Wannie Carstens

Wannie Carstens is sedert sy aftrede einde 2017 ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Hy is ’n voormalige direkteur van die Skool vir Tale aan die NWU. Hy is die alleenskrywer, medeskrywer asook mederedakteur van verskeie boeke oor die Afrikaanse taalkunde. Tydens sy aktiewe loopbaan was hy onder meer voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is al sedert 2003 ’n gegradeerde navorser van die NNS/NRF en ook ’n ontvanger van die SA Akademie se CJ Langenhovenprys vir Taalwetenskap (2021). 

Uit die argief, US-taaldebat 2021: Wannie Carstens, US-raadslid: Waarom ek uitgeloop het

Wannie Carstens Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-18

"Binne minder as 20 minute is Afrikaans se status afgegradeer tot dié van ʼn mindere taal."

Elders gesien: VSA-verkiesing – hoe ek dinge sien

Wannie Carstens Elders gesien 2020-11-16

"Die verkiesing is gekenmerk deur fopnuus en talle samesweringsteorieë – sommige gaan werklik ’n mens se verstand te bowe. Dit wys net weer ons lewe in ’n tyd waarin waarheid min saak maak as dit in die pad van ’n groot leuen staan."

Elders gesien: Hoekom duld ons dit?

Wannie Carstens Elders gesien 2020-09-15

"Daar is duisende mense wie se voertuie se lisensies hernu moet word omdat die agterstand so opgebou het, maar die munisipaliteit oordeel dat dit nie ’n krisis is nie." 

Elders gesien: nog 'n reaksie van Wannie Carstens oor die US Taalbeleid

Wannie Carstens Elders gesien 2019-10-18

"Die geskiedenisboeke gaan diegene wat hierdie uitspraak gemaak het of daartoe gelei het, eendag oordeel en dit gaan beslis nie in ʼn positiewe lig wees nie."

Elders gesien: Wannie Carstens reageer op die Konstitusionele Hof se beslissing

Wannie Carstens Elders gesien 2019-10-13

Wannie Carstens se Facebook-mening oor die Konstitusionele Hof-uitspraak en Universiteit Stellenbosch se taalbeleid.

 

Op reis vir Afrikaans – Europa bied oneindige moontlikhede

Wannie Carstens Menings 2019-09-27

"Hulle hoef of moet nie Afrikaans aanbied nie, maar hulle doen dit omdat hulle potensiaal vir die taal in Europa sien en dus besondere moeite doen om dit in hulle kursusse te betrek."

Kom ons dink “buite die boks”: Wat van ’n Afrikaanse Taalunie?

Wannie Carstens Menings 2018-08-28

"Moet ons nie ’n slag praat oor of ons nie verder met Afrikaans se bevordering en beskerming sal kom as ons ook ’n oorkoepelende Afrikaanse Taalunie het nie? Sal dit Afrikaans nie meer gesag gee nie? Sal dit Afrikaans nie meer doelgerigtheid en fokus gee nie?"

ATR vier 10 jaar: Geluk liewe maatjie ... Die ATR is 10!

Wannie Carstens Menings 2018-05-24

"Die Afrikaanse gemeenskap durf nie die impak van die ATR se werk onderskat nie, omdat die ATR die ruimte help skep het (en dit nog verder verfyn) waarbinne ons ons Afrikaansheid in die land uitleef en ook waarbinne ons stappe gedoen het om nader aan mekaar as gemeenskap te beweeg."

Gaan ons uiteindelik ’n/die Derde Afrikaanse Taalbeweging beleef?

Wannie Carstens Seminare en essays 2018-01-25

"Hierdie beweging sal wel moet uitgaan van die jonger Afrikaanse gemeenskap. Die ouer gemeenskap is te besmet deur die geskiedenis en hulle sal moet terugstaan."

Poel van kundigheid ten bate van Afrikaanse onderrig, ’n onderhoud met Wannie Carstens

Liné Loff, Wannie Carstens Onderhoude 2017-03-14

"Hierdie projek is nou ’n geleentheid om die bestaande kundigheid te tap. Tap ons leeg en kry alles wat julle nodig het om aan Afrikaans se toekoms te bou! Dit is opwindend, en ’n uitdaging vir die jonger geslag."

Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus

Wannie Carstens, Frank Hendricks Skrywersonderhoude 2017-01-30

"Standaardafrikaans is volwaardig Afrikaans en so ook Kaaps."

Kettinggesprek: Charlyn Dyers gesels met Wannie Carstens oor Ons kom van vêr

Wannie Carstens, Charlyn Dyers Skrywersonderhoude 2017-01-23

"[D]it [is] een van die boeke waarin die bruin sprekers van Afrikaans self aan die woord kom, en daar word nie óór die bruin sprekers geskryf nie. Dit is vir my ’n groot wins."

Het meertaligheid die boot gemis?

Jean Oosthuizen, Wannie Carstens Onderhoude 2016-01-28

"Afrikaanssprekendes is deel van hierdie land en het die reg om hier te wees. Die wyse waarop ons hierdie reg opeis, bepaal egter die uitkoms hiervan."

Waar lê die uitklophou vir Afrikaans?

Jean Oosthuizen, Wannie Carstens Onderhoude 2015-05-08

"Ons het so baie om trots op te wees rakende Afrikaans wat ons oor 90 jaar bereik het: ons letterkunde, ons woordeboeke, ons vaktaal, die gehalte van studente wat in Afrikaans aan ons universiteite opgelei is, ons vermoë om planne te maak as ons in ’n drukgang kom [...], ons verenigings wat voortreflike werk doen, ons kunstefeeste, ons mense wat op soveel vlakke die land dien. So kan ’n mens aangaan. Kom ons koester wat ons het en bou daarop voort."

Die mitiese toring van Babel en moedertaal

Wannie Carstens 2014-02-20 Ter viering van Moedertaaldag plaas LitNet hierdie bydrae deur Wannie Carstens.
Top