Marita van der Vyver

Marita van der Vyver is in Bellville gebore, waar sy haar laerskooljare deurgebring het. Sy was in Pretoria en Nelspruit op hoërskool en in haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar 1975, het sy in 'n landwye kompetisie 'n studiebeurs vir vier jaar losgedig. Sy is na Stellenbosch, waar sy onder DJ Opperman gestudeer en in 1978 'n BA met Afrikaans en Frans verwerf het. In 1979 het sy honneurs in joernalistiek cum laude verwerf, en 'n paar jaar later, as deeltydse student, 'n meestersgraad in joernalistiek met 'n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Ná universiteit het sy 'n jaar oorsee gewerk. Met haar terugkeer het sy as verslaggewer by Die Burger gewerk, daarna as kopieskrywer by Leserskring en nog later as artikelskrywer by Sarie. In 1987 het sy vryskut begin werk om meer tyd vir skryf te hê. Haar debuutwerk, die jeugverhaal Van Jou Jas (1982), is bekroon met 'n beginnersprys in 'n wedstryd van Tafelberg en Sarie. Haar volgende twee jeugboeke, Tien vir 'n vriend (1987) en Eenkantkind (1991), was albei Sanlam-finaliste, en laasgenoemde is ook bekroon met die ATKV-prys vir Jeuglektuur. Haar jongste jeugboek, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, wat in 2002 verskyn het, is aangewys as IBBY (International Board on Books for Young People) se Afrikaans Honour Book vir 2004 en word tans in Engels vertaal. Haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, het in 1992 verskyn en was 'n sensasie en 'n blitsverkoper. Die roman is bekroon met die ATKV-prys, die M-Net-boekprys en die Eugène Marais-prys. Dit is wêreldwyd vertaal, onder meer in Engels, Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans en Sweeds. Die regte is onlangs aan 'n uitgewer in Ysland verkoop en dit is ook die eerste Afrikaanse boek wat in Chinees vertaal is. Haar volgende roman, Die dinge van 'n kind (1994), is ook in Engels, Duits en Nederlands vertaal. Albei romans is verwerk tot toneelstukke wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer is. Wegkomkans en Griet kom weer is onderskeidelik in 1999 en 2001 gepubliseer en laasgenoemde word tans in Engels, Nederlands en Duits vertaal. Haar volgende roman, Vergenoeg, het in Oktober 2003 verskyn en die regte is reeds deur 'n Duitste uitgewer aangekoop. Foto: Francois Pistorius

Still breathing | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Tony Jackman, Marita van der Vyver Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-30

Tony Jackman interviewed Marita van der Vyver on her novel Still breathing and her memoir A long letter to my daughter. What is it like to get older? How does one hold an entire cast of characters in one’s hand? Are her characters based on real people? How does it feel to dream in a language that differs from the one your daughter dreams in?

Andersom

Marita van der Vyver Stemme | Voices | Amazwi 2023-11-01

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Marita van der Vyver se dialoog Andersom vertolk June van Merch en Jurgen McEwan die rolle. Francois Toerien was in die regisseurstoel.

Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver

Christiaan J de Swardt, Marita van der Vyver Onderhoude 2023-10-17

"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."

Elders gesien: Dahl se stories moet juis nie soet en voorbeeldig en prekerig vervelig wees nie

Marita van der Vyver Elders gesien 2023-02-23

"Want as jy eers begin met sensuur, hoe goed bedoel en edel jou motiewe ook al is, eindig jy onvermydelik met óf boosheid óf die soort absurditeit wat Roald Dahl se boeke nou tref, waar karakters nie vet of lelik mag wees nie, waar alles soet en voorbeeldig en prekerig moet word."

Swerfjaar: Korsika – liewers laat as nooit

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-11-30

"En al waaroor ek spyt is, is dat ek nie lankal gekom het nie."

Swerfjaar: Leef om die storie te vertel

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-08-10

"Intussen moet ek hierdie rubriekskrywery staak om aan ’n boek te werk. Ek troos myself daaraan dat die einde van iets, enigiets, altyd die begin van iets anders beteken. En ek hou die kring oop, want wie weet, dalk het ek binnekort ’n onweerstaanbare storie oor Korsika wat dadelik vertel moet word."

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ’n holte vir swerwersvoete

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-07-14

"Maar ek kan nie aftree nie, ek moet aanhou skryf, en hoewel my voete altyd sal aanhou kriewel om verder te reis, begin my vingers ook teen dié tyd jeuk om weer ’n slag ’n boek te skryf."

Swerfjaar vir seniors: ’n Vreemde, bekende wonderland

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-06-21

"Ons ry deur die een skilderagtige dorpie na die ander, van die Savoie-streek naby die Switserse grens waar nog een van ons seuns woon, deur die Auvergne, Lozère, Corrèze, op pad na die Dordogne waar ons ’n paar weke in ’n geleende kliphuisie gaan vertoef."

’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind

Naomi Meyer, Marita van der Vyver, Cintaine Schutte, Melissa Myburgh, Susanne Beyers kykNET Portaal 2022-06-13

Mart word deur drie aktrises vertolk: Melissa Myburgh speel die jong Mart, Cintaine Schutte is Mart in 1992, en Susanne Beyers is Mart in die hede.

Swerfjaar vir seniors: Dinge van die kind wat ek was

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-05-19

"Ons is nooit werklik klaar met die dinge van ons kindwees nie, dit weet ek teen dié tyd. Maar soms is ons gelukkig genoeg om ’n oomblik terug te kyk na die lang pad wat ons afgelê het, en vir onsself te glimlag."

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-04-19

"Dis dalk onvermydelik, as jy ná ’n lang afwesigheid terugkeer na jou geboortegrond, dat jy jou soos ’n hond gaan gedra. Grawe-grawe op soek na ou bene om weer bietjie aan te knaag. Dis nie dat jy honger ly nie. Dis net dat niks so lekker smaak soos lank gelede se bene wat jy self begrawe het nie."

Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-03-23

"Dis ’n ander vasteland dié. Dit lyk anders, dit ruik anders, dit vóél anders. Ek voel tuis hier, op ’n manier wat nêrens anders moontlik is nie."

Swerfjaar vir seniors, aflewering ses: Ses lesse ná ses maande van swerf

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-02-10

"Die lysie kan baie langer wees – en sal ongetwyfeld nog aangevul word – maar ek gaan my tot ses lesse beperk. Een vir elke maand van my nuwe nomadiese bestaan. Dalk is die belangrikste van alles wat ek geleer het, juis dat jy nooit te oud word om te leer nie."

Swerfjaar vir seniors, aflewering vyf: ’n Road trip is nie dieselfde as ’n motortoer nie

Marita van der Vyver Rubrieke 2022-01-14

"'We do not take a trip,' skryf Steinbeck in Travels with Charley; 'a trip takes us.' Dis ’n waarheid wat ons oor en oor getref het terwyl ons padlangs deur Amerika reis."

Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-12-13

"Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie."

Top