Wannie Carstens

Wannie Carstens is sedert sy aftrede einde 2017 ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Hy is ’n voormalige direkteur van die Skool vir Tale aan die NWU. Hy is die alleenskrywer, medeskrywer asook mederedakteur van verskeie boeke oor die Afrikaanse taalkunde. Tydens sy aktiewe loopbaan was hy onder meer voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is al sedert 2003 ’n gegradeerde navorser van die NNS/NRF en ook ’n ontvanger van die SA Akademie se CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap (2021). 

Reguit met Robinson: "As ons nie beplan vir Afrikaans nie, dan gaan daar vir ons beplan word." – Wannie Carstens

Freek Robinson, Wannie Carstens Onderhoude 2022-06-02

Freek Robinson gesels met Wannie Carstens oor die stand van Afrikaans, asook persepsies van, houdings teenoor, en waarhede oor Afrikaans. Wannie is ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit.

Hoe sê ’n mens totsiens aan ons geliefde prof Jacques?

Wannie Carstens In memoriam 2022-03-28

"Wie gaan nou die sagte woord spreek om grimmigheid te laat bedaar? Wie gaan nou die stem van redelikheid wees in hete debatte oor Afrikaans?" – Wannie Carstens bring hulde aan Jacques van der Elst wat op 25 Maart 2022 oorlede is.

CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap 2021: ’n onderhoud met Wannie Carstens

Naomi Meyer, Wannie Carstens Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-04-22

"Ek het taalkunde vroeg as dissipline ontdek en dit my loopbaan gemaak. Maar die volheid van Afrikaans as taal het my passie geword en my gemotiveer om aan te gaan met navorsing en betrokke te wees by aktiwiteite wat Afrikaans raak."

Uit die argief, US-taaldebat 2021: Referaat: Die impak van taalpolitiek op universiteite in Suid-Afrika – die geval Afrikaans

Wannie Carstens NeerlandiNet 2021-03-18

Wannie Carstens was vanjaar een van die sprekers by die Universiteit Gent se 3de Colloquium Afrikaans. Lees sy volledige referaat: "[E]nige mens wat in SA woon, is bewus dat politiek en taal nie juis van mekaar geskei kan word nie, veral as jy Afrikaans praat."

Uit die argief, US-taaldebat 2021: Wannie Carstens, US-raadslid: Waarom ek uitgeloop het

Wannie Carstens Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-18

"Binne minder as 20 minute is Afrikaans se status afgegradeer tot dié van ʼn mindere taal."

Elders gesien: VSA-verkiesing – hoe ek dinge sien

Wannie Carstens Elders gesien 2020-11-16

"Die verkiesing is gekenmerk deur fopnuus en talle samesweringsteorieë – sommige gaan werklik ’n mens se verstand te bowe. Dit wys net weer ons lewe in ’n tyd waarin waarheid min saak maak as dit in die pad van ’n groot leuen staan."

Elders gesien: Hoekom duld ons dit?

Wannie Carstens Elders gesien 2020-09-15

"Daar is duisende mense wie se voertuie se lisensies hernu moet word omdat die agterstand so opgebou het, maar die munisipaliteit oordeel dat dit nie ’n krisis is nie." 

Elders gesien: nog 'n reaksie van Wannie Carstens oor die US Taalbeleid

Wannie Carstens Elders gesien 2019-10-18

"Die geskiedenisboeke gaan diegene wat hierdie uitspraak gemaak het of daartoe gelei het, eendag oordeel en dit gaan beslis nie in ʼn positiewe lig wees nie."

Elders gesien: Wannie Carstens reageer op die Konstitusionele Hof se beslissing

Wannie Carstens Elders gesien 2019-10-13

Wannie Carstens se Facebook-mening oor die Konstitusionele Hof-uitspraak en Universiteit Stellenbosch se taalbeleid.

 

Op reis vir Afrikaans – Europa bied oneindige moontlikhede

Wannie Carstens Menings 2019-09-27

"Hulle hoef of moet nie Afrikaans aanbied nie, maar hulle doen dit omdat hulle potensiaal vir die taal in Europa sien en dus besondere moeite doen om dit in hulle kursusse te betrek."

Kom ons dink “buite die boks”: Wat van ’n Afrikaanse Taalunie?

Wannie Carstens Menings 2018-08-28

"Moet ons nie ’n slag praat oor of ons nie verder met Afrikaans se bevordering en beskerming sal kom as ons ook ’n oorkoepelende Afrikaanse Taalunie het nie? Sal dit Afrikaans nie meer gesag gee nie? Sal dit Afrikaans nie meer doelgerigtheid en fokus gee nie?"

ATR vier 10 jaar: Geluk liewe maatjie ... Die ATR is 10!

Wannie Carstens Menings 2018-05-24

"Die Afrikaanse gemeenskap durf nie die impak van die ATR se werk onderskat nie, omdat die ATR die ruimte help skep het (en dit nog verder verfyn) waarbinne ons ons Afrikaansheid in die land uitleef en ook waarbinne ons stappe gedoen het om nader aan mekaar as gemeenskap te beweeg."

Gaan ons uiteindelik ’n/die Derde Afrikaanse Taalbeweging beleef?

Wannie Carstens Seminare en essays 2018-01-25

"Hierdie beweging sal wel moet uitgaan van die jonger Afrikaanse gemeenskap. Die ouer gemeenskap is te besmet deur die geskiedenis en hulle sal moet terugstaan."

Poel van kundigheid ten bate van Afrikaanse onderrig, ’n onderhoud met Wannie Carstens

Liné Loff, Wannie Carstens Onderhoude 2017-03-14

"Hierdie projek is nou ’n geleentheid om die bestaande kundigheid te tap. Tap ons leeg en kry alles wat julle nodig het om aan Afrikaans se toekoms te bou! Dit is opwindend, en ’n uitdaging vir die jonger geslag."

Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus

Wannie Carstens, Frank Hendricks Skrywersonderhoude 2017-01-30

"Standaardafrikaans is volwaardig Afrikaans en so ook Kaaps."

Top