By die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée op Cradock is die Orde van die Windpomp deur Darryl David, die feesdirekteur, en die skrywer Etienne van Heerden aan die Cradockse digter Clinton du Plessis oorhandig.
Die Orde word hier deur Jo Els, gereelde Soiréeganger, beskryf.
Van Heerden het daarna verwys as ’n "eksentrieke toekenning" vir wat hy Du Plessis se "dokumentêre" poësie noem.
> Videogreep: Hein Willemse
Kommentaar
Baie geluk Clinton! Ek vertrou jy sal baie trots en tevredenheid put uit dié “eksentrieke toekenning”! Só baie gee só baie om vir jou en jou talent… 🌿
Elise
Baie dankie. Geniet jou skrywes ook.