Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind.
Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas.
Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het.
Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is.
Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.
> YouTube-skakel na onderstaande video-oorsig: https://tinyurl.com/yhuwvy5x
Videografie en produksie:

