Willa Boezak

Apartheid het in my geboortejaar ’n aanvang geneem. Tydens gedwonge verskuiwing uit Somerset-Wes het ek ’n diploma in maatskaplike werk aan die Universiteitkollege van Wes-Kaapland verwerf; in die 1970’s ’n MTh aan die UWK, opgevolg met ThDrs aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ’n PhD in menslike wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad. Na 11 jaar as dosent in teologiese etiek aan die UWK was ek bevoorreg om in die volgende instansies te dien: die Wes-Kaapse premier se erekomitee, die nasionale Kommissie vir die Beskerming en Bevordering van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe, die Wes-Kaapse Kultuurkommissie as voorsitter, die DAK Netwerk en die Afrikaanse Taalraad. Tans dien ek in die Hessekwa Kultuurraad; is ’n lid van PEN Internasionaal en die Kaapse Forum.

Die Khoi-San se eeue-oue trauma

Willa Boezak LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

"Bowenal is ons geloof gegrond in Tsui //Goab, die Gewonde God wat empaties saam met ons treur."

Kollig op akademikus Willa Boezak: die kerk, politiek en teologiese etiek

Willa Boezak SteedsDink 2024-11-04

In hierdie video gesels Willa Boezak oor sy pad na teologie, politiek op kampus en in die kerk, en die waarde van akademiese navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

SteedsDink met LitNet Akademies: Willa Boezak oor sy akademiese navorsing

Willa Boezak SteedsDink 2024-11-04

In hierdie video gesels Willa Boezak oor sy navorsingsfokus en sy gepubliseerde navorsing. Hy lewer kommentaar oor politiek in die kerk, postapartheid Suid-Afrika, geloofstaal, spiritualiteit en teologiese etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

God, suffering and voices of protest

Willa Boezak Academic research 2024-08-07

"For people of colour the theodicy question became acute during the apartheid era. They had experienced life under that system as an onslaught on their belief because the ruling political party purported to be Christian."

God, lyding en stemme van protes

Willa Boezak LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-08-07

"Hoe kan die lewegewende God toelaat dat gelowiges ’n bestaan van 'dry bones' en desperaatheid voer? Hierdie vraag vorm deel van ’n veel meer omvattende probleem."

Die Pesalms vi ôse mense: ’n onderhoud met Willa Boezak

Naomi Meyer, Willa Boezak Skrywersonderhoude 2020-03-25

"Dis in die eerste plek gewoon bedoel vir Christene wat Kaaps praat."

ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis

Willa Boezak Menings 2018-09-20

Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Willa Boezak se toespraak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis.

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Glynn Alard, Catherine Arendse, John Cornelius Witbooi, Jatti Bredekamp, Willa Boezak, Celeste Matthews-Wannenburgh, Pedro Dausab Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2018-05-22

Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.

Suidoosterfees 2017: 'Ons moet al die variëteite van Afrikaans omhels'

Menán van Heerden, Willa Boezak Feeste 2017-04-20

"Dit is amper weer tyd om die diversiteit van Afrikaans by die jaarlikse Suidoosterfees te vier. Menán van Heerden het met die Khoisan-navorser en skrywer, Willa Boezak, oor die dansproduksie Die riel van hip-hop, taal en identiteit gesels."

Ont-taling

Willa Boezak Seminare en essays 2016-05-31

"Nóú is die laaste kans om die drywers en medewerkers van onttaling te stop, anders gaan ons nageslag eendag in argiewe lees van die eens-bestaande Afrikaanse gemeenskap … as onttaaldes."

Top