Elders gesien: Wannie Carstens reageer op die Konstitusionele Hof se beslissing

  • 26

Wannie Carstens deel sy mening oor die uitspraak van die kostituionele hof oor Gelyke Kanse se saak teen die Universiteit Stellenbsoch op Facebook:

Die uitspraak van die konstitusionele hof oor Gelyke Kanse se hofsaak teen US is toe vandag gegee. Mense het my vandag gevra wat ek daarvan dink. Ek is bang om dit neer te pen, maar tog moet ek dalk maar.

Uiteraard sal daar verskeie sienings oor die uitspraak wees en in sekere huise op n Bolandse dorp word daar vanaand waarskynlik lekker feesgevier. En in ander huise regoor die land is daar vanaand groot hartseer.

En hierdie hartseer is nie net oor die klap wat Afrikaans gekry het nie, maar oor die langtermyngevolge van die uitspraak. In n sekere sin is vandag gesê dat een taal meer gelyk as ander tale is ongeag wat ons president onlangs gesê het oor die gelykheid van tale. Vandag se uitspraak sê die teendeel. Engels is hierdeur heel duidelik verhef tot die belangrikste taal in die land. En die tien ander tale is outomaties afgerangeer tot mindere tale. Meertaligheid is nou nie meer n verpligting nie.

Ek lees dat een vd die wyse regter se redes glo is dat dit ‘te veel sal kos’ as Afrikaans en Engels gelyk hanteer word as onderrigtale. Hiermee word n streep getrek deur navorsing wat juis gewys het dat dit nie soveel sal kos nie. Maar dit is geïgnoreer. Die feit is dat een van die winste vd nuwe SA in 1994 juis was dat die ou bedeling van voorkeur aan slegs twee tale verby was en dat ons kon uitsien hoe alle tale uiteindelik die kans gaan kry om te word wat behoort te wees. Maar dit is nou verby. Die prys van vryheid in 1994 kan nie net in rand en sent gemeet word nie. Dit moet ook in terme van mense se menswaardigheid gemeet word, en een van hierdie faktore is ons tale - dit wat juis die land so uniek maak.

Ons moet nie dink dat die impak klein gaan wees nie. Inteendeel! Vir Afrikaans se waarde as onderrigtaal is dit n groot terugslag. Maar vir die nege ander amptelike tale is dit n nog groter terugslag omdat daar nou nie meer regtig n verpligting is om die gees van die grondwetlike taalbepalings waar te maak nie. Die kans dat een vd Afrikatale tot die vlak van Afrikaans (en natuurlik Engels, want die tale is mos gelyk) gaan ontwikkel, het vandag gestol. Die koste-argument gaan nou gereeld gebruik word en mettertyd gaan daar nie eens vd ander tale gepraat word nie. Lippetaal oor taalontwikkeling gaan nou aan die orde vd dag wees.

Die geskiedenisboeke gaan diegene wat hierdie uitspraak gemaak het, eendag oordeel en dit gaan beslis nie in n positiewe lig wees nie. Beter luister na die behoeftes van sprekers van tale anders as Engels en beter begrip vir die kompleksiteite van ons land moes tot n beter uitspraak gelei het.

  • 26

Kommentaar

  • Nou ja, ons almal weet mos dis 'n ideologiese uitspraak. En die koste is 'n verskoning om ideologie in almal se kele af te druk. Plekname en straatname word left, right en centre verander oor die land heen met geen haan wat ooit kraai oor die kostes daaraan verbonde nie, want dis ook ideologies geinspireerd. Dis hoe die mantel gedraai word, selfs in 'n instelling waarvan die redelike mens suiwer, rasionele en nie-ideologiese regsdenke sou verwag (maar hoekom verwag mens nog so iets in hierdie land ...? - ook maar dom)

  • Dankie, Wannie. Moenie ophou praat nie. Jy het dit baie goed en Mooi gestel. Ek kan jou verseker daar is heelwat huise op n Bolandse dorp waarin daar groot teleurstelling en treurigheid was oor die Grondwethof se uitspraak.

  • Die Afrikaner het lankal gaan lê, dié dat dit so maklik is om op ons te trap; ons is reeds op die grond.

  • Gustaf Claassens

    Stellenbosch was die enigste nie-Europese en nie-Asiatiese universiteit ter wêreld wat sy bestaansreg in sy eie taal gehad het. In die sogenaamde "Nuwe" SA , en in nabetragting, het die snoere vir Afrikaans intussen erg verkeerd geval. Dis 'n besef wat hard en duidelik deurdring. Die spreekwoord sê waar daar asem is, is daar hoop. Daarvan is daar genoeg. Afrikaners is reeds besig om nuut en skeppend te dink. Vindingrykheid, harde werk en deursettingsvermoë is eienskappe wat aan almal bekend is. Onderkry is min en hoe harder gepoog word om ons mense af te druk en uit te sluit, hoe harder sal "geveg" word vir al die dinge wat vir 'n volksgemeenskap belangrik is.

    Net soos ons voorsate gedoen het met Volkskas, Sanlam, Santam, die Rembrandt-groep, Federale Volksbeleggings, SASOL, YSKOR en vele ander nywerhede, net so sal weer van vooraf gebou word. Ons sien reeds organisasie wat begin funksioneer soortgelyk aan die Reddingsdaadbond en ou Helpmekaarfonds. 'n Eie en nuwe Afrikaanse Universiteit word in die vooruitsig gestel wat groot belofte inhou indien dit op die regte grondslag bedryf sal word. Hef aan lê voor maar die stryd is nog lank nie gewonne nie. En vir diegene wat afsydig staan teenoor Afrikaans wil mens sê; "Not by a long mile ..."

  • Hans Richardt

    Barend van der Merwe, jy raak irriterend.
    Jan Rap, die wit Afrikaners is reeds besig met selfbestuur in onderwys. Die Afrikaners wat gaan lê het, lê by vrye keuse...

  • Hans, die meeste besef nie eers hulle het gaan lê nie, daarom is dit nodig dat hulle daarop gewys word.

  • Hans Richardt

    Jan Rap, so paar jaar gelede het ek gesê ek steun selfbestuur van taal en kultuur. Ek betaal sedertdien my geldjie maandeliks en bly nou in Orania. Ten minste is daar al amper studentebehuising vir die Bo-karoo kollege waar bouverwante kursusse vir wit manne aangebied word. Dit is nou ingelyf as onderdeel van SOLTECH. Tegniese opleiding in Afrikaans! Dalk 'n druppel in die oseaan, maar 'n tasbare druppel.
    Dis deeltydse opleiding, op Saterdae, vir die wat werk deur te bou. Daar word geen staatsubsidies ontvang nie, maar voeldoen aan SETA voorskrifte. Soltech groei in Pretoria. Tegniese terme word in Afrikaans ontwikkel.

  • Hans, dis goed dat tegniese terme in Afrikaans ontwikkel word soos einste ook maar in Engels, Russies, Duits, Frans ens ontwikkel word soos die tegnologie groei. Wat Afrikaans betref dink ek tegniese terme word bloot weer afgestof want hierdie terme het in onbruik geraak soos alle opleiding gaandeweg Engels geword het.
    Orania klink vir my 'n goeie plek om te bly; ek wag net vir 'n rolbalbaan daar. Sondae was altyd die populêrste rolbaldag tot en met die aanbreek van die Nuwe! Suid-Afrika - die tuiniers wou nie meer Sondae werk nie.

  • Hans Richardt

    Jan Rap, hier kan jy rolbal kom aanvoor, maar jy kan dalk opposisie kry van jukskei..
    In Hopetown maak hul die putjies op gholfbaan van sand, gemeng met olie.
    Dalk so iets doen vir rolbalbaan?

