Afrikanerskap teenoor Suid-Afrikanerskap?
2026-01-09"Uiteindelik is die (wit) Afrikaanse gemeenskap intern uiteenlopend: Sommige stel sterk belang in Afrikanerskap as primêre politieke affiliasie; ander vier Afrikanerskap, maar vind hul politieke heil in ’n groter demokratiese land en multikulturele nasie; en nog ander skuif weg van Afrikanerskap juis omdat dit vir hulle eksklusief klink, en kies eerder Afrikaanssprekende Suid-Afrikanerskap."
Elders gesien: Diverse menings is positief eerder as negatief
2025-11-22"Alles oor identiteit. Laat ons die spreekwoordelike 'olifant in die vertrek' in die oë kyk en dit konkreet hanteer."
Sal ons ou vriende ooit vergeet?
2025-09-09"Dit is die natuurlike verloop van die lewe dat dit sal gebeur, maar dit is miskien tog nodig om te besef watter groot bydraes hierdie persone gelewer het en watter impak hulle op soveel vlakke gehad het."
Elders gesien: Van ’n president verwag ’n mens beter
2025-05-15"En is die bykans 1 miljoen SA burgers wat sedert 1994 gemigreer het om beter geleenthede elders te ontgin, ook almal lafaards en anti-transformasie?"
Afrikaans en die gevolge van die AfriSol-debakel
2025-03-03"Ons weet ons moet in moeilike omstandighede die land laat werk, maar hierdie mate van polarisasie gaan ons nie vorentoe neem nie. Ook nie Afrikaans nie."
Afrikaans se infrastruktuur: aanbou of afbreek?
2024-09-12"Afrikaans se wetenskaplike funksie is ongelukkig onder druk. Ek pleit daarom vir die totstandkoming van ’n Sentrum vir die Studie van Afrikaans waar aktiwiteite rondom Afrikaanse wetenskaplike inisiatiewe gekoördineer kan word." Lees Wannie Carstens se volledige toespraak met die ontvangs van die Jan H Marais-prys op 11 September 2024.
Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens
2024-07-25Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.
Elders gesien: Afrikaans en die SABC
2024-03-13"Daar is reeds een daaglikse nuusuitsending op kykNET, maar dit is ’n betaalkanaal. As dit die enigste landswye Afrikaanse nuusberig is, word Afrikaans geprivatiseer. En dit durf nie gebeur nie."
Afrikaans in Namibië, Afrikaans in Suid-Afrika
2024-02-28’n LitNet Akademies-artikel deur Nicolette Harmse Steyn (2024) verken en vergelyk houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië. Menán van Heerden gesels met Wannie Carstens oor Afrikaans in Namibië en Suid-Afrika.
Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite
2023-07-19Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!
Om te herstandaardiseer of nie – kom ons dink sáám hieroor
2023-04-26"Ek wonder so dikwels hoekom ons so gereeld in Afrikaans standpunte inneem wat ver uitmekaar is, een waar min ruimte vir gesprek is, en een waar die kans op kompromisse skraal is. Dit skep nie die atmosfeer vir rasionele gesprekke nie en so beduiwel ons die verhoudinge nog verder in Afrikaanse geledere. En dit juis in die dae waarin ons saam in ’n span moet trek eerder as om mekaar oor alles te opponeer."
Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga
2023-03-07"Die huidige behoefte is egter om oorhoofse koördinering van die bestaande en nuwe projekte om sodoende duplisering te voorkom en samewerking te bewerkstellig. ... As die saampraat en saam beplan nie gebeur nie, sal ons voortploeter op dieselfde oneffektiewe en ongekoördineerde ad hoc-patroon van tans. ... Ons nooi daarom graag instansies om ons te kontak met die oog op samewerking in die toekoms."
Elders gesien: As akademikus probeer ’n mens altyd ’n sinvolle bydrae maak
2022-12-05"Die boek is vernuwend in ’n belangrike ander opsig: Danksy die tegnologie van die dag is dit moontlik om slegs die hoofstukke te koop wat jy nodig het. Ons hoop natuurlik almal koop die hele boek!"
An overview of a few digitisation projects in Afrikaans: The first steps towards a digital future for Afrikaans
2022-09-26"The lack of a collective vision regarding the digitisation of Afrikaans texts, and eventually a Digital Library of Afrikaans, also hampers progress. Challenges like the duplication of work by different institutions as part of their digitisation projects are also outlined, since these challenges translate to the digitisation processes of other South African languages."
’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms
2022-09-26"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."
