Elders gesien: "Tjorts Jeanne, was ons maar almal soos jy"

  • 3

Marita van der Vyver skryf op Facebook:

Dit voel vir my asof die egte eksentrieke karakters in ons klein Afrikaanse letterwêreldjie al hoe vinniger verdwyn.

Eksentriek in die ware sin van die woord, soos in “buite die sentrum”, nie omdat hulle snaaks aantrek of probeer om anders te wees nie, maar omdat hulle anders dink en lewe as die trop. Omdat hulle alles oordadig doen, drink en rook en kwaad raak en huil en lag en dans en léwe dat die biesies bewe.

En dan skielik op ’n dag is hulle weg, en dié van ons wat oorbly – ons wat so hard probeer om ordentlik te wees en gematig te lewe en in te pas en nie die mense om ons te veel te ontstig nie – kyk verdwaas om ons rond en weet daar's nou 'n gat in ons lewe wat nooit weer gevul gaan word nie.

Dis hoe ek ná Ryk Hattingh se dood gevoel het, dis hoe ek nou weer voel omdat Jeanne Goosen ons verlaat het. Geen ander skrywer kan haar plek inneem nie. Sy was waaragtig the last of the Mohicans. Nou word alles om ons net al hoe valer, eenvormiger, gematiger, verveliger.

Tjorts, Jeanne, was ons maar almal só, soos jy.

  • 3

Kommentaar

  • John Fowles - "If you want to be true to life, start lying about the reality of it." Goosen se realiteit was nie myne en sekerlik baie anders s'n nie.
    Ek wil lees vir verryking, hoop, en die oneindigheid van moontlikhede.
    Goosen laat my koud.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top