  • Hans Richardt

    Jan Rap, kuns gras op betonblad?
    Grimmige ou man se albasters rol. Eintlik doen baie enige-iets om te drink na die tyd.
    Ek het in my diensplig jare opdrag gekry om El Debbo se "speelmaat" teen 'n generaal se spannetjie te wees, met opdrag om sy spel te saboteur. El Debbo het wel baie goed gespeel, al het ek hoe sleg gerol.
    Ek het dit teen moer-en-soek...en ook teen skeef hardloop agter houte aan...

  • Robert Barrie

    Die groot jammer is dat die verkeerd voor 1994 aan die deur van Afrikaans gelê. Na 1994 word die aksies teen die taal gefokus op die feit dat Afrikaans steeds gesien word as die voortsetting van Apartheid. Indien die’ siening nek omgedraai word nie bly dit al die pad onder toe! Ook het baie van ons reeds Afrikaans vir Engels verruil. Die aanloop tot Stellenbosch se besluit kan ook op skool vlak gesien word met minder Afrikaanse skole. Meeste voorheen Afrikaanse instellings is vandag Engels! So, stryd gaan taai wees!

  • Ja Hans Richardt kunsgras (of iets) op 'n betonblad - sal werk soos 'n bom.

    Al Debbo onthou ek het vir Weermagklub gespeel; my vrou was ook 'n lid daar; sy was 'n mikrobioloog wat vir die militêre hospitaal gewerk het.

    Snaaks, ek onthou dat in die dae voor ek rolbal gespeel het dat mense agter hulle houte aanhardloop maar dis jare laas wat ek so iets gesien het.

    Rolbal moet jy sien as 'n spel soos skaak, nie eintlik 'n sport nie. Jy spel dit nie in die plek van rugby of krieket nie maar benewens rugby of krieket of hokkie. Ek kan dit aanbeveel; jy kan dit speel van std 6 tot jy 100 is (ons oudste klublid is nou die dag oorlede op 101 en 'n paar maande; hy't op 100 nog gespeel.

    Terloops, moer-en-soek is al opsie as jy in die moeilikheid is.

  • Robert Barrie, daar's apartheid in Europa; Duitsers mag byvoorbeeld nie in Portugal stem nie en Spanjaarde nie in Frankryk nie ens.
    As jy onder 'apartheid' onderdrukking en uitbuiting verstaan dan het my mense - die Boere of Afrianers as jy dan nou wil - hulle nooit daaraan skuldig gemaak nie. Daardie soort van apartheid is Britse praktyk (en ironies genoeg beskou ons swartes Engels as die taal van 'bevryding' - wys net wat jy kan regkry as jy die pers beheer).

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ek sit en dink aan die park wat nog tussen 2 woonstelkomplekse opgerig moet word. Dalk kan ek so voorstel by argitek laat verbygaan, as ek hom weer sien by kerk. Kuns gras op betonblad? Dit sal beteken die grasmat moet opgerol en gebêre word, anders kan kinders dit dalk beskadig met fietse... Veral omdat hier so baie ouer mense bly, kan dit goeie afleiding wees.
    Selfs iets soos mini gholf.

  • Hans Richardt

    Wel, Afrikaans sal oorsee goeie aftrek kry met getalle emmigrante deesdae.
    Intussen bou ons aan eie instellings vir selfbestuur. Ek dink die prof behoort Afrikaans opreis te vat na doer onder of Amerikas.
    Een van die dae gaan die Bontebokke teen Afrikaanse span van oorsee speel...

  • Hans, hoekom moet die mat opgerol word. Dink aan daardie kunsmatige oppervlak van die atletiekbane deesdae,

  • Hans Richardt

    Jan Rap, ons is van die punt af.
    Nou-nou word ek weer in vlamme neergeskiet deur nog 'n professor, wat erns maak van sy opinie.
    Ek het nog altyd gedink dat dit vreemd is, as jy jou eie publikasies in jou bronnelys aanhaal. Wat is jou opinie oor skrywers wat hul eie publikasies in nuwe skryfsels aanhaal? Bias?

