Bakkies, biltong en ’n brakbrêgh. Benewens aktuele gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste, het die derde Etienne van Heerden Veldsoirée (23 tot 25 September 2022) op Cradock ook vir feesuitstappies in die Karoo-veld gesorg.
Menán van Heerden het foto's geneem.
Buffelshoek Dirosie Lodge

Die laaste gesprekke het by ’n spitbraai onder Karoo-sterre op Dirosie Lodge plaasgevind.


Soiréegangers luister aandagtig.

’n Smaaklike ete is aan tafel bedien.

By die ingang van Buffelshoek Dirosie Lodge.

Die beoordelaars van die brakbrêgh, Etienne van Heerden, Dirk Alberts (van Montego Pet Nutrition, die borg van die groot brakbrêgh), Dirkie Visser (eienaar van Buffelshoek Dirosie Lodge) en Darryl David (feesdirekteur), hard aan die werk.

By die groot brakbrêgh was klein en groot welkom.


As die honde baljaar, is die kat steeds baas.
Besoek aan die Olive Schreiner-graf

Hou vas, die bulte lê voor! Op pad na Olive Schreiner se graf.

Darryl David

Mphuthumi Ntabeni waai vir ons terwyl ons die tog na Olive Schreiner se sarkofaag in die Sondagmiddag-sonlig aandurf.

Bakkies vir Afrika

Soiréegangers op Buffelskop op pad na Olive Schreiner se graf

Soiréegangers met Cradock in die agtergrond

In die berghut op Buffelskop is sjerrie en biltong bedien.

Olive Schreiner se sarkofaag op Buffelskop

Christi van der Westhuizen en Etienne van Heerden gesels langs Olive Schreiner se sarkofaag op Buffelshoek

Izak de Vries en Darryl David

Hou nog meer vas! Op pad terug van Olive Schreiner se graf.


In die middel van Suid-Afrika se kragkrisis het die Karoo darem water!
Die Tuishuise & Victoria Manor

Victoria Manor se feestelike rooi eetkamer



Die gehoor by Victoria Manor

Die agtergrond vir die sprekers

Fogarty's Bookshop (Gqeberha) het boeke van sprekers by Victoria Manor verkoop.



Olive Schreiner-muurkuns om die draai van die Tuishuise.

Ons het die kunstenaar, Luthando Romeo Ndabeni, toevallig raakgeloop.

Die son sak salig by die Tuishuise op Cradock.

Die Tuishuise op Cradock

Cradock Vier-gedenktuin

Vier vermoorde apartheidsaktiviste, Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto, word by die Cradock Vier-gedenktuin geëer. Baie van die letters op die gedenksuile is afgesteel. Lees meer oor die gedenktuin hier en hier.

By die Cradock Vier-gedenktuin is daar ook ’n uitstalling te sien met onder andere afskrifte van Matthew Goniwe se handgeskrewe notas oor politiek en opvoeding gedurende die 1980’s.
Borge:

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek Dirosie Lodge
NB-Uitgewers

Amazwi South African Museum of Literature

Montego Pet Nutrition
Lees ook:
Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée
Program/Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée 23–25 September 2022
Etienne van Heerden Veldsoirée: Programnotas | Programme notes

