...
Die koste om hierdie skryfskool by te woon, beloop slegs R350, en dit sluit alle kursusmateriaal in.
...
Wil jy leer skryf en boonop vir Jan van Tonder, Marita van der Vyver, Clinton du Plessis, PP Fourie, Bettina Wyngaard, Eben Venter, Bernard Odendaal, Hans du Plessis, RR Ryger, Mphuthumi Ntahbheni, Anchien Troskie, Sihle Khumalo en Etienne van Heerden ontmoet?
Die Etienne van Heerden Veldsoirée vind van 22 tot 24 September 2023 in Cradock plaas.
Tydens dié geleentheid bied Hans du Plessis en Bernard Odendaal, albei voormalige hoogleraars aan die Noordwes-Universiteit, ’n ATKV-Skryfskool aan.
Die koste om hierdie skryfskool by te woon, beloop slegs R350, en dit sluit alle kursusmateriaal in.
Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.
Wat meer is, hierdie R350 gee ook aan deelnemers gratis toegang tot al die gespreksessies tydens die veldsoirée. Daar is slegs twee sessies waarvoor kursusgangers ekstra sal moet opdok, as hulle dit sou wou bywoon. Die ander ses sessies sal kosteloos wees vir deelnemers aan die skryfskool. Boeke wat bespreek sal word, sluit in PP Fourie se Ons skulde, Marita van der Vyver se Laaste kans, Bettina Wyngaard se Lokval, Eben Venter se Decima, Anchien Troskie se Die laaste kanariegeel notaboek, David Viviers se Mirage, Darryl David se BookBedonnerd: literary journeys on the road to elsewhere en Etienne van Heerden se Gebeente.
Sien die volledige program hier.
Hans du Plessis sal voornemende skrywers van prosa touwys maak en Bernard Odendaal sal voornemende digters met hul werk help.
Die prosaskrywers word aangemoedig om ’n eie kortverhaal na die skryfskool te bring, en die digters word versoek om een of twee eie gedigte saam te bring.
Die kursus word aangebied in die Victoria Hotel op Cradock en begin om 09:00 Vrydagoggend 22 September.
Die ATKV is die hoofborg van die ATKV-Skryfskool.
Verskeie van ons land se politieke kommentators en joernaliste sal ook by die Etienne van Heerden Veldsoirée teenwoordig wees.
Daar is goeie verblyfopsies in Cradock, maar deelnemers word aangemoedig om verblyf by Die Tuishuise & Victoria Manor of by Buffelshoek DiRosie Lodge te ondersoek. Beide instansies verskaf ruim borgskappe om die Etienne van Heerden Veldsoirée moontlik te maak.
Om saam te vat: R350 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.
Bespreek nou vir die ATKV-Skryfskool by reservations@tuishuise.co.za of (048) 881 1650.
Die program | The programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023
Vir verblyf:
- Besprekings by die Tuishuise kan geskied by https://tuishuise.co.za of reservations@tuishuise.co.za.
- Besprekings by Buffelshoek DiRose Lodge kan geskied by https://buffelshoekcradock.co.za of gamelodge@gmail.com.
Kommentaar
Ek stel belang om deel te wees van hierdie skryfskool. Ek sal navraag doen oor verblyf, dit sal bepaal of ek dit kan bywoon (21), 22, 23, 24 en (25) September. Ek is van Upington.
Wat behels die ekstra kursusse en wat is die koste daarvan?
Mercia. Al die gespreksessies is gratis. Die spitbraai (Saterdagaand) sal nie wees nie, en die besoek aan Schreiner se graf (Sondagmiddag) sal ook nie wees nie. Ons is nog nie presies seker wat die koste sal wees nie, maar ek raai in die omgewing van R200 tot R300 elk. Dit is egter 'n raaiskoot.
Goeie more
Ek stel belang om skryfskool by te woon.
Stephanus, die kontakbesonderhede is in die berig.
Dankie Izak. Ek sal wag tot ek die totale kostes het, ek moet 'n korrekte kwotasie indien. Sien baie uit hierna! Ek het reeds akkommodasie bespreek
Ek het nou al heel paar keer na die skryfkursusinligting bekyk. En gewonder. Ek wil dalk inskryf. Ek het nog nooit geskryf nie, behalwe verpligte skoolopstelle. Maar daar is baie stories in my kop. Kan mens net gaan leer en luister en by die huis gaan speelskryf waar niemand jou hoor of vir jou kyk nie? Natuurlik sal ek my volle fooi betaal.
Maryna. Ja. Hierdie ATKV-skryfskool is vir almal. Niemand gaan jou dwing om jou werk te deel nie. Jy sal sien deelnemers word aangemoedig om iets saam te bring, maar dit is ook nie 'n voorwaarde nie. Dit is wel iets wat vir jou sal help om met iets op te daag en dan oor jou eie werk, in jou binnekamer, te dink.
Een van die redes waarom die ATKV-skryfskool 'n deel is van die Etienne van Heerden Veldsoirée is juis dat luister, saam gesels en saam wonder almal van ons sal baat.
Ek kom.
Wat is die koste van verblyf by die twee aanbevole instansies?
Tot hoe laat is die verrigtinge Sondag, 24 September?
Christine. Die boekprogram hou aan tot net na 11:00.
Daarna kan die wat wil na Olive Schreiner se graf gaan, dit is bo op Buffelskop. Dit is opsioneel. Ons sal eers vroegaand van die berg af kom.
Hierdie is fantasties!
Is die program vir die dae iewers beskikbaar, asb?
Groete
Jana. Ons hoop om die volle program volgende week beskikbaar te stel.
Goeie more, Izak
Sal daar ander skryfskole aangebied word elders in die land? (Ons is in Gauteng).
Ek wou graag wou bywoon, maar hierdie is 'n bietjie wyd vir 'n paar dae.
Yolandi. Jy moet dalk maar die sosiale media dophou. Ek is nie betrokke by ander nie, na my wete bied die ATKV wel slypskole elders aan.
Izak, ek wil graag die ATKV-skryfskool 22-24 September bywoon en het reeds verblyf. Betaal ek die inskrywingsgeld van R350,00 wanneer die die kursus begin? Indien ek voor die tyd kan betaal het ek bankbesonderhede nodig asseblief. Groete
Hallo Kobie. Bespreek asseblief nou reeds vir die ATKV-Skryfskool by reservations@tuishuise.co.za of 048 881 1650. Die plekke raak min. Hulle sal die bankbesonderhede aan jou verskaf. Hartlik! Izak
Ek wil asb bespreek.