Orde van die Windpomp 2023 aan Clinton du Plessis | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

By die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée op Cradock is die Orde van die Windpomp deur Darryl David, die feesdirekteur, en die skrywer Etienne van Heerden aan die Cradockse digter Clinton du Plessis oorhandig. Van Heerden het daarna verwys as ’n “eksentrieke toekenning” vir wat hy Du Plessis se “dokumentêre” poësie noem.