  • Dis seker maar net om die verwysingsraamwerk uit te brei. As jy 'n boek oor trigonometrie geskryf het is daar seker niks verkeerd om te verwys na verwante goed in jou vroeëre boek oor meetkunde nie.

  • Ek het 'n heel simplistiese siening oor die saak en baseer dit op dit wat was en nou gaan wees.
    Suid Afrika is niks groter of kleiner as wat dit onder die ou bedeling was nie.
    Dit is nog steeds 1,221 040 vk km groot.

    Wat verander het is die bevolking wat nooit staties bly nie maar gedutig verander..
    Volgens die 1904 sensus het 5 175 463 mense Suid Afrika bewoon.
    Die samestelling was soos volg.
    Swart 3 491 056 67.5%
    wit 1 116 805 21.6%
    Kleurling 445 228 8.6%
    Indiër 122 734 2.4%
    Totaal 5 175 463 100.0%

    In 1904 was die bevolkings digtheid per vk km 4.24 mense. Dit slaan die aanspraak dat alle grond aan een spesifieke bevolkingsgroep behoor het die nek in.

    Die probleem word nog duideliker as 'n mens kyk waar die mense gewoon het.
    Van die bevolking was 46.6% mense in die ou Kaap kolonie woonagtig,
    21.4% in Natal,24,5% in Transvaal en 7.5% in die ou Oranje rivier kolonie.

    Omdat mense hulself meesal in gemeenskappe ontwikkel kan 'n mens aflei dat
    bewoning naby waterbronne soos mere,riviere en fonteine digter sal wees as op die vlaktes en dat herders hul kudde sal neem waar weiding volgens reënval beskikbaar sal wees.

    Waar kom die skielik aanspraak op alle grond nou vandaan? Dit lê mi in 'n wêreldwye probleem, nl 'n onbeteuelde bevolkingsaanwas met al sy gepaardgaande probleme, waarvan behuising, gesondheidsorg, onderwysgeriewe ens maar 'n paar van is.

    Volgens die jongste (2019) bevolkingsyfers staan Suid Afrika se bevolking op 58.78 miljoen.Ek gaan nie eers probeer om dit verder te ontleed nie,want met
    47.4 miljoen swart mense is die met meer as 80% die grootste groep..

    En dit is waar mi Suid Afrika se probleem lê op alle gebiede want in 'n periode
    van 115 jaar het bevolkingsdigtheid van 4.24 mense per vk km tot 48.14 ontplof.

    Die swart bevolking lewer ook die grootste aantal kiesers op en dit is wat bepalend
    in die uitslag van enige verkiesing en die daarstel van 'n meerderheidsregering.
    Dit is dus duidelik dat die regering die belange van die mense voorkeur sal laat geniet bo die belange van enige ander kleurgroep,want dit is hulle wat die ANC aanbewind hou.

    Dit is dus vir my nie vreemd dat universiteite en ander onderwysinrigtings tesame met die stedelike bevolking alhoemeer verswart nie en dat 'n somber uitkyk is dat as die huidige trant voortgaan, ook die beste pogings van ander bevolkings groepe
    uiteindelik onder die oormag van getalle gaan swig met hier en daar 'n eilandjie van 'wit' in 'n swart see sal wees.

    Dus welkom by die realiteit van Afrika en Suid Afrika.Die blankes van hierdie land
    is nou die slagoffers van blinde broederbond broeders wat 'n stokkie voor verdere
    immigrasie uit ons moederlande en ook uit die Oosbloklande geplaas het,want dit sou kwansuis nadelig vir die Afrikanerkultuur en hul werksgeleenthede gewees het.

    Dink net hoe anders die geskiedenis sou verloop het as die blanke bevolking pleks van 4.6 mijoen 24.6 miljoen sou beloop het en hoe makliker die stryd om behoud
    van Afrikaanssprekende universiteite en skole sou gewees het as daar 16 mijoen
    blanke afrikaanssprekendes was.

