prosa was gewild, met 29 deelnemers. (Foto: Izak de Vries)

Bernard Odendaal het die poësiekursus aangebied. (Foto: Izak de Vries)

Daar was nege deelnemers aan die hierdie kursus. (Foto: Izak de Vries)

Clinton V du Plessis, naaste aan die kamera, is ’n digter van Cradock. Hy het ook sy insette by die poësiewerkswinkels kom gee. (Foto: Izak de Vries)

Boeke en skrywers

Verskeie skrywers het oor hul boeke gesels. Hier bo is reeds ’n paar genoem.

Jan van Tonder het oor sy Sagie­-boeke gesels. Darryl David het sy outobiografie BookBedonnerd: Literary journeys on the road to elsewhere bekendgestel. Etienne van Heerden het oor Gebeente gesels, en Marita van der Vyver oor Laaste kans. (Foto: Johan Kotze)

Eben Venter was daar om oor sy Decima te praat. (Foto: Johan Kotze)

Hans du Plessis het oor Inkommers gesels. (Foto: Johan Kotze)

PP Fourie het oor ’n Hart is so groot soos ’n vuis en Ons skulde gesels. (Foto: Johan Kotze)

Bettina Wyngaard is genooi om oor Lokval en die ander boeke in hierdie reeks te kom praat. (Foto: Johan Kotze)

Anchien Troskie se bydrae het oor haar Die laaste kanariegeel notaboek gehandel. (Foto: Izak de Vries)

Akademici en aktiviste

Die veldsoirée stimuleer gesprekke en denke.

Hein Willemse het twee lesings aangebied. (Foto: Johan Kotze)

Christi van der Westhuizen het ook twee lesings aangebied. (Foto: Johan Kotze)

Linda Roothman het deur ’n geogebaseerde lens na enkele van Etienne van Heerden se werke gekyk. (Foto: Johan Kotze)

Paul Murray het Cradock as ’n garnisoendorp ondersoek. (Foto: Johan Kotze)

Luan Staphorst se lesing “Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit” het mense nogal laat praat. (Foto: Johan Kotze)

Christo van der Rheede het ’n lesing oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse landbou gelewer. (Foto: Johan Kotze)

Theo Venter het oor toekomskunde gepraat. (Foto: Johan Kotze)

Barend la Grange en Freek Robinson het verduidelik hoe gemeenskappe kan hande vat om hulself en die land te verbeter. (Foto: Lisa Antrobus)

Vanjaar was Estelle Marais die feeskunstenaar. (Foto: Izak de Vries)

Besoek aan die Cradock Vier se gedenktuin

Dit het reeds ’n instelling geword om tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée erkenning te gaan verleen aan die lewe en werk van die Cradock Vier. (Foto: Johan Kotze)

Hier kan ’n mens ’n oomblik stil word om die verlede te gedenk. (Foto: Johan Kotze)

Daar is ook heelwat inligting vir diegene wat belangstel om meer te wete te kom. (Foto: Johan Kotze)

Die tuin self is baie mooi. (Foto: Menán van Heerden)

Die omgewing

’n Groot deel van die Etienne van Heerden Veldsoirée se sjarme lê in die lieflike omgewing waarin dit afspeel. (Foto: Izak de Vries)

Net voor die afskop: Die saal is gereed vir indringende gesprekke wat hier sou plaasvind. (Foto: Etienne van Heerden)

Die Victoria Manor is lieflik. Meer nog: Dit is ’n etiese ruimte én ’n estetiese ruimte. Die meeste van die personeel werk reeds meer as tien jaar hier, sommige reeds meer as twintig jaar. (Foto: Menán van Heerden)

Die Tuishuise is oor die jare gerestoureer en deel gemaak van die gasvryheidsbedryf. Die Tuishuise en Victoria Manor is ten nouste betrokke by ander projekte in Cradock en die omgewing daaromheen. (Foto: Menán van Heerden)

Die huisies het dus nie bloot sjarme nie; hulle lewer ’n bydrae tot talle gesinne se welsyn in die Karoo. (Foto: Menán van Heerden)

Lisa Antrobus-Ker bestuur Die Tuishuise en Victoria Manor. Haar ma, Sandra Antrobus, het die proses van heropbou en restourasie begin. (Foto: Johan Kotze)

Hier kan ’n mens rustig raak. (Foto: Izak de Vries)

Die kos wat bedien word, is uit die boonste rakke. (Foto: Etienne van Heerden)

Die gesprekke wat hier plaasvind, is meer werd as geld, maar van belang is dat die Etienne van Heerden Veldsoirée ’n beduidende bydrae lewer tot Cradock se ekonomie. Talle gastehuise, nie net die veldsoirée se borge nie, baat direk by die fees. (Foto: Etienne van Heerden)

Die omgewing is ouwêrelds, maar die gesprekke by die veldsoirée is relevant, uitdagend en ondersoekend. (Foto: Izak de Vries)

Die Biblioteek aan die Einde van Wêreld waar die prosadeel van die ATKV-Skryfskool deur Hans du Plessis aangebied is. Die villa aan die ander punt van Markstraat, waar die Victoria Manor en die 35 gerestoureerde Tuishuise ingerig is. (Foto: Etienne van Heerden)

Die Biblioteek aan die Einde van Wêreld sal as ’n boek- en dokumentasiesentrum gebruik word, en om slypskole, seminare en dies meer aan te bied. (Foto: Etienne van Heerden)

Teëls wat ingelê is in die Biblioteek aan die Einde van Wêreld se kaggel. (Foto: Izak de Vries)

Die komiteekamer in die Victoria Manor waar die poësiedeel van die ATKV-skryfskool deur Bernard Odendaal aangebied is. (Foto: Izak de Vries)

Izak de Vries, logistieke bestuurder van die veldsoirée, net voor die afskop daarvan. (Foto: Etienne van Heerden)

Darryl David, feesimpresario, heet almal welkom. (Foto: Johan Kotze)

Marita van der Vyver se man, Alain, het saam met haar die Oos-Kaap kom ondersoek. Hier is hulle saam met Helené Coetzee van NB Uitgewers. (Foto: Johan Kotze)

Ook Imke van Heerden se man, Anil, wat ’n Turkse burger is, was verruk deur die oopheid van die Karoo. Hier is Imke, Anil en Imke se sussie, Menán. (Foto: Izak de Vries)

Of ons onder feetjieliggies kuier, soos in die groot saal by Buffelshoek DiRosie Lodge, of in die opelug ronddwaal, die Oos-Kaap en die Karoo bly ’n belangrike deel van die veldsoirée se wese. (Foto: Menán van Heerden)

Die Orde van die Windpomp is vanjaar aan Clinton V du Plessis toegeken vir sy skeppende werk wat uitdaag en inlig, en ook vir die feit dat hy die sosiale media benut om mense te bereik. (Foto: Johan Kotze)

Brenda, Mpush Ntabeni se genoot, het skoon nostalgies geword daar by die groot vuur wat by Buffelshoek DiRosie Lodge aangesteek is. Sy onthou nog hoe sy as kind om ’n vuur soos hierdie na haar ouma se stories geluister het. (Foto: Izak de Vries)

  • Teks: Izak de Vries. Foto’s: Soos aangedui.
Lees ook:

Die sprekers | The speakers: Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

’n Soirée saam met my suster 

’n Ode aan die Orde van die Windpomp

Orde van die Windpomp 2023 aan Clinton du Plessis | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors

ATKV-Skryfskool

Dagbreek Trust

Die Tuishuise en Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

Amazwi

NB Uitgewers/NB Publishers

Penguin Random House

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top