Swerfjaar vir seniors, aflewering vyf: ’n Road trip is nie dieselfde as ’n motortoer nie
2022-01-14"'We do not take a trip,' skryf Steinbeck in Travels with Charley; 'a trip takes us.' Dis ’n waarheid wat ons oor en oor getref het terwyl ons padlangs deur Amerika reis."
Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?
2021-12-13"Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie."
’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke
2021-11-17"Ons het onsself iewers langs die pad verloor, maar op ’n positiewe manier, soos wanneer jy jouself in die liefde verloor. Soos die herfsbome wat hulle dooie blare verloor om plek te maak vir die nuwe blare van die volgende seisoen."
’n Swerfjaar vir seniors, aflewering twee: Wees gereed om verras te word
2021-10-19"Eintlik voel elke dag wanneer ons ’n onbekende pad vat, soos die begin van ’n storie. Een van daardie boeke wat jy so geniet dat jy al hoe stadiger lees hoe nader jy aan die einde kom."
Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet
2021-09-30Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.
’n Swerfjaar vir seniors: Aflewering nommer een
2021-09-20"Miskien moet ’n mens elke twintig jaar so ’n oorbruggingsjaar aandurf, begin ek nou bespiegel, om ’n nuwe perspektief op jou lewe te kry."
African Book Festival in Berlyn: Boekfeeste en beskermengele in bewoë tye
2021-07-23"Asof die Berlynse engele waaraan ek skielik weer wou glo, besef het dat hierdie klompie skrywers by die ABF hierdie boekfees rêrig broodnodig het. Nodiger as brood, om die waarheid te sê. Boeke is ons brood, en vir die eerste keer sedert Maart 2020 kon ons weer ons krummels op die water gooi. Nie op ’n skerm nie, nie virtueel nie, maar driedimensioneel dáár, tussen ons lesers en potensiële lesers."
’n Baie lang brief aan my dogter: ’n oudio-onderhoud met Marita van der Vyver
2021-07-20"Ek wil vir my dogter ’n wapenuitrusting gee om hierdie wêreld reg aan te durf."
Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver
2020-10-30"By die huis moet ek my dogter bel om vir haar te sê dat ek nie Parys toe kan kom om haar 21ste verjaardag oor ’n maand saam met haar te vier nie, want ons gaan heel waarskynlik nog ingeperk wees."
Elders gesien: "Tjorts Jeanne, was ons maar almal soos jy"
2020-06-04"Geen ander skrywer kan haar plek inneem nie. Sy was waaragtig the last of the Mohicans."
Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver
2020-03-30"Ek dink aan my geliefdes in Suid-Afrika wat die naweek nie eens kan gaan stap nie, en ek tel weer eens my seëninge. Dalk kan ek vandeesweek ook nie meer gaan stap nie – wat my net nog meer aanspoor om nóú te gaan stap, ondanks die mistralwind wat my in normale omstandighede binne sou hou. Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid."
Harry Kalmer en die troos van telefoontekste
2019-07-28"Terwyl ek my vingers oor die skerm rol en Harry se snaakse, slim, simpatieke, aweregse opmerkings lees, kan ek my verbeel hy's nog hier, kan ek myself amper oortuig dat ons jarelange internetgesprek net tydelik onderbreek is. Terwyl die nuus insink – en dit gaan lánk vat om werklik in te sink, weet ek nou al – het ek darem die triestige troos van telefoontekste."
Ses redes waarom
2019-05-27"Dís wat jy sal onthou as jy terugdink aan jou skryfkursus op Lesbos. Saam met alles wat jy oor skryf geleer het, sou ek graag wou glo dat jy ook iets heeltemal onverwags oor jouself geleer het."
Ons Dame, die ewige diva
2019-04-29"Die stertjie van die storie is dat Daniel sommer so 'n mik-en-druk-kiekie van my geneem het, met die Eiffeltoring in die verte en die res van Parys onder ons uitgestrek, wat 'n paar jaar later as amptelike outeursfoto vir my jeugboek Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gebruik is."

