Fotogalery: Jakes Gerwel-gesprekke (Suidoosterfees 2022)

  • 0

Die jaarlikse Suidoosterfees het op 27 April afgeskop. Menán van Heerden het drie Jakes Gerwel-gesprekke, aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, op 27 April bygewoon.

Hier volg ’n fotogalery van die sprekers en gesigte by die gesprekke oor Krotoa ("Wat beteken sy vandag?"), As die katjiepiering blom en ’n Baie lang brief aan my dogter.

  • Klik hier vir meer inligting oor die Jakes Gerwel-gesprekke, wat tot 30 April aangebied word.
  • Die Suidoosterfees duur tot 1 Mei te Kunstekaap, Kaapstad.

Calvyn Gilfellan

Andrew Smith, skrywer van First People: the lost history of the KhoiSan (Jonathan Ball, 2022)

Marlene le Roux, die hoof- uitvoerende beampte van die Kunstekaap

Sylvia Vollenhoven, skrywer van die toneelstuk Krotoa: Eva van de Kaap

Audrey Jantjies, skrywer van As die katjiepiering blom (Kwela, 2022). Audrey het in 2020 aan die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers deelgeneem.

Ronelda S Kamfer teken boeke.

Van links: Allen Grootboom (Wes-Kaapse Taalkomitee), Wannie Carstens, Ria Olivier (Afrikaanse Taalraad), Basil May (Afrikaanse Taalraad- direksie) en Brian Figaji (direksievoorsitter: Suidoosterfees)

Ria Olivier (Afrikaanse Taalraad) en Hein Gerwel

Feesgangers luister aandagtig.

Lees ook:

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top