    Ons moet egter nie moed verloor nie en terwyl ons kan ons gewig ingooi agter enige instansie wat die stryd teen die ongelykheid aanknoop al voel dit vir my alhoemeer soos die seuntjie wat die gat gat in die dyk met sy vinger probeer toestop,totdat hul opdaag. Wie gaan ons bystaan?

  • Hans Richardt

    FC Boot, jy was seker Rapportryer in jou dae? Die Oosblok lande was mos kommuniste en besig met totale aanslag???
    Baie wie nou emmigrante geword het, was aanvanklik immigrante, moenie dit vergeet nie.

  • Beste Hans

    Moenie aannames wat jy uit die lug gryp, maak nie.In 1960 het daar volgens statistieke 691 000 mense hul uit voormalige Soviet republieke hul in die Vereenigde State gevestig
    In 1946 veroordeel dr Malan die regering van die dag dat hul immigrasie beleid daarop gemik is om die 'volk' deur die tolating van teveel Engelssprekende immigrante numeries onder te kry.

    So kan 'n mens lees dat:
    'Shortly afterwards, however, it became clear that the Nationalists intended to restrict immigration not only from the United Kingdom. In a meeting with the Dutch ambassador in Pretoria, the South African minister of Internal Affairs made clear that the government's first priority was ‘to prepare the sons of the land for jobs in the private sector’, adding that ‘the founding of new vocational schools will solve any existing shortages’.60 Just as important was the political aim of reinforcing the Nationalist ranks. Ever since the Netherlands had turned its back on the Nationalists through their ‘Smuts adoration’, the restrictive immigration laws had affected immigrants from the Dutch ‘homeland’ (stamland) as much as they had immigrants from other countries.61 The emigration data reflect this development. The number of Dutch emigrants who travelled to South Africa had risen from 279 in 1946 to 2,052 in 1948, but the year following the elections saw a decline to 1,756 immigrants despite the continuing rise of the total number of Dutch emigrants to other destinations overseas. However, the decreased Dutch immigration appeared negligible in comparison to the fall in British immigration figures: the number of Britons entering South Africa dwindled from 30,730 in 1948 to 10,506 in 1949.62 German immigration, on the other hand, immediately rose sharply, and German political prisoners were no longer repatriated.63 All this demonstrates the extent to which Malan's election influenced border policies, and in particular the processes by which certain white Europeans were designated as potential South Africans and others were not. The Nationalists’ views clearly differed from the previous government's position on who could contribute to the ‘spiritual development’ of the country and who fitted the ‘national pattern’ of South Africa"

    Dit sal egter eensydig wees as 'n mens nie noem dat lande soos Nederland ook maar traag in die 1940 jare was om toe te laat dat van hul geskoolde arbeid die land verlaat en dat onstuimige politiek in Suid Afrika soos bv die Sharpville voorval ook 'n demper op immigrasie geplaas het.

    Dit is egter alles geskiedenis en neem nie die feit weg dat Suid Afrika se blanke bevolking sterk verouder.Die blanke bevolking is 4.6 miljoen groot.Hiervan is
    912 523 tans ouer as 65.Dit is amper 20 %.
    Hier teen oor is 2 137 629 swart mense ouer as 65.Dit is 4.51% van 47.4 miljoen mense.Die statistieke hou geweldige implikasies vir die blanke bevolking in.

    Moet dus asb nie met onsinnige opmerkings kom, want die blanke bevolking is in die moeilikheid soos jy seker teen die tyd al agter gekom het. Daarom is dit mi jammer dat binnelandse en buitelandse faktore immigrasie na Suid Afrika gekniehalter het, terwyl die VSA gefloreer het juis agv die instroming van kundige
    mense na die land.

  • spook speurder

    Ons is dekades lank so sleg verbeeld en hanteer ons het dit begin glo en die wil om te lewe amper uit die weg gemaak, nou sterk ons aan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top