’n Baie lang brief aan my dogter: ’n oudio-onderhoud met Marita van der Vyver

  • 1

Foto van Marita van der Vyver: Naomi Bruwer

’n Baie lang brief aan my dogter
Marita van der Vyver
Tafelberg
ISBN: 9780624090014

Marita van der Vyver praat met Naomi Meyer oor Marita se jongste boek, ’n Baie lang brief aan my dogter.

Naomi: Marita, ek wil graag met jou praat oor ’n Baie lang brief aan my dogter wat al ’n rukkie gelede verskyn het en nou op Netwerk24 voorgelees word. Eerstens: Baie geluk daarmee. Hoe is dit, vir jou wat al so baie boeke geskryf het, elke keer as ’n boek verskyn? En om daarna te luister? 

Marita: Ek is ’n skrywer wat dit haat om enigiets te lees wat klaar geskryf en gepubliseer is. Want ek wil nog steeds verander. Dit verander na ’n dekade of so. Soms kan ek dan ’n boek lees en verrassend baie daarvan hou. Met Wegkomkans het dit gebeur. Ek moes dit weer lees om te sien of die boek baie gedateer het.  Om na die boek te luister, is ook nie vir my maklik nie. Ek is so bang ek vind fout met die boek en met voorleser. Ek het wel baie goeie goed gehoor van die voorlesings deur Joanie Combrinck. Ek luister dus nou daarna. Ek is nou by episode vyf of so, en ek moet sê: ek luister baie lekker! 

Naomi: Kom ons praat oor taal, ’n tema waarmee jou boek afskop. Hoekom, na al die jare, skryf jy in Afrikaans? Ten spyte van die taal se koopkrag in die land waar jy woon?

Marita: Fiksie sal ek altyd in die taal van my hart skryf. Ek skryf al hoe meer rubrieke in Engels, soos kosrubrieke vir die Daily Maverick. Maar, soos ek reg aan die begin van die boek skryf: as ek as ma ’n brief aan my dogter sou skryf, skryf ek dit in die taal van my hart.

Naomi: In watter taal droom jy?

Naomi: Terug na jou regte dogter. Die kompleksiteit om ’n kind groot te maak in ’n ander land ... Hulle wórd die ander land, onafwendbaar, anders is hulle altyd outsiders. Op ’n manier dat mense hulle raaksien en uitsonder – soos die Afrikaans-Spaanses in Patagonië. Of hoe was jou ervaring? Jy het ook ’n man wat van daardie land is saam met wie jy jou dogter grootgemaak het, so dit was sekerlik ’n ander faktor.

Naomi: Die romantiek van die Franse dakkamer en van die jeug. Jy skryf hieroor. Het jy dit onthou – daardie dagboekinskrywing, of het jy dit opnuut raakgelees? (En hoe voel jy oor ou dagboeke? Oor woorde van vroeër?)

Naomi: Maar afgesien van die taal. Wil mens regtig vir jou kinders alles vertel van wie jy is? Maak dit vir hulle saak? 

Naomi: Hoekom ’n baie lang brief aan jou dogter? Wat van jou seun(s)? (Jy antwoord natuurlik wel iets hiervan in die gedeeltes oor feminisme.)

Naomi: Jy praat met jou dogter oor die politiek van jou land, en hiervan verstaan sy iets in haar Franse omgewing van herkoms – maar baie anders as wat jy ervaar het toe jy grootgeword het. Hoe praat jy met jou dogter oor politiek – en hoe praat sy met jou? Frankryk se politiek beland ook soms in ons nuus hierso, as ek dink aan Charlie Hebdo, of terreur in Europa. Ek wonder ook wat die effek van Covid op die politiek daar is. Soos wat dit hierso ongelykheid vergroot, het dit daar ook die politiek en die regse elemente beïnvloed?

Naomi: Hoekom het jy hierdie brief geskryf? En het jou dogter gedeeltes hiervan gelees? Het jy gedeeltes daarvan vir haar vertel?

Naomi: Jy skryf oor hoeveel sy lees, jou dogter. Ek wonder self hieroor: boeke, of dit tydloos is, wat vandag se kinders lees. Dink jy die toekoms is ’n skerm en nie ’n boek nie?

Naomi: Jy skryf eintlik ’n volsirkel: soos Griet skryf ’n sprokie, goue lint my storie begint. Het jy die boek so beplan? Of skryf jy organies?

Naomi: Jy verwys baie gereeld na die godsdiens van die land waar jy grootgeword het en dan ook na die Katolieke land wat Frankryk is. Ek en my gesin het jare lank in Ierland gebly en ek het daardie land in sy grein Katoliek ervaar, maar nie religieus nie. Wat is jou ervaring van Frankryk wat godsdiens betref?

Naomi: Jy skryf ’n boek vir jou dogter, maar ook vir ’n Suid-Afrikaanse leser. Baie van jou lesers was nog nie in Frankryk nie. Wat is jou werkswyse en manier om dit te doen, hierdie skryfproses: om ’n nuwe wêreld te ontsluit en tog nie te vervreem nie?

Naomi: Jou boek is ’n wonderlike storie, en ’n heerlike narratiewe leuen. Of is dit? Wat is waar, wat is sprokie?

Naomi: Daar is die mooiste sinne: “’n Jong kind se binnewêreld bly ’n stikdonker kelder.” Maar daardie sin maak mens ook bang. Wat gaan hy/sy onthou? Hoeveel verwond ’n mens jou kind, teen wil en dank, met die beste bedoelings ter wêreld (en soms, natuurlik nie)?

Naomi: Oplaas – kan mens herinneringe werklik vasvang en neerskryf?

Naomi: In jou boek kyk die Afrikaanse kinders met glinsteroë na die sneeu. So anders vir hulle. Hoe kyk jóú dogter na hierdie land waar jy gebore is wanneer sy hier kom kuier.

Naomi: Jy skryf dat jy gedurende die grendelstaat byna jou balans verloor het. (Ja, ek dink die meeste van ons kan hiermee identifiseer.) En nou? Is daar hoop as meer mense hul laat inent? Hoe is die zeitgeist nou daar, waar jy woon?

Naomi: En laastens. Persoonlik. Die effek en die impak. Waar is jy nou in jou lewe? Op Facebook het jy oor julle huis geskryf, oor die mindere inkomste as gevolg van Covid. Groot, tragiese besluite wat geneem moet word. Of opwinding? ’n Trek in ’n karavaan? As hierdie vraag te persoonlik is, hoef jy dit nie te antwoord nie.

Lees ook:

’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver: ’n resensie

  • 1

Kommentaar

  • Dit was lekker om na die onderhoud te luister. Soos Marguerite van wyk in die nuwe Sarie skryf: mense bestee al hoe meer geld aan ervarings as aan besittings. So Marita, julle gaan dalk die nomadiese leefstyl baie geniet. Dit is hoe ek en my man op die oomblik lewe. Besoek al die klein dorpies en hul mense op die platteland, ry die agterpaaie en vat alles stadig en geniet die natuur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top